LIFELINE BACK TO THE BIBLE

Home ] Up ] Feedback ] Search ] Lifeline Homepage ]

Die Verbondsteologie in die Regte Perspektief
Next ]

www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks

(3 websites in one)

 

[Under Construction]

Up

Die Verbondsteologie in
die Regte Perspektief

‘n Apologetiese Skrywe in Antwoord
op die Gereformeerde Teologie

 

Dr. Martin Gunther

 

 

 

Daar is ‘n sterk tradisie van Gereformeerde verbonds­teo­lo­gie in Suid-Afrika ge­vestig. Die teologiese grondbeginsels daarvan is hoogs aanvegbaar omdat dit onbybels is en na ‘n dooie vormgodsdiens gelei het. Dit het die Boerevolk in ‘n geestelike woestyn laat beland en ook meegehelp om hulle in die naam van “versoening” aan vreemde oorheersing uit te lewer. In hierdie werkstuk word die uitgangspunte van twee leidende kerkhervormers, nl. Calvyn en Luther, in oën­skou geneem. In die lig daarvan staan baie kerke voor die uitdaging van ‘n verdere hervorming terug na die Bybel toe. Sonder die verwerping van teolo­giese dwalings sal vervalle Protestantse kerke nie hervorm kan word om ‘n evan­ge­liese karakter aan te neem nie.

 

 

 

 

 

Vir beperkte verspreiding uitgegee deur:

Die Skrywer

Posbus 324

Clocolan

9735

Inhoud

Voorwoord ………………………………………………………… 3
1. Die doop in die plek van die besnydenis ………………… 6
2. Die Nuwe Testamentiese doop van gelowiges ………… 21
3. Die skatkis van Maleagi 3:10 en die kerkkas …………… 30
4. Die priesteramp in die Ou Testament …………………… 35
5. Sabbatsonderhouding en die wet ………………………… 37
6. Wie is die kerk? ……………………………………………… 41
Bylaag 1: Die term “sekte” …………………………………… 53
Bylaag 2: Die Calvinistiese leer ……………………………… 54
Bylaag 3: Die moord op Michael Servet …………………… 57
Bylaag 4: Die doop van die gelowiges …………………….. 65
Bronnelys ……………………………………………………….. 67

 

Voorwoord

Voordat daar na onskriftuuurlike leringe in hedendaagse Protestantse denominasies gekyk word, moet ons enersyds let op die aanslag teen die liggaam van Christus en andersyds ook die stem van die geskiedenis laat spreek. Sedert ons volksplanting was die verbondsteologie die grond­slag van die meeste denominasies en opvoedkundige inrigtings. Binne die raamwerk van die verbondsteologie is daar ook verskeie uit­gangs­punte en interpretasies. Hierdie werkstuk sal met die hulp van die Here die wankonsepte van die Gereformeerde teologie aan die lig bring sodat Bybelstudente vir hulleself kan dink. Die staatskerk se mag is nou ver­breek en die fatalisme van die diktatoriale verbondsteologie kom nou al hoe meer onder die soeklig van logika. Nie alles in die Gereformeerde teologie is onbybels nie, maar ‘n paar ernstige dwalings verdien om nie langer onder die dekmantel van godsdiens, fatsoenlikheid, geleerdheid of tradisie te skuil nie, maar in die volle lig van die waarheid ontbloot te word.

      Die Bybel verklaar duidelik dat God se verbond 'n voorwaardelike verbond of ooreenkoms is. Volgens Calvyn is die verbond nie voor­waar­delik nie, maar eensydig, terwyl die absolute vrye wil van die mens totaal opgeskort word. Dieselfde leer was ook by Martin Luther aanwesig. Hy het selfs ‘n boek met die titel The Bondage of the Will die lig laat sien. Die opskorting van die vrye wil is onredelik, het fatale gevolge, is on­bybels, onprakties en dus onlogies. Die ganse verbondsteologie, asook die vyf punte van Calvinisme, berus op die aanname dat die mens geen vrye wil het nie. Behalwe dat Calvinisme reeds deur die Woord van God en die geskiedenis oor en oor verkeerd bewys is, het alle evangeliese kerke geheel en al, of gedeeltelik, van Calvyn vervreemd begin raak (Sien Bylaag 2 vir die Calvinistiese leer).

      Sommige kan met vrymoedigheid nie meer Calviniste genoem word nie, maar “Calminiane”. Dit is 'n vermenging van Calvyn en Arminius se uiteenlopende teologiese sienings. Hierdie beweging weg van Calvyn af – al word daar nog steeds in sommige van die punte geglo – is reeds 'n bewys dat soekers na die waarheid die leer in beginsel verwerp het. Hulle het die aanvanklike Calvinistiese siening aangepas en sukkel om die kloutjie by die oor te kry, want dit is nie so deur Calvyn geleer nie. Evangeliese Christene moet hulleself dus nie Calviniste óf Gerefor­meerdes noem nie, aangesien hierdie leerstuk sensitiewe geskiedenis oor die onverdraagsaamheid van sekere Gereformeerdes gaan laat herleef. Sommige Gereformeerdes het, net soos Rome,  o.a. gemoor, die Skrif verdraai, die Baptiste op verskillende maniere gemartel, verbrand en laat verdrink.  Hoe dit ook al sy, ons moet bly by dit wat deur die Bybel aan ons oorgelewer is.

      Enige persoon met integriteit sal nie in die kontinuasie van hierdie skool wil staan nie. Die pre-Reformatoriese geskiedenis was nie Gereformeerd nie. Die vroegste kerkvaders het ook nie die Gereformeerde of ver­bonds­teologie van Augustinus en Calvyn geleer nie. Nie een van die kerk­vaders voor Augustinus het die vyfpunt Calvinistiese teorie onderskryf nie. Ons moet dus by die Bybel bly en vaders voor Augustinus raadpleeg as ons na die kerkvaders vir hulp wil gaan. Sedert Augustinus het talle van sy leringe die basis van die Rooms-Katolisisme gevorm. Luther het selfs aan die Augustiniaanse orde behoort.  Die streng Gereformeerdes se teologie is dus slegs ‘n aanpassing van die Ou Verbond en Rooms-Kato­lisisme.

      Die volbloed Gereformeerde teologie het geen sout nie. ‘n Mens kan selfs moord goedkeur, soos wat Calvyn en sy volgelinge gedoen het. Die mens is dan in werklikheid soos 'n robot wat sonder 'n vrye wil funk­sioneer. In die meeste gevalle word vormgodsdienstiges geleer dat hulle vir ewig gered is en word daar geen menslike verantwoordelikheid gekweek om die heiligmaking na te jaag nie.

      Dit moet ook nie nagelaat word om die volk op te roep om die linkse Gereformeerdes vir die huidige regering te bedank nie. Die Gerefor­meerdes se konsep, afkomstig van Augustinus en Calvyn, aanvaar dat alles, die goeie sowel as die slegte, deur God beskik word. Liberale of gedeformeerde predikante het gedurig gepleit vir oorgawe aan die kom­mu­niste en daarvoor het hulle woorde soos "versoening" en "her­vorming" misbruik. Hulle aanvaar ook dat die kommuniste nou deur God aangestel is om oor ons te regeer, danksy Calvyn.

      Ons verkies om slegs die Bybel te gebruik om die hedendaagse verbondsteologie te weerlê. Die Bybel is bó kerkvaders, bó tradisie en bó hedendaagse vervalle Protestantse kerke, asook bó Rome verhewe. Die vals leringe van die Gereformeerde teologie het meer smarte aan opregte Christene se geestelike - en sosiale lewens veroorsaak as baie ander onskriftuurlike leringe, soos dit verder sal blyk.

      Die tyd het aangebreek dat die standpunte van die verbondsteoloë ontbloot moet word. Soos Paulus, moet die pen van liefde in geregtigheid gedoop word om die ongeregtigheid uit te wys. Alles moet aan die lig gebring word en kan nie langer in die duisternis skuil nie. Die Bybel leer dat liefde en sonde nie saamwoon nie:

Die liefde…is nie bly saam met die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid (1 Kor. 13:6).

      Dit sou uiters liefdeloos wees om oor die ongeregtigheid in die Ge­re­for­meerde kamp te swyg. Die onverdraagsaamheid en gesindheid van die verbondsteoloë teenoor andersdenkendes vind ons selfs in die Kerk­bode:

Hoe sal die…Wederdopers en almal wat die Skrifte verdraai om mense op leuens te laat vertrou, daar in die ewigheid die misleide siele ontmoet! (Die Kerkbode. 25 Junie 1947).

      Wederdopers word dus tot die hel verdoem, terwyl daar nou deur Gereformeerde akademici feitlik gepleit word om hande met vreemde gelowe te vat. Volgens die Gereformeerde teologie word Paulus natuurlik dan ook tot die hel verdoem, aangesien hy reeds gedoopte mense weer gedoop het (Hand. 19). Hierdie betrokke Kerkbode moet beslis nie die erenaam van “Kerk” dra nie, maar eerder as die Voorbode betitel word! Hierdie onverdraagsaamheid van gesiene Hervormers het hulle ook selfs teenoor mekaar bewys. Luther verwys byvoorbeeld soos volg na Calvyn:

Calvin…and the other heretics have in-deviled, through-deviled, over-deviled, cor­rupt hearts and lying mouths. (W. Durant: The Reformation, p 448).

      Volgens Luther is Calvyn dus ‘n ketter, duiwel en leuenaar. Calvyn ver­­wys weer soos volg na Luther:

Luther had done nothing to any purpose… people ought not to let themselves be duped by following his steps and being half-papist, it is much better to build a church entirely afresh. (Martin J. Spalding: The History of The Protestant Reformation, Vol. 1:465).

      Volgens Calvyn is Luther nog half Rooms, sy kerk verkeerd en vol­gens Luther is Calvyn ‘n ketter! Wie van die twee meesters van die Ge­re­for­meerdes se voorbeeld moet gevolg word? Was die ontstaan van die Gereformeerdes nie reeds by die begin ‘n misgeboorte nie? Is hierdie koninkryk nie in homself verdeeld nie? Martin Bucer wat Protestantisme in Strassburg gevestig het, en wat ook as ‘n bekende Hervormer beskou word, sê:

Calvin is a true mad dog. The man is wicked, and he judges of people according as he loves or hates them. (Martin J. Spalding,  ibid, p. 467).

      Ons sal in hierdie werkstuk die ware gees en gesindheid van die va­ders van die Gereformeerde teologie ondersoek en aan die lig bring.

 

Die Skrywer

1.    Die Doop in die Plek van
die Besnydenis

Talle eerlike soekers na saligheid kom nooit tot geloofsversekering nie omdat die Gereformeerde liturgie ‘n doopsaligheid en werke-godsdiens leer. Reeds aan die begin van dié hoofstuk moet die groot argitek van moderne Gereformeerde teologie se standpunt oor die doop aangehaal word. Calvyn haal 1 Petrus 3:21 aan om ‘n doopsaligheid te bewys, maar laat die woord “teëbeeld” (“the like figure”. KJV) uit, sodat die teks heel­te­mal verkeerd lees:

…but according to His mercy he saved us, by the washing of regeneration and renewing of the Holy Ghost.” (Titus iii. v). Peter also says that “baptism also doth now save us. (1 Peter iii. 21).  (Institutes of the Christian Religion, Book iv. Chapter xiv. par. 1-2. p. 513).

      Calvyn verbind Titus 3:5 met 1 Petrus 3:21 om die wedergeboorte aan besprinkeling te koppel. Daar bestaan aansienlike onkunde by Gereformeerdes m.b.t. Calvyn se siening oor die saligheidsleer. Dit is ‘n feit dat sommige nog nooit ‘n studie van Calvyn se teologie gemaak het nie en hom slegs blindelings navolg. As gevolg hiervan is hulle geskok wanneer hulle die ware feite ontdek, dat hy in werklikheid ‘n Roomse konsep van die saligheid (soteriologie) gehandhaaf het. Deur onbybelse gesange, buite-Bybelse boeke en deur jarelange indoktrinering, word mense met ‘n onskriftuurlike saligheidsleer mislei. Hulle leer dus altyd en kom nooit tot die kennis van die waarheid nie. Die bewys hiervan is dat opregte en volbloed Gereformeerde predikante nooit oor die weder­geboorte preek nie. Die substituut vir die bloed van Christus is dus be­sprinkeling met gewone water. Kyk hoe duidelik word die saligheids­doop deur hulle beskryf:

Omdat die doop in die plek van die besnydenis gekom het, moet die kinders as erfgename van die ryk van God en sy verbond gedoop word... (Die Kerkboek van die Nederlandse Gereformeerde Kerk, p. 18).

