LIFELINE BACK TO THE BIBLE


www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks

(3 websites in one)

 

[Under Construction]

Wat glo die Bekendes?

 

Wat en wie is hierdie bekendes? Kan ons sien wie is hulle deur hul optredes en wat hul lewenswyse openbaar? Wat glo hulle?

Hierdie studie sal seker meeste mense skok. Die ware wedergebore Christene sou dit weet of verwag het. Om wêrelds te wees is amper teenoorgesteld van om Christen te wees. Pas op. Christen hier is die ware wedergebore Christen, wat lewe wat die Woord verkondig, lewe VOLGENS die Woord.

Ons leef in afvallige dae. Vloekwoorde is alledaags. Tattoos en "body piercing" is alledaags. Ek meen, wat is 'n huis sonder Harry Potter boeke. Wicca. Noem dit. Hoe vêrder van die Woord hoe beter aanvaarbaar. Jy durf niks teen evolusie noem nie. Hoe onmenslik is jy as jy praat teen ander gelowe. Nee, jy moet liefde toon, verdraagsaamheid. Alles is COOL.

Kom ons kyk na bietjie van hierdie manne en vroue wat ons via die media vertel wat reg en verkeerd is. Ons kan tog sekerlik nie die Woord meer gebruik as morele waardes vir vandag nie?

Koos Kombuis

Steve Hofmeyer

Minki v/d Westhuisen

Affleck, Ben

Allen, Woody

Ally, Kirstie

Amos, Tori

Anderson, Pamela

Aykroyd, Dan

Baldwin, Alec

Basinger, Kim

Berry, Halle

Bono

Boone, Pat

Brando, Marlon

Caine, Michael

Cameron, Kirk

Carrey, Jim

Clooney, Geaorge

Cole, Natalie

Costner, Kevin

Cruise, Tom

Cyrus, Billy Ray

Disney, Walt

Douglas, Kirk

Gates, Bill

 

 

 

Koos Kombuis

Hoekom almal altyd hierdie ou aanhaal vir Christelike insette sal net die Vader alleen weet. Is Koos 'n Christen want hy weet daar is 'n boek wat ons die Bybel noem? Is Koos Christen omdat hy 'n boek oor die Bybel gelees het? Is Koos Christen omdat hy miskien self die Bybel lees? Kyk wat Koos in die media skryf dan bepaal jyself of Koos die Woord lewe. Onthou dat slegs as jy volgens die Woord lewe is jy 'n Christen.

 

 

 

Steve Hofmeyer

Nuwe era guru. Kan sing, maar asseblief moet hom nie toelaat om oor godsdiens iets te uiter nie. Laat hy maar Niel Diamond namaak en geld maak. Moet asseblief net nie hierdie God loënaar toelaat om jou te beïnvloed met sy ideoloë nie. Hierdie fantastiese mens het natuurlik gesê dat Bart Simpson 'n beter Skepper as God sou wees?

Ek hoop regtig ons eie ou rebel uit Bloemfontein het hieroor al bekeer voor God.

 

 

 

 

Minki v/d Westhuisen

Na aanleiding van artikel in 'n Afrikaanse tydskrif oor Minki het ek hierdie hele bladsy oor bekendes begin. Sy is die toonbeeld van die afgewaterde evangelie wat ons land huidig beleef. Dis nie snaaks dat sy dan ook die doelgerigte lewe boek van Rick Warren noem in haar artikel nie. Dis tipies hoe iemand dink met flou geestelike waarhede.

Oor saamslaap. Ek weet dis eintlik verkeerd maar ek is maar net natuurlike mens met begeertes. WOW, dis nou 'n Christen so reg na die Satan se tafel. Wat het geword van Heb 10:26. Wat geword van om die ou mens af te sterf? Ou warren skryf ook doelgerigte lewe boek om die Jode terug na die sinagoges te kry. Hy sal ook seker volgende skryf vir die Moslems en wie weet nog. Dis so wêrelds, net soos die soort uitlatings. Sy is mooi maak geen fout. Pin-up meisie in toilette ens. is sy ook. Ok, bietjie rof, sy sê immers sy doen alles met Jesus aan haar sy. Miskien moet sy Jesus in haar lewe in nooi dat Hy nie langs haar sy hoef te wees nie maar in haar hart.

Mans in haar lewe sluit Robbie Williams in. Wat kan mens oor hierdie man sê behalwe dat hy vrot is. Geestelik vrot. Wêrelds is hy natuurlik fantasties.

 

 

Gates, Bill

Toe Bill Gates gevra is of hy die bergpredikasie glo het hy geantwoord: "Nee, ek is nie iemand wat gereeld na 'n kerk gaan nie. Ek glo nie in van die spesifieke elemente van Christenskap nie. Ek dink daar is waarde in morele aspekte van gelowe. ek dink dit kan baie, baie, baie positiewe invloed hê op die samelewing."

"Ek weet nie of daar 'n God is of nie. ek neem maar 'n baie wetenskaplike toenadering oor hoekom iets op bepaalde manier werk en hoe dit werk. Gelowige prinsiepe is waardig om na te kyk want dit werk."