      Die Bybel leer nie dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het nie. Volgens artikel 34 van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB), word kinders tydens die doop gered en sentreer die leer rondom die verbond met Abraham, wat egter niks met ‘n ritueel in die Nuwe Testa­ment te doen het nie. Deur die sg. besnydenis van die doop-ritueel word kinders dan God se eiendom. Dit is nodeloos om te sê dat bg. leer nêrens in die Bybel voorkom of deur enige godsman geleer word nie. Dr. Willie Marais beskryf die manier van Bybeleksegese en hoe om tot die besprinkel-besnydenis se verklaring te kom, soos volg:

Dat geen standpunt oor die doop uit eksegese nie, maar alleen op dogmatiese gronde gehandhaaf word… Daarom het die kerk langs die weg van stryd en moeisame besinning tot bepaalde formules gekom. En vir hierdie formules beroep die kerk hom nie net op sekere tekste nie, maar op die getuienis van die ganse Skrif. (Die Kinderdoop en Besprinkeling. Ja of Nee? p. 15-16).

      Van gesonde eksegese is hier geen sprake nie. Dr. Marais en sy mede­verdraaiers van die Bybel het eintlik nie regtig “langs die weg van stryd” formules ontwikkel nie, maar dit presies net so van Rome af oorgeneem. Daar word dus selfs in die Ou Testament gedelf om ‘n Nuwe-Testamentiese ritueel te beskryf. “Formules” is nou nodig om die Skrif te vertolk en nie die duidelike Woord van God nie. Daar word dus eers ‘n bepaalde teologiese siening deur die kerk ontwikkel “langs die weg van stryd”  en dan word dit in die Bybel ingepas. As dit “stryd” kos om ‘n “formule” te ontwikkel om die besprinkelingsteorie te verklaar, waarom dan nie net die eenvoudige en onvervalste Woord van God sonder stryd lees en dit glo nie? Hierdie hermeneutiese beginsel om eers “formules” te ontwikkel is aanvegbaar. Mense stel bepaalde reëls op en dan gaan soek hulle gefragmenteerde tekste, meng dit met halwe waarhede en bepaal dan dat die Bybel ‘n saligheidsdoop deur besprinke­ling leer. Hulle ontdekking deur moeisame stryd het hulle eintlik nie ontdek nie, maar grootliks van Rome, Augustinus, Luther en Calvyn oor­ge­neem. Hierdie “insegese” (inlegkunde) is egter heeltemal oorbodig aan­gesien Paulus, Petrus en ander apostels reeds in geen onduidelike taal nie die finale uitsprake oor die doop gemaak het. Die verbonds­teologie en die besnydenis word dus aan die kaak gestel omdat hierdie leer saligheidswaarde aan ‘n ritueel verbind.

      Dit is waar dat die besnydenis van die Ou Verbond vervang word met ‘n hartsbesnydenis in die Nuwe Testament, maar nie met 'n water- of verbondsritueel nie. Kan gewone water wat deur die munisipaliteit ver­skaf word, 'n verbond bevestig en word dit nie deur 'n gewone mens in ‘n mensgemaakte gebou bedien nie? Wat het in die plek van die besny­denis gekom: 'n ritueel, gewone water, menslike instellings, kerkliturgie of die genadewerk van God? Die Skrifte leer onomwonde dat die harts­be­sny­denis van die Nuwe Testament  die Ou-Testamentiese besnydenis vervang:

Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dit is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is die van dié hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. (Rom. 2:28-29. Beklemtoning my eie).

      Hierdie genadewerk van God kan deur die toedoen van geen mens in ‘n kerk tydens ‘n suigeling se besprinkeling geskied nie. Die Gerefor­meer­des het ook hulle eie en unieke verdraaiing van die Bybel gebruik om ‘n saligheidsdoop of besprinkel-besnydenis te probeer bewys. Vol­gens die nuwe vertaling van die Bybel lui Kol. 2:11-12 soos volg:

Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. Dit het by die doop gebeur…

      In hierdie gedeelte vind ons volgens inlegkunde van die vertalers dat ty­dens besprinkeling die wegneem van die sondige natuur, of harts­besny­denis, plaasvind. Indien dit waar is, beteken dit dat nadat suigelinge besprinkel is, hulle sondeloos behoort te wees. Die sondige natuur, inwonende sonde of die oue mens, word beslis nie by besprinkeling ver­wyder nie, want ons almal ontdek later dat ons vleeslik is. Indien bg. insegese waar sou wees, dan sou dit sondelose perfeksionisme vir suig­linge impliseer.  Dit is egter onmoontlik aangesien die meeste Gere­for­meerdes te lief is vir sonde en dit dikwels verdedig, soos in die geval van Luther en Calvyn. Hulle verdedig ook meer dikwels sondes van die kansels af as wat hulle daarteen preek.

      Paulus verklaar in Kolossense 2:11-13 die hartstoestand van ‘n son­daar wie se hart onbesny is en wie se sonde vergewe word. Hy ver­duidelik hier dat ons in Christus en nie in water gedoop word nie. Paulus leer dieselfde aan die gemeente van Galasië:

…want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. (Gal. 3:27. Beklemtoning my eie).

      Daar is sewe verskillende konsepte van doop in die Bybel:

1.    Johannes se doop in of met water (Matt. 3; Mark. 1; Luk. 3; 7:29-30; Joh. 1:31-33; 3:23-26; 10:40; Hand. 1:5; 11:6; 19:3).

2.    Christus se doop in water (Joh. 3:22; 4:1-2).

3.    Doping in lyding (Luk. 12:50).

4.    Doping in die wolk en in die see (1 Kor. 10:2).

5.    Christelike doop in water (Matt. 28:19; Mark. 16:16; Hand. 2:38-41; 8:12-16; 36-38; 9:18; 10:47-48; 16:15,33; 18:8; 19:5; 22:16; 1 Kor. 1:1-17; 1 Pet. 3:21).

6.    Doping in Christus en in sy liggaam (Rom. 6:3-7; 1 Kor. 12:13; Gal. 3:27; Kol. 2:12). Die apostel verwys beslis in Kol. 2:12 na die doop in Christus en nie in water nie. Die kontekstuele verband spreek ook nie van ‘n doop-ritueel nie. Die waterdoop word dus duidelik van ander vorme van doop onderskei.

7.    Doping met die Heilige Gees (Matt. 3:11,14; 20:22-23; Mark. 1:8; 10:38-39; Hand. 1:5; 11:16; 19:2-3).

      Reiniging van sondes as dade kan nie by die doop plaasvind nie, aangesien geen suigeling misdade kan pleeg nie. Elke mens neem dus verantwoordelikheid vir sy eie sondes. Niemand is ‘n sondaar a.g.v. Adam se oortreding nie, maar alleen a.g.v. die oorerwing van Adam se sonde. Niemand het dus in Adam gesondig nie, wat sal grens aan 'n vorm van reïnkarnasie. Die ganse menslike ras het dus nie deur ‘n vrye wilskeuse in Adam oortree nie. Niemand word ook vir hulle ouers se sonde gestraf nie, want elkeen sal sy eie pak dra. Niemand word ter wille van Adam gestraf nie, maar a.g.v. hulle eie oortredinge. Hierdie bekende uitgangspunt is selfs deur Moses geleer (Deut. 24:16). ‘n Suigeling kan dus ook nie vergewe word nie, want die sondige natuur is nie dade nie, maar ‘n toestand van die hart wat wel deur Adam oorgedra is. Sodra ‘n kind dus opgroei en sondige dade begin pleeg, word hy voor God doemwaardig. Sondes as dade vloei dus voort uit inwonende sonde as die bron van die daadsondes (Mark. 7:21). Paulus verduidelik dus dat die hartsbesnydenis nie by besprinkeling plaasvind nie, maar wanneer son­daars deur God gered word. Die verkeerde vertaling, asook die be­sprinkel-dwaling van die Gereformeerdes, dui dus op die sg. doop wat in die plek van die besnydenis gekom het.

      Niemand impliseer dat die Gereformeerdes suigelinge red nie, maar God moet nou tydens die besprinkeling-ritueel gereed staan om kinders te wederbaar. Die besprinkelaar word sodoende eintlik die saligmaker of sakramenteur! Dit kan sakramentele manipulering genoem word. Die Gereformeerdes verduister die Skrif en deur hulle aanpassingsteologie vervang hulle die genadewerk van God met 'n besprinkeling-ritueel. Hier word die saligheidsdoop baie duidelik gesien. Ons kan dit maklik be­vestig uit die liturgie van die Gereformeerde kamp. Die Psalms en Ge­sange kan o.a. as bewys dien. Die volgende aanhalings uit die Gesange­boek bevestig die Rooms-Gereformeerde standpunt dat kinders tydens die besprinkeling gered word:

Gesang  319

Ek is gedoop in God die Vader....

en tot U eiendom vergader....

Die Gees gee my getuienis...

Kommentaar: Die leser sal vind dat die Skrif nie leer dat enige persoon gedoop word in “God die Vader” nie. Alleen bekeerde mense word gedoop in die Naam (enkelvoud) van die Vader, Seun en Heilige Gees (Matt. 28:19). Paulus het ook in die Naam van Jesus gedoop (Hand. 19:1-6). Hier word nou geleer dat die suigeling tot God se “eiendom vergader” word en ook gee die Gees sg. “getuienis” op hierdie Roomse ritueel. Kan dit wees dat intellektuele mense hierdie gesange sing sonder om die subtiliteit daarvan in te sien?  Óf mense glo die leer oor die saligheidsdoop, óf hulle dink nie wat hulle sing nie. Die volgende gesang gee weer “troos” en versekering van saligheid deur die doop:

Gesang  320

Dit is my troos dat ek gedoop is ...

want deur die doop is ek verseker...

om 'n kind van God genoem te wees.

Kommentaar: Hier word gewone water saam met ‘n mensgemaakte ritueel die “troos” en versekering. Besprinkeling kan niemand troos nie, maar die Trooster, die Heilige Gees, alleen (Joh. 16:7). Die “doop” verseker niemand van die saligheid nie, want geloofsversekering word deur die Gees bewerk nadat ‘n persoon bekeer is (Rom. 8:16). Die Gereformeerde teologie is dus weersprekend. Soos wat dit duidelik blyk uit hulle geskrifte, word geleer dat suigelinge by die doop wedergebore word. In die Calvinisme vind ons ook in die vyfde punt, soos dit in Dordt geformuleer is, dat gelowiges nadat hulle gered is, nooit weer verlore kan gaan nie. Tóg vind ons in die Katkisasieboek die volgende belangrike weerspreking: “Jy kan verlore gaan al is jy gedoop.” (Glo en Bely, p. 90).

      Alle suigelinge word eventueel doemwaardig voor God en moet, wan­neer hulle dit besef, gered word. Geen suigeling het enige begrip van die Gees se getuienis nie. Geen volwassene wat die Bybel lees, aanvaar dat die doop versekering gee nie. Sulke siele sal altyd soekende bly en ge­du­rigdeur vra hoe die ware saligheid verkry kan word.

      Die Roomse Kerk het lank voor die Gereformeerdes geleer dat babas tydens besprinkeling gered word, die Heilige Gees ontvang en van inwonende sonde gereinig word. Die saligheidsdoop van die Gerefor­meerdes kan selfs nie uit Abraham se besnydenis geregverdig word nie! Die Skrif leer dat hy éérs geglo het en daarna besny is (Rom. 4). Kyk hoe duidelik word die Roomse godsdiens deur die Gereformeerdes in hierdie doopgesang nageboots:

Gesang 322

Waterdruppels wys op bloed

wat gevloei het uit u wonde.

U’t vir kinders ook geboet –

vir die erfsmet van die sonde.

Neem ons kleines, maak hul, Here,

koningskinders, U ter ere.

Kommentaar: “Waterdruppels” wys nie op bloed nie. Hier is weer ‘n subtiele aanslag op die kruisboodskap van Jesus Christus. Deur die besprinkeling van water op ‘n suigeling se voorkop, verkry die baba nou die saligheid en dan reinig die bloed kinders volgens die Rooms-Gereformeerdes. Sodoende word die “kleines” dan “koningskinders” van die Here. Hierdie eksklusivisme en uitverkiesing wat leer dat net die “gedooptes” ook uitverkorenes is, is seker een van die ergste vorms van gees­te­like diskriminasie en vleeslike snobisme op aarde. Waterdruppels laat nie die bloed van Christus deur ‘n mensgemaakte ritueel werk nie. Kyk weer hoe beskryf die Gereformeerdes die saligheidsdoop en hoe die bloed van Christus werk wanneer babas besprinkel word:

…soos die water op die liggaam van die dopeling gesien word wanneer dit daarop gesprinkel word, so bewerkstellig die bloed van Christus deur die Heilige Gees dieselfde inwendige in die siel: dit besprinkel die siel en reinig dit van sy sondes en laat ons wat kinders van die toorn is, as kinders van God weergebore word. (Glo en Bely, p. 242. Beklemtoning my eie).

      Die doper manipuleer God! Sodra water die voorkop van kinders raak, tree die versoening in werking. Dit is duidelik Rooms-Katolisisme. Petrus weerlê die reiniging van sondes tydens die ritueel baie duidelik:

…waarvan die teëbeeld die doop ons nou ook red. (Christus alleen red as tipe van die ark. Sien vers 20), nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as bede tot God om ‘n goeie gewete… (1 Pet. 3:21. Beklemtoning my eie).

      Christus, as tipe van die ark, is die teëbeeld van die doop wat red, en nie Augustinus, die verskillende Gereformeerde sektes of Calvyn se kraan­water nie. Calvyn gaan baie verder as ‘n doopsaligheid: hy beweer selfs dat alle toekomstige sondes ook tydens besprinkeling vergewe word!:

We ought to consider that at whatever time we are baptized, we are washed and purified once for the whole life. Wherefore, as often as we fall, we must recall the remembrance of our baptism, and thus fortify our minds, so as to feel certain and secure of the remission of sins. (Institutes of the Christian Religion, Boek iv. Hfst. xiv, par. 3-4, p. 514. Beklemtoning my eie).

      Moet asseblief nie vir Calvyn glo nie. Alle sondes moet bely en laat staan word as dit aan die lig kom (Spr. 28:13; I Joh. 1:9; 2:1). Dieselfde Roomse beginsel is gebruik toe aflaatbriewe in die middeleeue deur die Dominikaan Tetzel verkoop is. Deur Calvyn se “doopvergifnis” of Rome se aflaatbriewe word alle sondes van die verlede én die toekoms ver­gewe. Deur die aankoop van aflaatbriewe het daar nog ‘n groter verval ingetree. Daar is dus ‘n sterk ooreenkoms tussen ‘n aflaatbrief en ‘n doopsertifikaat, volgens Calvyn se watervergifnis. Hierdie sataniese aan­slag is teen die versoeningswerk van Christus gemik.

      Die water tydens die vloed van Noag, spreek van God se oordele en kan met sekerheid nie na die doop verwys nie. Die ark wat die redding was, dui as die teëbeeld alleen op Christus. Sondes word nie deur water of die bloed van Christus tydens besprinkeling weggeneem nie. God moet nou gereed staan om die wedergeboorte te skenk sodra die water die voorkop van die suigeling raak. Daar is dus geen berou en belydenis van sonde nodig nie, geen kosteberekening nie, geen vergifnis nie en geen bekering van die mens se kant nie. Die versoening werk alleen deur die Gees wanneer sondaars deur die geloof, belydenis, berou en bekering hulle totaal op God werp, wat alleen kan salig maak. By die besprinkeling-ritueel word die predikant nou die “saligmaker” soos die priester in die Rooms-Katolieke stelsel waar hy sg. sondes vergewe. Indien God by hierdie ritueel die saligheid sou skenk, hoef niemand meer evangelisasiewerk te doen nie, maar die sondaars nooi vir ‘n besprinke­ling­seremonie om die saligheid te ontvang en by die kerk aan te sluit.

      Die vraag is: By watter Gereformeerde denominasie moet aangesluit word? Verskeie Gereformeerde denominasies handhaaf verskillende uitgangspunte. Vir die bewys van hulle lidmaatskap sal die gekerstendes ook ‘n doopsertifikaat ontvang i.p.v. die getuienis van die Heilige Gees. Die woord “kersten”, het ook ‘n Roomse oorsprong. Dit is afgelei van “Christening” wat op die Roomse besprinkeling dui, waar kinders ook ‘n naam ontvang. Wanneer die Gereformeerdes na die kerstening van die heidene verwys, beteken dit om hulle te besprinkel.

      Indien kinders by besprinkeling saligheid ontvang, of dan weder­ge­bore word, wat gebeur dan as ‘n onbesprinkelde baba sou sterf? Die verbondskinders sal dadelik uitroep dat hulle kinders deur die ouers geheilig is en dat hulle na die hemel toe sal gaan. Indien dit so is, hoe kan ‘n besprinkeling-ritueel dan enige verskil aan hulle saligheid maak?

      Hulle sing vir die kinders, hulle besluit vir die kinders en hulle mislei ook die kinders as hulle groot is. Sodra die kinders verstand het, sê die “doopouers” vir hulle dat hulle reeds by die besprinkeling saligheid verkry het. Volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis, wat deur die meeste Gereformeerde kerke onderskryf word, word duidelik geleer dat die reini­ging van erfsmet by die doop begin, maar dat alles nie "geheel en al" by die ritueel verwyder word nie:

Dit is die verdorwenheid (erfsonde)… word dit selfs deur die doop nie geheel en al uitgeroei nie... (Die Drie Formuliere van Enigheid. Kyk Artikel 15 oor erfsonde).

      Gesange 319-323 leer die verbondsbesprinkeling, saligheidsdoop en eensydige verbond. Babas het op daardie ouderdom geen aandeel aan enige besluite nie. Dit is niks anders as ‘n leuen om te verklaar dat ‘n baba op grond van só ‘n “verbond” en 'n menslike ritueel met gewone water, wederbaar word!  Die Bybel leer dat ons wedergebore moet word, nie deur water nie, maar deur die Gees van God (Joh. 3:3-5). Die spreekbuis van die NG-denominasie, die Kerkbode van 11 November 1941, sê:

As ons die water en die doop sien, dan dink ons aan die water waarmee ons juis tevore ons hande skoongewas het, en ons dink dat so wil Christus by die doop ons harte van sondeskuld skoonwas.

      Christus was niemand se hart skoon sonder berou en bekering nie. Kindertjies het geen sondes as dade gepleeg nie en het dus net erfsmet as ‘n wet van sonde (Romeine 7), of toestand van die hart. Bogenoemde aanhaling weerspreek artikel 15 van die Nederlandse Geloofsbelydenis wat beweer dat erfsonde nie geheel en al uitgeroei word nie. Geen erfsonde word geheel en al óf gedeeltelik by die doop weggewas nie.

      Die Heidelbergse Kategismus bou beslis voort op die fondamente van Rome. Vir die eerste twee eeue n.C. is daar nie eers na ‘n be­sprinke­ling van suigelinge verwys nie (Kyk Dake’s Annotated Reference Bible, oor “Baptism”). Later sal meer oor die onderwerp gesê word. Soos die Gereformeerdes het Rome reeds lankal die saligheidsdoop en reiniging van erfsmet verkondig (Die Konsilie van Trent, Seksie 5, deel 5). Augustinus het geleer dat kinders juis besprinkel moet word weens die erfsmet en die leer van die ingestorte genade (gratia infusa). Hierdie dwaling is die basis van die Roomse denominasie. Beide Katolieke sowel as Gereformeerdes beskou Augustinus as belangrike kerkvader.

      Dit is ook belangrik om die geskiedenis van die term “sakrament” uiteen te sit. Die geskiedenis van die term gaan ver terug. Daar is in die dae, toe die Roomse afgodediens begin uitsterf het, van die afgods­aan­bid­ders verwag om ‘n deel van die afgodsoffers te eet. Verduin verdui­de­lik:

It will be recalled that in the days of Decius every householder had been instructed to fill out a formulary reading as follows: “I…, have always sacrificed to the gods, and now in your presence I have, in keeping with the directive, sacrificed… and have tasted of the sacrificial victim; and I request that you, a public servant, certify the same.” (The Reformers And Their Stepchildren, p. 137).

      Hierdie “afgodsnagmaal” is onder dwang beoefen en is die oorsprong van die Roomse Mis (Roomse nagmaal of transsubstansiasie). Terwyl die afgodedienaar die ritueel beoefen het, is daar geglo iets misties vind tydens die afgodery plaas. Dit is die “mysterion” genoem en in Latyns “sacramentum” (Roomse mis of nagmaal). Op grond daarvan word na die afgodediens as geheime godsdiens of “mystery religion” verwys. Die woord “sakrament” het die Hervormers dus van Rome oorgeneem, wat dit weer deur oorlewering van die antieke Roomse afgodedienaars ontvang het. Die Gereformeerde liturgie bevat dus teolgiese terme van ‘n Rooms-afgodiese oorsprong. Die besprinkeling-ritueel word tot vandag nog ‘n sakrament genoem wat van geheimenis spreek, want daar vind tydens dié ritueel ‘n geestelike “wedergeboorte” plaas! Die term in Engels, nl. “sacred”, verklaar in etimologiese sin dat dit met die okkulte of geheime dinge in verband staan. Die besprinkeling is in die openbaar, maar die sg. verborge verandering, of geestelike geboorte, soos in transsubstansiasie, vind in die geheim plaas. Soos die Roomse priester dus ‘n sakrament beoefen het, so neem die Gereformeerde predikant die plek van die priester in, besprinkel soos die Roomse priesters, en ge­bruik ook dieselfde term daarvoor! Ná die besprinkeling glo die dominee, soos die priesters, dat daar in die geheim iets gebeur het en verwys dan na die “sakrament van die doop.”

      Die Katolieke sowel as Hervormers het dus van gedwonge of sakra­mentele manipulasie gebruik gemaak en word ook sakraliste genoem. Die goddelose Charlemagne het beveel dat:

Any who refuse baptism shall be put to death. (L. Verduin: The Reformers And Their Stepchildren, p. 192).

      Charlemagne volg dus in die spore van Augustinus en beoefen ook “Zwangtaufe”, of gedwonge doop. Almal onder Calvyn se dwingelandy in Genève het gely onder verpligte kerkbywoning, verpligte besprinkeling van kinders en honderde diktatoriale kerklike verpligtinge. Hierdie mani­pu­lasie en saligheidsdoop het dus geen plek vir bekering oorgelaat nie. Gereformeerdes wat wel Skriftuurlike bekering preek, staan steeds in die voortsetting van Calvinisme, asook in dieselfde weerspreking.  Verduin maak die volgende belangrike gevolgtrekking:

There can be no doubt, however, that when the Reformation had crystallized in the pattern of neo-Constantinianism it was all over with this conciliatory attitude towards Sacramentarianism. In its final version, Reformation theology attempted a combi­na­tion of the formula of salvation by sacramental manipulation with the formula of salvation by believing response to the preached Word. (Verduin, ibid, p. 154-5).

Die volbloed Gereformeerdes preek nie oor die leerstelling van die weder­geboorte nie. Die heilsorde van die Roomsgesindes is eers die weder­geboorte (saligheidsdoop) en daarna bekering – of ‘n daaglikse bekering sonder berou en die aflegging van sonde.

      Die Bybel leer die orde presies andersom: Éérs bekeer die mens hom tot God en dan skenk Hy die wedergeboorte. Die Skrif leer: “…be­keer julle…” (Hand. 3:19), “…en hulle bekeer…” (2 Kron. 7:14), “…en laat hy hom tot God bekeer…” (Jes. 55:7). God bekeer nie die mens nie, maar hy bekeer homself en dan skenk die Here self die vergifnis en wedergeboorte. Jesus se eerste woorde, nadat Hy sy bediening begin het, was “bekeer julle…” Jesus preek ook nie vir reeds wedergebore mense dat hulle hul moet bekeer nie! Hy het bekering ook nie vir sui­ge­linge beveel nie. Nadat die mens sy rug op die sonde gedraai het en die Naam van die Here aangeroep het (Rom. 10:11-13), skenk God die we­der­geboorte:

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons na sy grote barmhartigheid die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop… (1 Pet. 1:3. Beklemtoning my eie).

      Die Here Jesus sê dat Hy Paulus na die heidene gestuur het “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My ver­gif­nis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26:18). Hy sê ook dat daar in die hemel blydskap is oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor 99 vormgodsdienstiges (besnedenes of besprinkeldes) wat meen dat hulle bekering nie nodig het nie (Luk. 15:7, 10).

      Die Bybelse heilsorde is dus bekering en sondebelydenis (Hand. 3: 19), wedergeboorte (Joh. 3:3-5), sondevergifnis (1 Joh. 1:9) en getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), terwyl die gelowiges deur die Heilige Gees verseël word nadat hulle geglo het (Ef. 1:13).  Kyk weer hoe die saligheidsdoop uit die buite-Bybelse Heidelbergse Kategismus geleer word om sodoende die versoeningswerk van Christus aan te tas:

Vraag 69: Hoe word jy in die Heilige Doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offerande van Christus wat aan die kruis geskied het, jou ten goede kom?

Antwoord: So, dat Christus hierdie uitwendige waterbad ingestel het (a) en daarby beloof het (b) dat ek net so seker met sy bloed en Gees gewas is van die onreinheid van my siel, dit is van al my sondes (c) as wat ek uitwendig gewas is met die water wat die onsuiwerheid van die liggaam wegneem.

Kommentaar: Christus het nie ‘n “waterbad” vir suigelinge ingestel nie, maar Hy het sy dissipels geleer dat kindertjies geseën moet word deur handoplegging (Matt. 19 en Mark. 10). Gewone mense het Rome nagevolg en het ‘n “doopvont” ingestel in plaas van om Christus se bekeringsgenade te leer en daarna die doop vir gelowi­ges. Christus self is as voorbeeld deur Johannes gedoop. Leser, die Almagtige God het nie geleer dat buite-Bybelse boeke, soos die Heidelbergse Kategismus, die Bybel moet reghelp nie. Voorts word niemand tydens die ritueel met die bloed en Gees gewas nie.

      Vraag 70-71 van die Kategismus is nog ‘n bewys oor hoe die besprinkeling die plek van Christus se bloed inneem, en dat sondes ty­dens die besprinkeling-ritueel weggewas word:

Vraag 70: Wat beteken dit om met die bloed en die Gees van Christus gewas te wees?

 Antwoord: Dit is om van God vergewing van sondes uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offerande aan die kruis vir ons vergiet het (a); en dan ook om deur die Heilige Gees vernuut en tot lede van Christus geheilig te wees, sodat ons hoe langer hoe meer die sondes afsterwe en in 'n godsalige, onberispelike lewe wandel (b).

Vraag 71: Waar het Christus ons beloof dat Hy ons so seker met sy bloed en Gees wil was as wat ons met die doopwater gewas word?

Antwoord: In die instelling van die Doop wat aldus lui: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (Matt. 28:19). “Hy wat glo en hom laat doop sal gered word: maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mark.16:16). Hierdie belofte word ook herhaal waar die Skrif die Doop die bad van die wedergeboorte en afwassing van die sondes noem (Tit. 3:5; Hand. 22:16).

Kommentaar: Vrae 69-71 leer dat:

1.     die besprinkeling-ritueel saligheidswaarde het;

2.     die besprinkeling versekering en troos gee;

3.     suigelinge tydens besprinkeling met Jesus se bloed gewas word;

4.     besprinkeling die “bad van die wedergeboorte” is;

5.     die saligheid dus van ‘n persoon of ‘n bepaalde kerk afhang;

6.     ongedoopte babas van sekere denominasies wat nie besprinkel is nie, verlore is; en

7.     daar buite die kerk geen saligheid is nie.

      Dit is duidelik dat enige persoon wat bg. leer glo, Rooms-Katolisisme on­der­skryf. Geen wonder dat daar duisende lidmate buite die Gerefor­meerde denominasies gered word nie. Dit is ‘n bewys dat die Gerefor­meer­des lidmate verloor a.g.v. die feit dat hulle nie die wedergeboorte preek nie, en ook dat baie mense uitvind dat hulle net ‘n verlengstuk van Rome is. Hulle besprinkeling- of aannemingsdatum is gewoonlik hulle bekeringsdatum. Die Gereformeerdes leer dat die besprinkeling jou se­ker­heid gee:

Toe Martin Luther deur die duiwel aangeval is, het hy met kryt op die tafel geskryf: Ek is gedoop! As jy twyfel of jy aan die Here Jesus behoort, moet jy sê: Ek is ge­doop… (Glo en Bely, p. 90). 

      Geloofsversekering berus dus op besprinkeling en nie op die getuie­nis van die Heilige Gees nie. Dit is al wat nodig is, laat jouself en jou kinders net deur die Gereformeerdes besprinkel word, en dan is julle gered. Kom ons kyk na die gebede by die suigeling-besprinkeling. Voor die ritueel word gebid:

…ons bid U, by u grondelose barmhartigheid, dat U hierdie kinders genadiglik wil aansien en deur u Seun en deur u Heilige Gees in Jesus Christus, u Seun, wil inlyf om met Hom deur die doop in sy dood begrawe te word, en met Hom op te staan in ‘n nuwe lewe…

      Ná hierdie gebed en die doop-ritueel het God nou die saligheid ge­skenk! Kan dit waar wees dat mense vandag nog Rome se leer verkondig? Dit terwyl al die verbondskinders, wie se bekering in die Bybel beskryf word,  ‘n dag en datum van bekering gehad het.  Op Pinksterdag is drieduisend siele gered (Hand. 2:41), Paulus is op pad na Damaskus gered (Hand. 9:5): asook al die ander verbondskinders, want almal is in sonde ontvang en gebore (Rom. 3:23; 5:12). Hulle is ook almal ná ‘n dag en datum van bekering sonder uitsondering gedoop.

      Die saligheidsdoop word beslis in die Gereformeerdes se teologie gevind. Is dit nie volgens die volksmond sektaries nie? Is hierdie leer oor die saligheidsdoop nie ‘n Rooms-Katolieke filosofie vermeng met die Boere se kultuur nie? Om dit verder te neem: sommige van die vooraan­staande Gereformeerdes sit saam met Moslems, Hindoes, Jode asook ander valse gelowe. Dr. Gerrie Lubbe, ‘n gelegitimeerde predikant van die NG denominasie, het bv. saam met volksvreemdes soos aartsbiskop Desmond Tutu die multigodsdienstige Suid-Afrikaanse tak van die “World Conference on Religion and Peace” (WCRP) gestig. Sal ware Christene graag saam met Tutu ‘n geestelike organisasie wil stig?  Die aartsbiskop het bv. beweer dat Jesus Christus moontlik ‘n buite-egtelike kind is!  Tutu word soos volg in die Cape Times aangehaal:

Some people thought there was something odd about Jesus’ birth… It may be that Jesus was an illegitimate son. (The Archbishop And The Bible, p 2. Aangehaal uit die Cape Times, 24-10-80).

      Talle Gereformeerdes verwerp die maagdelike geboorte van Chris­tus, en Tutu is nie die enigste persoon wat Jesus as ‘n buite-egtelike kind beskou nie. Geen wonder dat die Nuwe Vertaling se vertalers die woord “eersgeborene” op verskillende plekke uitgelaat het nie (Matt. 1:25; Joh. 1:14; 1 Joh. 4:9; Rom. 8:29; Kol. 1:15, 18). Omdat Josef en Maria nog nie getroud was nie en Maria verwagtend was, beweer sommige dat Jesus buite-egtelik was en nie die eersgebore kind nie. Indien Hy die eers­ge­borene is en Maria wel ‘n maagd was, dan kon Hy nie ‘n buite-egtelike kind gewees het nie. Die vertalers het selfs die woord “maagd” in Jesaja 7:14 uitgelaat.

      Onder die leiding van dr. Lubbe is ‘n byeenkoms op 28-30 November 1992 in Pretoria gehou waar die Onse Vader opgevolg is met Hindoe- en toordoktergebede. Dr. Lubbe het ook ‘n Moslem gevra om met gebed af te sluit. Dit is die gees van die Antichris; dit is die gees van Bileam, of kompromie; dit is die gees en gesindheid van die wêreld en die gees van ekumenisme. Is dit nie eienaardig dat groot Gereformeerde teoloë Mos­lems as gelowiges beskou nie, maar waarlik wedergebore kinders van God wat hulle laat doop, word as “sektes” geëtiketteer? Ander NG-lid­mate soos prof. Christina Landman raai jongmense aan om seks voor die huwelik te beoefen en prof. Sakkie Spangenberg leer weer dat Jesus nie die enigste weg na God is nie! Wanneer die Gereformeerdes hulle eie leermeesters se blatante goddeloosheid aanvaar sonder om hulle te tug of te skors, dan sien die volk wat hierdie denominasie eintlik is. Geen kind van God sal in elk geval toelaat dat goddelose en liberale predikante hulle kinders besprinkel nie. In dr. Marais se teologie maak hy geen voorsiening dat bose predikante kinders nie mag doop nie. Vir hom gaan dit slegs oor die koue, kliniese ritueel in ‘n gebou met die naam van die N.G.K. Die Gereformeerdes maak nie ‘n onderskeid tussen bv. predi­kante wat die “heilige doop” met geel-gerookte nikotienvingers bedien of een wat weer saam met Hindoes bid nie. Daar is seker talle Gerefor­meer­des wat dié ongerymdhede verwerp, maar die organisasie se krag­te­loosheid word bewys in hulle gebrek aan werklike optrede teenoor die geleerde maar verdwaalde teoloë.

      Die Skrif leer dat ons onder hulle moet uitgaan, soos wat duisende kinders van God nou reeds doen. Is ons nog Protestante of slegs nie-Katolieke? Luther, wat tot die dag van sy dood feitlik die ganse Roomse nagmaal (Konsubstansiasie wat effens anders as Transsubstansiasie is) onderskryf het, openbaar sy haat teen die ware kerk soos volg:

Whoever rejects infant baptism,… whoever holds unlawful assemblies (o.a. Baptiste), whoever sins against faith, shall be punished with death… (P. O’Hare: The Facts About Luther, p. 286-7).

      Kan dit wees dat Luther as heilige voorgehou word, terwyl hy moord geblaas het op andersdenkendes soos die Baptiste? Het ons reg gehoor dat iemand verwys na Luther se “suiwere siening oor regverdigmaking deur die geloof”? Is dit die ware karakter van die kerk? Is dit nie godde­loos nie? Is sommige Gereformeerdes nie besig om terug te beweeg na Rome nie? Is dit eties, moreel en Bybels om “ketters” of Christene wat hulle as gelowiges laat doop en die kinderbesprinkeling verwerp, te laat vermoor? Luther skryf op 6 Januarie 1519, meer as ‘n jaar nadat hy die 95 stellings aan die Wittenberg se kerkdeur vasgespyker het, soos volg aan Pous Leo X:

… the Roman Church is more honored by God than all others is not to be doubted… Though nowadays everything is in a wretched state, it is no ground for separating from the Church. (P.F. O’Hare: The Facts about Luther, p. 365).

      Min Protestante weet dat Luther nie werklik van Rome wou wegbreek nie, en veral nie nadat hy besef het in watter gemors die ganse Hervor­ming beland het nie. Daarom het Calvyn hom steeds van Katolisisme beskuldig. Geen wonder dat ‘n ander bekende Hervormer, nl. Huldreich Zwingli van Switzerland, die volgende van Luther gesê het:

The devil has made himself master of Luther, to such a degree, as to make one believe he wishes to gain entire possession of him. (M. Spalding: The History of the Protestant Reformation, Vol. 1:463).

      Luther het steeds aanvaar dat die Roomse Kerk reg is, en Calvyn volg ook in sy voetspore met die Roomse besprinkeling. Die stelling is dus absoluut waar dat die Gereformeerde teologie nog grotendeels Rooms is. Terwyl Luther se teologie wemel van flagrante Roomse flaters, beskou hy sy leer as foutloos. Hy beweer:

I do not admit that my doctrine can be judged by anyone, even by the angels. He who does not receive my doctrine cannot be saved. (W. Durant: The Reformation, p. 244).

      Volgens Luther kan selfs Calvyn nie eers gered wees nie, want buite sy eie leer is daar geen saligheid nie – en Calvyn het van hom verskil! Soos later gesien sal word, leer die Gereformeerdes ook dat daar buite hulle kerk(e) geen saligheid is nie. Dit is duidelik dat die Lutheraans-Calvinistiese leer ‘n verwerking van Judaïsme, Neo-Platonisme, Rooms-Katolisisme, wysbegeerte en die Christelike godsdiens is. Hierdie sinkre­tisme is ‘n besliste terugkeer na die eenheidsbegrip, of ekumenisme,  by die toring van Babel, en van die nuwe wêreldorde. Gevolglik is daar ‘n Babelse verwarring onder die paar fundamentele Gereformeerdes wat hul­le stemme teen die potpourri van intergeloofs- en godsdienseenheid laat hoor.

      Die ou verbondsbesprinkeling, die wet en menslike ritusse is van geen krag nie (Gal. 6:15). Volgens die verbondsteologie moet ons slegs kinders binne die kerkgebou besprinkel, dan hoef ons nie meer bekering en wedergeboorte te verkondig nie. Die kinders is nou, volgens die vyfde punt van Calvinisme, eenmaal en vir altyd gered en kan hoegenaamd nie meer verlore gaan nie. Die ganse evangelieboodskap is nou futiel, want niemand wil reeds besprinkelde verbondsgelowiges tot bekering oproep nie. Alle waarskuwings dat sondaars aan die oproep tot bekering ge­hoor­saam moet wees, val nou ook in onbruik omdat niemand wat die salig­heids­doop ondervind het, gered hoef te word nie.

      Die verbondsbesprinkeling maak die totale evangelie oorbodig en God se heilsorde en genadewerkinge is dus nie meer van toepassing nie. Hy trek sondaars (Joh. 6:44); Hy ontwaak verlorenes (Ef. 5:14, Open. 3:20); Hy skenk bekerings- of voorafgenade (Ef. 2:8; Rom. 12:3); Hy alleen kan sonder die toedoen van ‘n medesaligmaker red (Hand. 4: 12; Joh. 14:6); Hy skenk alleen die wedergeboorte (Joh. 3:5; Titus 3:5) en bevestig sy werk deur die getuienis van die Gees (Rom. 8:16, Ef. 1:13). Dit is logies dat God nie bg. werkinge in ‘n suigeling kan bewerk nie, aangesien daar nie ‘n verbond of ooreenkoms is nie en ‘n liefdevolle God ook nie rigiede, mensgemaakte, sakramentele manipulasie voor­staan nie.

      Indien die verbondsbesprinkeling van die Gereformeerdes waar is, wat hulle feitlik net so van Rome oorgeneem het, waar vind ons die heils­orde soos God dit vir die mens beskik het? Die menslike kant van die ooreenkoms, of in sinergistiese sin,  voordat God die wedergeboorte skenk, behels eerstens berou (2 Kor. 7:9-11), belydenis van sonde (1 Joh. 1:9), bekering en sluit gehoorsaamheid in (Hand. 3:19; 5:32). Dit is tog opdragte aan die mens. Waar speel ‘n onskuldige suigeling enigsins ‘n rol in bg. bevele of samewerking? Wanneer die mens hierdie opdragte en Nuwe Testamentiese bevele gehoorsaam, skenk God die wedergeboorte (1 Pet. 1:3); die ewige lewe (1 Joh. 5:11), sy Gees (Rom. 5:5), vergifnis (1 Joh. 1:9) en krag om staande te bly (Joh. 10:28).

      Hoe is dit dan dat God selfs die kinders van Abraham, of ver­bonds­kinders, waarsku dat hulle die saligheid nie moet verontagsaam nie?:

…hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam? (Heb. 2:3; 12:25. Sien ook: Eseg. 33:9; Luk. 14:18; Hand. 24:25; 28:27).

      Geen sondaar in die Gereformeerde instansies hoef dus nou te vrees vir die ewigheid nie. Al dryf sy sonde hom tot raserny, sy besprinkeling gee hom die “troos” en die “versekering” volgens buite-Bybelse boeke. Huurlinge troos baie sondaars wat verlore is: dat hulle slegs “stout kin­ders van God is”, dat ons “almal maar sondaars is” en dat ons “net moet glo en hoop”. Saulus het as ‘n verbondskind moord gepleeg en was as moordenaar, soos Calvyn, ‘n totale verlorene en moes hom op pad na Damaskus o.a. van sy haat en moord bekeer (sien bylaag 3 oor die moord op Michael Servet deur Calvyn). Ons lees ongelukkig nêrens waar Calvyn hom van sy aandeel aan moord bekeer het nie. Die Bybel leer dat selfs die duiwels ook glo: dit is slegs ‘n verstandelike instemming dat God bestaan en hulle sidder (Jak. 2:19). By die dood van die goddelose gaan sy hoop tot niet (Spr. 11:7).

      Hierdie valse hoop sal in wanhoop verander voor die groot wit troon van God wanneer onwedergebore verbondskinders geoordeel sal word. Al was hulle name in lidmaatregisters, was hulle name nie in die boek van die Lewe nie. Al ervaar hierdie verbondskinders geen verhouding met die Here Jesus Christus nie, moet hulle bloot in koue geloof hoop en aan­vaar dat hulle as gevolg van hulle godsdienstige erfenis die hemelpoorte sal maak. Dit is ‘n liefdelose wettisisme en ‘n harde en ongenaakbare werke-godsdiens waar hulle die “genade van God in ongebondenheid ver­ander”.

      Die volbloed Gereformeerdes het, soos Rome, plustekens aan hulle soteriologie (saligheidsleer) geheg. Dit is dus nie genade alleen nie, maar Jesus en die doop, Jesus en die Sabbat, Jesus en werke, Jesus en die “kerk”. Buite hulle Gereformeerde denominasies is daar volgens hulle geen saligheid nie. Die ware kerk leer “sola gratia” of “genade alleen”. Hierdie genade is dus reddende genade (Titus 2:11). Gereformeerde besprinkelingsteologie is ‘n werke- en wettiese godsdiens sonder ware bekering, sonder ‘n ware verhouding met die Here van heerlikheid en sonder enige geestelike groei.

      Alles wat ons tot dusver in die Gereformeerde teologie gevind het, berus op veronderstellings en nie op gesonde eksegese nie. Dit berus op "formules" wat die kerk deur moeisame stryd ontwikkel het. Daar is genoeg bewyse dat die hedendaagse onverdraagsaamheid van die Gereformeerdes ‘n voortsetting van Luther en Calvyn se outokrasie is. Mag die Here eerlike onkundiges van hierdie voortsetting van Babelse sinkretisme verlos.

2.  Die Nuwe Testamentiese Doop
van die Gelowiges

Historiese bronne bevestig dat die vroeë kerk gelowiges ooreenkomstig Bybelse opdragte ná bekering deur middel van indompeling gedoop het. Dit is reeds as ‘n voldonge feit gestel dat die Skrif nêrens leer dat suige­linge van enige aard besprinkel is nie. Enige persoon wat dit kan weer­spreek, word vriendelik uitgenooi om dit sonder inlegkunde uit die Skrif te bewys. Indien leke formules wil gebruik, stel ons nie belang in debat­tering nie. Jesus het geen kind besprinkel nie, maar sy hande op hulle gelê en hulle geseën. Selfs dr. Willie Marais erken in sy boek oor die be­sprinkeling:

… die doop van klein kindertjies as kerklike gebruik, word nie in die Nuwe Testament expressis verbis, dit is: in soveel woorde, voorgeskryf of vermeld nie. Die eerste getuienis daarvan word by Irenaeus [140 nC] vermeld. (Die Christelike Doop, p. 2).

      Ons kan amen sê op bogenoemde stelling. Dit is net eienaardig dat dr. Marais verskeie boeke geskryf het om die besprinkeling van kinders uit die Bybel te probeer bewys, terwyl dit nie “expressis verbis” voor­ge­skryf word nie. Hierdie frase van dr. Marais is ‘n aanhaling uit De Kinder­doop En Het Nieuwe Testament van dr. G. Ru wat wemel van skrif­ver­draaiings en leuens oor die kerkvaders. Dr. Marais se Gereformeerde inlegkunde oor die besprinkeling is ‘n skreiende skande. Hy leer byvoor­beeld dat wanneer iemand hom deur onderdompeling laat doop, hy die volgende doen:

… [hy] maak die woord van God … tot ‘n leuen… kruisig Christus opnuut … leef on­der ‘n bedekte leuen (indien ouers nie van die doop sou weet nie). (Vrae oor die kinderdoop, besprinkeling en die wederdoop beantwoord, ibid, p. 26-27).

      Gelukkig sal ons almal regverdig geoordeel word. Dit is tog jammer, om dr. Marais se eie woorde te gebruik, dat sommige dienaars van die Satan hulle voordoen as dienaars van geregtigheid (2 Kor. 11:15).

      Vir bewyse van die doop in die vroegste kerk kan selfs geleerdes uit die Gereformeerde kamp ingeroep word om teen dr. Marais te getuig. Pro­­fes­sor B.B. Keet, wat hoogleraar aan die Universiteit van Stellen­bosch was, sê:

Uit die berigte wat ons in die Nuwe Testament vind, bestaan daar geen twyfel dat die doop van volwassenes deur onderdompeling geskied het nie. Die woord (baptizein) wat gebruik word, het die betekenis (Matt. 3:16), en die verwysing na die doop in ‘n ander verband bevestig dit (Rom. 6:4: 2 Kor. 2:12). Dit was dan ook die gereelde gebruik in die ou Christelike kerk. (Ons Redelike Godsdiens, p. 205-206. Beklemtoning my eie).

      Alle eerlike en objektiewe geleerdes weet dat die doop d.m.v. onder­dom­peling in die vroegste kerk die enigste gebruik was. Een van die mees gesaghebbende boeke oor die doop in die vroegste kerke is Baptism In The Early Church, deur proff. H.F. Stander en J.P. Louw. In hierdie histories-korrekte werk, word die verbondsdoop, of besprinkeling, as ongegrond verwerp. Voorts word die kerkvaders se werke verbatim aangehaal om te bewys dat die kerk nie deur besprinkeling gedoop het nie. Nie een van die bekende skrywers en apologete (verdedigers van die waarheid), het enigsins na ‘n verbondsbesprinkeling verwys nie. Hier volg ‘n lys van bekendes uit die vroegste eeue: Justinius die martelaar (100-165. Hy was self ‘n dissipel van Johannes die apostel), Irenaeus (140/160-(?)200), Clementanus van Alexandrië (150-215), Ter­tullianus (160-220), Hippolytus (170-236), Origenes (185-254), Nova­tia­nus (190/ 200-257/8), Cyprianus (200/210-257), Eusebius (263-339/40), Cyrilius van Jerusalem (315-386), Basilius die Grote (330-379), Gre­gorius van Nasianzus (330-389), Gregorius van Nyssa (335-394), Am­bro­sius (339-397), Chrusostomos (350-428) en Theodorus van Mopsu­es­tia (350-428).

      Calvyn was in hierdie verband weer ‘n hoorder en nie ‘n dader van die Woord nie. Hy sê:

Although it is evident that the term baptism means to immerse, and that this was the form used by the primitive Church. (Institutes of the Christian Religion, Boek 1V. Hfst. 15, par. 19. Sien ook die voetnota op dieselfde bladsy vir ‘n alternatiewe ver­ta­ling).

      Dr. Marais en sy kerk kon net die aanhaling van Calvyn geglo het en dan was die moeisame gesukkel om formules te kry, onnodig. Zwingli het, soos Calvyn, die doop aanvanklik reg verstaan maar onder kom­promie geswig en dit later verwerp om sy vel te red. Hy het só van die waarheid na die leuen omgeswaai:

Nothing grieves me more than that at the present I have to baptize children, for I know it ought not to be done. If however I were to terminate the practice then I fear that I would lose my prebend. I find it nowhere written that infant baptism is to be practised… However, one must practise infant baptism so as not to offend our fellow men. (Verduin, ibid, p. 199-9).

      Zwingli se lam knieë het onder kompromie geswig en weer terug oor die draad na Rome toe gespring uit vrees dat hy sy inkomste sou ver­beur! Nieteenstaande Zwingli se Bybelse opvatting oor die doop, het hy later self aan die vervolging van Baptiste deelgeneem. Die kerstening van suigelinge en die “dorpskerk”, waar geen onderskeid tussen Christen en heiden gemaak is nie, het sakramentele manipulasie geverg. Net soos Calvyn en Zwingli, was Luther bekend met die waarheid. Hy het ook die weg van Rome gevolg terwyl hy die waarheid verloën, want hy sê:

There is not sufficient evidence from scripture that one might justify the introduction of infant baptism at the time of the early Christians after the apostolic period… (Verduin, ibid, p 204).

      Ons wil nie verder soek vir bewyse uit die Hervormers en vaders van die Gereformeerde beweging dat die vroegste kerk deur indompeling gedoop het nie. Die saak staan vas dat dr. Marais en sy medekompromie­makers dieselfde pad as Calvyn en sy geesgenote geloop het. Dit is die weg van Bileam! Selfs ‘n Katkisasieboek van die NG-denominasie leer ook dat die vroegste kerk deur onderdompeling gedoop het:

In die apostoliese tyd het die doop geskied deur indompeling… Langsamerhand het die besprinkeling in gebruik gekom. Van die 13de eeu af het dit voorkeur gekry. Die meeste Hervormers het hulle by die heersende gebruik aangesluit, alhoewel Luther aan die onderdompeling voorkeur gegee het. (Geloofsleer en Sedeleer, p. 264).

      Ds. T. Hamersma, ook ‘n Gereformeerde, verduidelik waarom be­sprin­ke­ling aanvaar is:

In het jaar 1311 is eerst door een kerklike vergadering de keuse vrijgelaten tussen onderdompeling en besprenging. De Christelike Kerk heeft niets tegen onder­dom­peling. Omdat de oude Kerk, na ernstige overweging met het oog op het klimaat in koude landen, en volgens gegevens in de Bijbel, de besprenging ingevoerd heeft, gebruiken wij die wijze van dopen ook. (De Katechismus in 52 Predikaties, p. 250).

      Daar kan nog talle bewyse gelewer word uit nie-Gereformeerdes se werke, maar die bewyse van die Gereformeerdes teen hulleself is ge­noeg. Wanneer hulle besprinkeling uit die Bybel probeer bewys, verwys hulle uitsluitlik na die Ou Testament se reinigingswette:

Origens praat die Bybel telkens van besprinkeling waardeur afwassing en reiniging aangedui word (Num. 8:7; 19:4,19; vergelyk Heb. 9:13-21; 12:24; Eseg. 36:25). Die werk van die Gees gaan gepaard met besprinkeling. (Glo en Bely, p. 216).

      Die werk van die Gees gaan nie gepaard met besprinkeling van water nie, maar wanneer mense hulle in gehoorsaamheid tot God bekeer (Hand. 5:32). Jesus stel dus die voorbeeld wat Hy met kindertjies doen en besprinkel hulle nie, maar seën hulle:

En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën. (Mark. 10:16).

      In Mattheus 3:7-9 en Lukas 3:7-8 sien ons o.a. dat Jesus die Fari­seërs en Sadduseërs bestraf omdat hulle roem in die feit dat hulle kinders van Abraham is. Hy raai hulle aan om hulle te bekeer. Bekeerdes, ook verbondskinders of Israeliete, is gedoop nadat hulle geglo en gered is (Hand. 2:38,41). Filippus is ook, nadat hy gered is, gedoop (Hand. 8:26-40). Paulus is, nadat hy gered is, deur indompeling gedoop (Hand. 9:18). Petrus het Cornelius en sy gesinsgenote gedoop nadat hulle gered is (Hand. 10:47-48). Die Bybel leer dat hierdie mense die Heilige Gees ontvang het, net soos Petrus en die ander dissipels op Pinksterdag. Cornelius en sy mense het dus eers geglo, die Heilige Gees ontvang en daarna is hulle gedoop. Slegs gelowiges het 'n aandeel aan geestelike ondervindings (Sien Bylaag 4 oor die doop van die gelowiges).

      Dit is duidelik dat Gereformeerde teoloë nie die betekenis van die besnydenis en die doop reg verstaan nie, en dit ook totaal verkeerdelik met mekaar vergelyk. Die besnydenis was ‘n teken van biologiese lid­maat­skap van die verbondsvolk, Israel. Kinders is in hierdie volk gebore, en kon dus kort ná geboorte as lede van die verbondsvolk besny word. Daarna, wanneer hulle opgegroei het, moes hulle ook in hul harte besny word om geestelik as Israeliete te kwalifiseer. Indien hulle dit sou nalaat, het die Here geen behae in hulle gehad nie (Ps. 95:10-11, 1 Kor. 10:5; Heb. 4:2).

      Toegang tot die kerk, God se “volk” onder alle nasies in die Nuwe Testament (1 Pet. 2:9), word egter nie deur geboorte verkry nie, maar deur wedergeboorte (1 Pet. 1:3). Soos wat die inlywingsritueel in Israel (besnydenis) kort ná geboorte plaasgevind het, vind die inlywingsritueel in die kerk (doop) kort ná wedergeboorte plaas. Om weergebore te kan word, vereis ‘n bekering tot die lewende God (Hand. 26:18), en dit kan beslis nie deur ‘n suigeling gedoen word wat nog geen kennis van goed of kwaad het nie. Niemand kan deur ‘n biologiese geboorte lidmaatskap van die koninkryk van die hemel verkry nie – nie deur besprinkeling en ook nie deur besnydenis nie (Gal. 6:15). Eers ná wedergeboorte kan ‘n gelowige gedoop word omdat hy of sy glo en gered is (Hand. 8:36-38). Besnede Jode wat gered word, moet dus ook gedoop word. Net soos die nagmaal, kan die doop slegs aan gelowiges bedien word.

      Die doop herinner mense aan iets wat gebeur het, net soos ons in die nagmaal ook ‘n simboliese heenwysing is. Die doop dui op die be­graf­nis saam met Christus en die opstanding in ‘n nuwe lewe (Rom. 6). Die hele besprinkelingsritueel sentreer rondom die ouers wat vir die kind instaan. Dit word nie in die Bybel gevind nie. Ouers wat nie hulle kinders onder die Roomse binding plaas nie, staan in elk geval vir hulle kinders in deur hulle gebede, voorbeeld en godsdiensopvoeding.

      Ons kan weer ‘n paar Gereformeerdes en hulle liturgie inroep om teen hulleself te getuig. Hier volg aanhalings van die Gereformeerdes wat belydenis, bekering en geloof in Christus vóór die doop plaas. Professor Keet sê:

Niemand betwis dit dat die Christelike kerk van die vroegste tye die doop van volwasse mense ná belydenis van geloof bedien het nie. (Ons Redelike Gods­diens, p. 205. Beklemtoning my eie).

      Behalwe dr. Willie Marais, betwis niemand dit dat die vroegste kerk al­mal deur indompeling ná bekering gedoop het nie. Dit is onverstaan­baar dat professor Keet se studente nie hulle leermeester se lering ge­volg het nie. Selfs die Katkisasieboek leer:

Almal wat geglo en hulle bekeer het, is aanstonds gedoop. (Geloofs en Sedeleer, p. 205. Beklemtoning my eie).

      Die Gereformeerdes leer dat die besprinkeling ‘n bevestiging en seël van die verbond is. Ons vra nederig en met alle respek aan anders­den­kendes waar dit in die Nuwe Testament geleer word en of enige per­soon dit asseblief sonder inlegkunde of “formules” sal uitwys? Die ver­bond wat God met Abraham gesluit het, het niks met die doop van die Nuwe Tes­ta­ment of wedergeboorte te doen nie.

      Daar is nie NuweTestamentiese verbondskinders nie. Jesus Christus is God se ewige Verbondskind, volgens die ewige belofte (Gal. 3:16-17). Verbondskinders word nie so gebore nie, aangesien die ouers dan die saligmakers is. Hulle word nie ingelyf deur besprinkeling by die verbond nie, maar deur die wedergeboorte word hulle die Nuwe Verbond in Jesus Christus deelagtig. Nou kan hulle nuwe, of wedergebore, verbonds­kin­ders in Christus genoem word wat deur God wederbaar is. Verbonds­pre­di­kante plaas hulleself dus deur ‘n menslike ritueel buite die nuwe ge­nadeverbond.

      Volgens Lukas het God vir Abraham gesê: “In jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Hand. 3:25-26). Die “saad”, as enkelvoud, dui onder die nuwe verbond op Jesus Christus:

Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: en aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. (Gal. 3:16).

      Handelinge 3:26 spreek alleenlik van die nuwe verbond van bekering, en van Jesus Christus self:

En julle kinders (Israeliete) van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word. God het, nadat hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer. (Hand. 3:25-26).

      Hier spreek die nuwe verbond van bekering en Jesus se verlos­sings­werk vir sondaars, en nie van ‘n “besprinkel-besnydenis” vir suigelinge nie. In Handelinge 7:8 verwys Stefanus na die ou “verbond van be­sny­denis” wat slegs met die Ou Testament in verband staan. In hierdie ver­band het die geskiedenis van Israel ook niks met die Nuwe Testa­men­tie­se doop te doen nie.

      Die nuwe sowel as die ou verbond het volgens Paulus twee kante (Rom. 11:26-27): Die Verlosser sal hulle sondes wegneem as sy “kant” van die verbond;  hulle moet hulle van hulle kant bekeer (Rom. 9:27,33; Rom. 10:17, Open. 22:17). Suigeling-besprinkeling is ‘n eensydige ritueel en word deur ‘n gewone mens met gewone water bedien. Babas maak geen keuses nie en het inwonende sonde, maar het nog geen sondes as dade gedoen nie. Geen suigelinge is voor God doemwaardig nie. Hulle bekeer hulle nie, ontvang ook nie vergifnis nie en hulle glo nie en dus is daar geen eensydige verbond wat God met hulle aangaan nie. Daar is geen verskil tussen besprinkelde kinders of kinders wat nie in die Gereformeerde denominasies die ritueel deurgemaak het nie. Gewone water kan geen verskil maak nie en die saligheid gaan ook nie van die ouers oor op kinders nie, anders is die ouers saligmakers.

      Ander Skrifgedeeltes waar die verbond voorkom, is Heb. 8:6,7,8,9, 10,13; 9:1,4; 10:16,29; 12:24; 13:20. Hierdie gedeeltes verwys nie na ‘n besprinkeling wat in die plek van die Ou Testamentiese besnydenis gekom het nie. Dié skrifgedeeltes verwys na die nuwe verbond en nie na ‘n Roomse ritueel van enige aard nie.

      Dit is duidelik dat die besprinkelingmetode ook nie in die Bybel voorkom nie. Die Grieks vir besprinkeling is proschusis, rhantizo en rhantismos. Nêrens waar die doop in die Nuwe Testament bedien is, word enige van bg. woorde gebruik nie, maar wel die Griekse woord baptizo (Dr. S. Zodiates: The Complete Word Study Dictionary. New Tes­ta­ment, p. 309). Dr. Willie Marais skryf i.v.m. die term "onderdompeling" soos volg:

Die woord vir onderdompeling [kataduein]  vind ons nie in die Nuwe Testament nie. Dit is ook nie prakties moontlik vir ‘n doper om ‘n groot mens te onderdompel nie. (Die Christelike Doop, p. 48).

      Die grondwoord kataduo staan nie in die Nuwe Testament nie en kan beslis nie met onderdompeling iets te doen hê nie, aangesien die woord met iets wat sink in verband staan. Die bekende Liddle en Scott (Greek-English Lexicon) sê:

Kataduo: To make to sink; katadusai nuan: to sink or to disable a ship.

      Daar is duisende doopdienste deur die geskiedenis gehou waar dopers grootmense gedoop het en dus dr. Marais se stelling weerspreek. Baptizo word beslis met dip, doop, indompel en insteek vertaal. Dr. Marais het nie moeite gedoen om gesaghebbende woordeboeke na te slaan nie. Ons haal uit twee van die mees gesaghebbende Griekse woordeboeke aan vir die verklaring van die woord baptizo:

BAPTIZO, to dip (Vines Expository Dictionary of the Old and the New Testament Words. “Doop” is van “dip” afgelei en kan hoegenaamd nie met besprinkeling vertaal word nie).

BAPTIZO, to dip, immerse, submerge (The Complete Word Study Dictionary. New Testament).

      Daar kan tereg en met sekerheid gesê word dat baptizo met in­dom­pe­ling of met onderdompeling vertaal kan word. Die woordeboeke kan ook saam getuig. Die woord doop word só beskryf: "In ‘n vloeistof steek; indompel” (HAT Woordeboek). Hier word immers na die metode en bediening van die doop verwys en nie na die geestelike betekenis daar­van nie. Noag Webster, wat ook ‘n ware gelowige was, sê oor “baptism”: “to immerse, dip in water” (The Living Webster Encyclopedic Dictionary).

      Al wat beslis gedoop word by suigeling-besprinkeling is die vingers van die priester of predikant. Dit is dus uit ‘n grammatikale oogpunt heel­temal verkeerd vir die Gereformeerdes om na die besprinkeling van suigelinge as “doop” te verwys. Hulle doop geen kind nie en niemand in die Gereformeerde denominasies is dus gedoop nie. Hulle het bloot ‘n Rooms-Katolieke ritueel deelagtig geword en het ontdek toe hulle vol­wasse word, dat hulle nog steeds die saligheid soek, nie vrede met God het nie en in onsekerheid lewe. 

      Die volgende tekste word vir die doop gebruik: Matt. 3:6,7,11, 13,14, 16; 20:22,23; Markus 1:4,5,8,9; 10:38,39; 11:30; 16:16; Lukas 3:3, 7,10, 12,16,21; 7:29,30; 12:50; 20:4; Joh. 1:26,33; 3:22,23; 4:1,2; 10:40; Hand. 1:5,22; 2:38,41; 8:12,13,16,36,38; 9:18; 10:37, 47,48; 11:16; 16:15,33; 18:8,25; 19:3-5; 22:16; Rom. 6:4; 1 Kor. 1:13-16.

      Is die Skrif alleen nie genoeg bewys vir die doop d.m.v. indompeling van gelowiges nie? Vir die Gereformeerdes is dit dus nie “sola scriptura”, of “Skrif alleen” nie, maar “sola geloofsformuliere”, “sola formules” wat dr. Marais en sy “kerk” uitgewerk het en “sola inlegkunde”. Orals in bg. tekste word baptizo vir die woord “doop” gebruik. Nie in een van die bg. tekste is rhantizo of proschuses gebruik, wat op besprinkeling dui nie.

      Is dit nie Rooms om buite-Bybelse boeke bó die Woord van God te beskou nie? Is die Woord van God nie eenvoudig oor die doop nie? Die sg. besprinkeling wat in die plek van die besnydenis gekom het, is só ingewikkeld omdat dit onskriftuurlik is. Die “kerk” het gevolglik gesukkel om die regte “formule” saam met dr. Marais te kry om die doop te ver­klaar. Enige onskriftuurlike leer is ook onlogies en onlogiese leringe is onmoontlik om te verklaar. Vra die verbondskinders, of doopouers, in die Gereformeerde denominasies om die besprinkeling met tekste uit die Bybel te verklaar, en hulle kan nie. As die “kerk” se geleerdes sukkel om dit te verklaar of te formuleer, hoe sal die lidmate dit regkry? Hulle sê nie dat hulle die Bybel sal raadpleeg nie, maar gewoonlik dat hulle die domi­nee sal gaan vra.

      Indien enige gelowiges hulle op Nuwe Testamentiese wyse laat doop, word hulle ongenadiglik vervolg. Onder die vervolgingswaansin van Roomse priesters gedurende die middeleeuse inkwisisie is dopelinge verbrand, en onder die moderne inkwisisie is dit tug, skorsing, belas­te­ring en vervolging op verskillende maniere. Die antwoord vir hierdie vervolging is uitsluitlik in Satan se haat te vinde. Werklik weergebore mense wat hulle laat doop, verwerp die saligheidsdoop en kom dus nie saam met die duiwel in die oordeel nie. Omdat die duiwel dopelinge en dopers haat en sy verwronge en omgekeerde saligheidsorde se bedrog ontbloot word, word kinders van God vervolg. Daarom het Calvyn vir Servet wat die doop anders as hy ingesien het, laat vermoor. Hier is ‘n akkurate opsomming van Genève se tirannie:

Calvin had, to perfection, the cold ruthlessness of the righteous… There were, of course, the five weekly sermons which all must attend… The fashion of dress and of shoes… was regulated, and the women’s hair styles also… Anabaptists were banished, with death as the penalty should they return. The heretic was burned… Few crimes were more swiftly and decisively punished than that of contradicting the master’s teaching… Even to say that Calvin was not a good preacher could mean prison. (Henri Daniel-Rops: The Protestant Reformation, p. 234-5).

      Van die 2000 martelare wat in Holland gesterf het, was 73% ge­doopte mense. In Switserland asook in Oostenryk, het troepe die land deursoek vir mense  wat nie van die doop wou afsien nie. In 1529 is on­ge­­veer ‘n duisend gedooptes verbrand, onthoof, met warm ysters ge­martel en verdrink. In Engeland is ses Anabaptiste deur sg. Protes­tan­te verbrand volgens die bekende John Foxe. Nêrens is daar bewyse van bekeerde en gedoopte mense wat ander persone vermoor of vervolg het wat hulle kinders besprinkel het nie. Die rede is dat ware kinders van God nie ‘n vervolgingswaansin openbaar nie. Selfs die volksplanter, nl. die Gereformeerde Jan Van Riebeeck, het mense ongenadiglik gestraf indien hulle nie dienste in die Fort bygewoon het nie. ‘n Greep uit die geskiedenis van die Fort lui so:

Elke Sondag moes die sieketrooster ‘n preek voorlees. Almal moes die diens bywoon en as iemand dit nie gedoen het nie, het hy ses dae lank geen wynrantsoen gekry nie. As dieselfde persoon ‘n tweede keer weggebly het, het hy sy maand se loon nie gekry nie, en ná die derde keer is hy met kettings vasgemaak en moes hy ‘n jaar lank al die swaar werk sonder vergoeding gedoen het. (J.M. Vivier, S.J. Loots & L.C. Grobler: Geskiedenis Standerd 3, p. 39).

      Van Riebeeck se godsdienstirannie kon hoegenaamd nie ‘n liefde­volle God afskilder nie. Onder die dekmantel van godsdiens het hy mense se arbeid misbruik as hulle nie na die sieketrooster se dwalings wou gaan luister nie. Ons moet nie langer na sieketroosters se ondui­de­like preke luister nie. Hulle onwetenskaplike en onbybelse boeke moet ook nie gelees word nie.

      Dr. Marais het verskeie boeke oor die kontinuasie van die Rooms-Gereformeerdes se “doop” geskryf. Terwyl hy sukkel om bewyse te lewer, besef hy nie dat hy in die voetspore van Calvyn en die Roomse Kerk loop nie. Dr. Marais vervolg ook gedoopte mense deurdat hy hulle aan valse profete en dwalings koppel.  Luther se woorde laat elke kind van God wat gedoop is, sidder. Almal wat hulleself onvoorwaardelik by Luther en Calvyn skaar, plaas hulleself in die geselskap van dronkaards en moorddadige mense. Waarom veroordeel dr. Marais nie die teologie van goddelose mense wat as sg. “heiliges” voorgehou word nie?  Luther sê:

That seditious articles of doctrine should be punished by the sword needed no further proof (vgl. met die Nederlandse Geloofsbelydenis [NGB] art. 36). For the rest, the Anabaptists hold tenets relating to infant baptism, original sin, and inspi­ra­tion, which have no connection with the Word of God, and are indeed opposed to it… Secular authorities are also bound to restrain and punish avowedly false doctrine… For think what disaster would ensue if children were not baptized?… From all this it becomes clear that the secular authorities are bound… to inflict corporal punishment on the offenders… Also when it is a case of only upholding some spiritual tenet, such as infant baptism… the stubborn sectaries must be put to death. (Johannes Janssen: History of the German People From the Close of the Middle Ages, Vol. 10:222-3).

      Geliefdes, Luther se voorstel om mense wat hulle laat doop deur die owerhede te laat vermoor, is dieselfde gees wat vandag nog by die Gere­for­meerdes heers. ‘n Mens wonder of evangeliese Gereformeerdes, soos dr. Marais e.a., hulle van Luther en Calvyn se moorddadige stand­punte oor dopers sal distansieer? Dit sal egter moeilik gaan aangesien Luther en sy geesgenote dr. Marais se mentors is.

      Moenie slegs hoorders van die Woord wees nie, maar wees daders en keer jou van sulke moordenaars af. Verwerp hulle boeke en leer­stel­lings wat met die Bybel bots. Die bewyse teen inlegkunde oor die Ge­re­for­meerdes se besprinkeling of saligheidsdoop is oorweldigend. Die grammatika, kontekstuele agtergrond en historiese verband oor die doop is duidelik. Voorts is daar genoeg bewyse van geleerde Gereformeerdes teen hulleself en hulle eie kollegas.

 

3.  Die Skathuis van Maleagi 3:10
en die Kerkkas

Die verbondsgodsdiens is grootliks nog onder die wet. Die wet word in die meeste Gereformeerde kerke elke Sondag gelees en sodoende word mense verder versluier (2 Kor. 3). Hierdie moderne Judaïsme lei dus na ‘n groter wetsonderhouding. Wettisisme, asook die hou van die Sabbat, verplig die gee van tiendes, want die tiende-opdrag is ook onder die wet gegee. Die Gereformeerdes span die letter op kliptafels vir 'n inkomste in. Die gee van tiendes is nog ‘n voorbeeld dat Gereformeerdes onder die wet lewe en ook sterwe. Hulle verstaan nie die nuwe verbond van liefde nie en ken ook nie die Nuwe Testamentiese leer m.b.t. finan­sies nie. Nadat die Nuwe Testament ontstaan het, word daar nie na die gee van tiendes verwys wat in ‘n kerkkas van ‘n sekere denominasie gestort moet word nie.

      Die subtiele aanslag op mense se geld onder die dekmantel van godsdiens is ‘n gruwel in die oë van God. Die werklike rede vir die duur geboue van groot denominasies sal nou vir die leser duidelik word. Calvyn en sy volgelinge het ook deur hulle staatskerk geld uit mense geforseer. Slawe van die verbondsteoloë word selfs verplig om die wet en die letter van tiendes na te kom. Kollektante, of moderne bedelaars, word met kwitansieboeke uitgestuur en dan word daar op onkundige siele jag gemaak wat dink dat hulle geld vir die Here gee. Niemand kan vir die Here ‘n bydrae maak nie, aangesien alles op aarde reeds aan die Here behoort en die “volheid daarvan”. Die Bybel leer dat ons regterhand nie moet weet wat ons linkerhand doen nie. Predikante wat hulle godsdiensbesigheid op hierdie manier aan die gang hou, voer beslis ‘n bedelaarsbestaan.

      Paulus leer dat offergawes nie onder dwang gegee moet word nie: “Ek sê dit nie as ‘n bevel nie…” (2 Kor. 8:8). Die apostel verklaar die gee van liefdesgawes en plaas geen druk deur kollektante of kwitansie­boek­sielkunde op die Here se kinders nie:

Laat elkeen gee soos hy in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. (2 Kor. 9:7).

      Hier vind ons die leer in die Nuwe Testament oor finansies vir die werk van die Here. Geen tiende word beveel nie, geen kwitansieboek nie, geen skuldgevoelens indien iemand niks het om te gee nie, geen ver­ne­de­ring vir ‘n kollektant om te bedel nie, geen manipulering van ‘n gods­diensinstansie se kant nie en nie “uit dwang” nie.

      Die Gereformeerdes het al van uiterste vorms van wettisisme gebruik gemaak met die kwitansieboektaktiek en werke-godsdiens. In sommige denominasies moes kollektante ‘n nul-rand-en-nul-sent kwitansie uitskryf as 'n persoon niks het om te gee nie! Hierdie optrede is hard en ongenaakbaar teenoor die gewer wat vrywillig verplig word, sowel as die emosionele trauma van die diaken of bedelaar. Mag die Here ons genadig wees. Waarom word hierdie taktiek gebruik? Die rede is na­tuur­lik om mensgemaakte godsdiensbesighede aan die gang te hou. Mense het al beswaar aangeteken dat hulle hul swaarverdiende geldjies onder dwang moet gee.

      Net soos wat daar sakramentele manipulering bestaan, ly onkundige siele ook onder Mammon-manipulering. Daar word gekla dat die predikante gewoonlik net die invloedryke en welaf mense besoek wat groot donasies kan gee.  Die gereelde binnegevegte in kerkrade oor geld is nóg ‘n bewys van die verkeerde siening oor geld. Ander kla weer oor die duur geboue se instandhouding. Selfs ongeredde mense word tot groot ongelukkigheid vir hulle finansies gemelk. Die sondaars se ge­we­tens word sodoende gesus in ruil vir hulle “tiendes”.

      Alle herders moet kennis neem dat God hulle swaarder sal oordeel en dat die geldgod Mammon nie ‘n plek in die hemel sal hê nie. Moenie Mammon nou dien en julle beklee met die wol en die vet van die skape nie, want God sal op die regte tyd rekenskap van almal eis (Lees Esegiël 34 waar die Bybel die valse en hebsugtige herders beskryf). Indien kinders van die Here in die sendingveld of buite denominasionele verband werk, word hulle strukture verwerp en sulke bewegings word dan sektes genoem. Die bedelaar-denominasies het nou opposisie en die enigste taktiek om hulle finansiële bronne te beskerm is om ander wat die werk van God doen, te diskrediteer en teen hulle akademiese agtergrond te diskrimineer. Hulle vrees nie oor mense se siele wat verlore gaan nie, maar vir elke sent wat dalk in die “sektes” se sakke kan beland. Die Bybel se bestaansreg vir ‘n denominasie en die ontvangs van donasies sentreer nie rondom bedelary en kwitansieboek-manipulering nie, want God sê:

So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. (1 Kor. 9:14).

      Die Boerevolk word reeds finansieel deur ‘n kommunistiese regering geruïneer. Hoe is dit moontlik dat die kerk ook nou swaar finansiële laste op mense lê? Vir sommige is die evangelie beslis ‘n wins. Daar word selfs oor tiendes gepreek en by geleentheid is daar vir mense gesê dat hulle “God se geld steel” omdat hulle dit nie vir die kerk gee nie!  God het geen denominasie in die lewe geroep nie en daarom kan niemand staatmaak op die valse stelling dat God se geld gesteel word, asof God eksklusief aan ‘n sekere denominasie behoort nie. Godsdiensinstansies wat deur die Here gebruik word, is slegs ‘n middel tot ‘n doel.

      Sommige steel wel naïewe mense se geld uit hulle beursies deur manipulasie, net soos wat iemand ‘n dooie wurm voor ‘n blinde hoenderhaan sal wegsteel. Indien enige leek die kerkkas- en tiende-leuen preek, skei uself van hom af, want hy is lief vir geld en die Bybel leer dat liefde vir geld die wortel van alle kwaad is.

      Leser, die skathuis van Maleági 3:10 was deel van die tempel in die Ou Testament. Die kerkgebou in die Nuwe Testament vervang nie nou die Ou-Testamentiese tempel nie. Paulus leer uitdruklik dat die Heilige Gees vandag in ons liggame woon wat tempels van die Heilige Gees is. Die verbondsteologie het deeglik daarin geslaag om onvaste siele finansieel met nog 'n leuen droog te melk. Hulle sê vir hulle lidmate dat hulle denominasie se kerkkas die skathuis van Maleági 3:10 is en dat die tiende nou na die “kerk se kerkkas” toe moet kom. Hierdeur verwerp hulle die Nuwe Testamentiese tempel wat in werklikheid die gelowige is.

      In die Ou Testament, nadat God se heerlikheid en teenwoordigheid die tempel verlaat het, het Hy nooit weer sy intrek in geboue geneem wat deur mensehande gemaak is nie. Inteendeel, Hy bewoon nou geredde mense en noem ons liggame “tempels” van die Heilige Gees (1 Kor. 6:19). Die rede waarom die skathuis-kerkkasleuen verkondig word, is om deur sielkundige druk, Skrifverdraaiing en hebsug, blindes te beroof. Indien enige denominasie of predikant die Skrif bewustelik verdraai ter wille van sy eie voordeel, kan so 'n vergadering beslis, soos in Bybelse taal, 'n “rowerspelonk” genoem word.

      Materialistiese predikante beskou hulleself as hoogsbetaalde profes­sio­nele mense. Baie van hulle hou van titels, hoë lewenstyle en in baie gevalle is hulle van die rykste in die gemeenskap. Sommige handhaaf hierdie status weens hulle selfvergoddelikende troonposisie bo ander mense. Net soos misleides in die Ou Testament afgodsoffergawes aan die Baälpriesters moes bring, gee mense somtyds teen hulle sin en onder dwang van die kollektante, geld aan moderne priesters. Waarom word die gee van liefdesgawes nie oorgelaat aan blymoedige gewers nie? Die hoofrede is dat indien alle bedelary, geldinsamelingsfoefies en manipulasie gestaak sou word, sal baie godsdiensorganisasies hulle deu­re moet sluit om dit nooit weer oop te maak nie. Die bedel-denomi­na­sies word ook nie deur die Here in stand gehou nie, net so min as wat Hy die skatryk Rooms-Katolieke denominasie aan die gang hou.

      Nêrens leer die Nuwe Testamentiese kerk ná Jesus se opstanding dat tiendes aan die tempel, skathuis, of denominasie gegee moet word nie. Elke organisasie wat die werk van God met opregtheid doen, het finansies nodig. Indien daar siele in ‘n gemeente gered en Christene op­ge­bou word, afgesien wat die naam van die denominasie is, dra dan by sonder om te twyfel.

      Vir die werk van God beveel Paulus dat Christene moet gee, nie deur bevel nie, maar volgens hulle voorspoed (1 Kor. 16:2). Paulus waarsku sterk teen “afpersing” van geld. Die broeders word gevra om deur ‘n vrye wil die liefdesgawe in gereedheid te kry:

… as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie. (2 Kor. 9:5).

      Baie hedendaagse predikers, wat in die meeste gevalle geen kennis van 'n geloofslewe het nie, pers mense af deurdat hulle hierdie siele onder 'n skuldgevoel inpreek. Dit is vreeslik om in die hande van die lewende God te val. Jakobus sê ons moet nie “baie leermeesters wees nie”, want ons sal 'n swaarder oordeel ontvang!

      Nêrens leer die Skrif in die Nuwe Testament dat daar tiendes aan 'n skathuis, tempel of denominasie betaal moet word nie. In werklikheid is dit diefstal van God se geld deur die duiwel as hy kinders van God se geld gebruik om dooie instansies te finansier. Kinders van God wat enig­iets finansieel ondersteun wat nie uit God is nie, help die duiwel om sy werk teen God se koninkryk voort te sit.

      Die verbondsteoloë oorleef steeds deurdat hulle die wettisisme en werke-godsdiens van die Jode in die ongelowige harte van baie mense aan die gang hou. God het nie tiendes van sy kerk gevra nie, want Hy het geweet dat Israel se finansiële stelsel nie in die verskillende ekonomieë van die wêreld sou slaag nie. Die Here self was die Meesterbeplanner agter Israel se ekonomie. In die res van die geskiedenis het regerings hulle eie stelsels ontwikkel om hulle burgers maksimaal te belas, en daarom het God nie ‘n reël oor tiendes vir die kerk neergelê nie.

      Tans bestaan daar BTW, ongeveer 50% belasting op brandstof, inkomstebelasting, in- en uitvoerbelastings en derglike dinge waarvan die man op straat nie eers kennis dra nie. Sommige mense betaal maklik tussen 50 en 60 sent uit elke rand aan verskeie vorms van belasting. Verder word die boere besteel om ‘n bodemlose put te finansier. Onge­lukkig vergeet baie mense, o.a. sekere Engelse en Afrikaanse Gerefor­meerde denominasies se lidmate, dat onder die bevel van hulle huurling-priesters die huidige regering ingestem is. Die bose kringloop is dat mense godsdiensinstansies finansier wat ‘n kommunistiese regering aan bewind gebring het en wat nou op verskillende maniere die volk se geld bekom. Die slang het homself dus aan sy eie stert gebyt. Hierdie predikante moet nie as gelowiges in die Here beskou word wat volks­belange op die hart dra nie, maar eerder as “Comrades”. Hulle moet ook solidariteit met hulle nuut verkose regering toon en eerder ‘n hamer en sekel op die kerktoring sit. Aan die ander kant is ‘n hoenderhaan in Bybelse konteks weer ‘n simbool van Petrus wat Christus verloën het.

      In Israel sou ‘n boer onder die wet 10 skape uit elke 100 aan die tempel gelewer het en soms 5 uit elke 100 aan die koning.  Dit was dus 15 skape in totaal uit ‘n lammeroes van 100. As alle belastings in ag geneem word sal ‘n boer wat vandag 10 skape se opbrengs uit ‘n hon­derd aan die kerkkas moet gee, baie meer as tien skape moet verkoop om soos boere onder die wet dieselfde tiende te kan gee. Die boere van ouds het ook nie grond gekoop nie, aangesien die Here die hele land aan hulle gegee het. Vandag se boere koop ten duurste grond; betaal hoë rente; word ongenadiglik geteister met belastings; moet veg teen die elemente; rowers; moet oorleef onder ‘n kommunistiese regering en dan word hulle ook nog van kansels af geteister. Ek vra asseblief net 'n bietjie meer genade vir my volk. Boere vandag lewe, of oorleef, in totaal ander om­standighede as in die Ou Testament en kan onmoontlik nie verder met tiendes belas word nie.

      God het sy volk beveel om tiendes van hulle netto wins te gee. Predikante het hier die wet ook weer verdraai en dit aangepas dat ons nou op ons bruto inkomste ‘n tiende moet betaal. Paulus leer nie ‘n bruto omset-tiende of selfs nie eers ‘n tiende in beginsel nie. In ‘n sekere deno­minasie word die tiendes wat lidmate moet betaal, vir hulle uitge­werk. Sal ons Jesus se woorde hier herhaal: “Wee julle, wetgeleerdes en Fari­seërs…”!

      Selfs Jesus se woorde oor die tiende word uit verband geruk. Jesus het self gesê dat aan God gegee moet word wat Hom toekom. Hier verwys Christus beslis nog na die tiende van die Ou Testament, want Hy was toe nog self onder die ou verbond en die wet. Eers ná die kruisiging en ontstaan van die kerk verval die wet oor die tiende en word die lief­des­opdrag van dankoffers aan blymoedige gewers gegee.

      Die liefde van God spreek nie van swaar laste en manipulering nie. Alles is vrywillig en die mens oefen ook as liefdesdade vrywillige keuses uit. Die verbondsteologie is weer eens ‘n verwerkte Judaïsme en wetti­sisme. Genade en vryheid word daarin vermis. Liefde word nie op klip­tafels geskryf nie, maar in die harte van mense.

 

4.  Die Priesteramp in die Ou
Testament Leef Voort

Net soos die onderhouers van die wet besprinkeling in die plek van die besnydenis plaas en die kerkkas in die plek van die skathuis in die tempel, plaas die skokkende toepassing van die verbondsleer predikante van hierdie skool ook in die plek van die priester van die Ou Testament. Die leser sal nou ontdek dat die priester-predikant net ‘n verwerkte rol van die Ou Testamentiese priester vervul.

      Die hedendaagse denominasies is in die meeste gevalle 'n herlewing van Judaïsme. Deurdat hulle die skathuis met die kerkkas van 'n sekere denominasie vervang, word die priester-predikant gevolglik nou ook die priester van die tempel, soos in die Ou Testament. Daarom sentreer mo­der­ne wettiese teoloë se leerstellings rondom die reuk van die dood tot die dood. Dit sentreer om die tien gebooie op kliptafels, asook werke-saligheid, en nie rondom geestelike lewe, genade en liefde nie.

      Die logiese gevolgtrekkings van hierdie lering wat die tempel deur 'n denominasie vervang en die skathuis met die kerkkas, is die moderne predikant wat die priester se plek inneem. Hierdie stelling is herhaaldelik in die praktyk bewys.

      Die vraag is nou: wie neem die plek van die priester in? Die antwoord is: die Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek. Alhoewel ons 'n “koninklike priesterdom” is (1 Pet. 2:9), neem Christus alleen die plek en amp van die Ou-Testamentiese priesters in. Die swart toga, of “Batman”-kleed, het in werklikheid 'n Roomse- en Grieks-ortodokse oorsprong wat dit weer op sy beurt van die Baälpriesters van die Ou Testament oor­ge­neem het. Alle studente van die geskiedenis weet dat die Rooms-Katolieke priesters sonde probeer vergewe, hulleself in Christus se plek stel en ook deel van die Babiloniese stelsel van Open. 17-18 is. Daarom dra hulle die priesterkleed en noem hulleself “priesters” wat in die plek van Christus gekom het.

      Die Gereformeerdes het by Rome probeer aanpas en goed daarin geslaag. Net soos in Rooms-Katolisisme glo die Gereformeerdes in “apostoliese opvolging”. Dit beteken dat net predikant-priesters die be­sprinkeling mag bedien, preek, huwelike bevestig en begrafnisse waarneem. Daar word soms neerhalend deur hulle na “leke” verwys wat nie die Bybel kan verklaar nie. Rome het ook vir meer as ‘n duisend jaar alle mense verbied om ‘n Bybel te besit! Net die wat deur die apostels “georden” is, mag diensknegte van God wees. Die Bybel leer nêrens dat mense georden of gelegitimeer is nie. Alle gelowiges het gawes gehad waarmee hulle die gemeente kon dien, en eenman vertonings word nie in die Bybel gevind nie. Talle predikante se verhewe troonposisie en titelbewustheid word misbruik om gesag af te dwing, eerder as om mense deur hulle voorbeeld te trek. Die rigiditeit van Calvyn se gesag toon duidelik dat Hy homself vergoddelik het. Georgia Harkness skryf van Calvyn:

One man… was put on bread and water for three days for criticizing Calvin’s sermon and saying he did not stick to his text. Another was called to account for saying Calvin instead of Mr. Calvin. (John Calvin: The Man and His Ethics, p. 51).

      Ongelukkig weet min predikante dat hulle deur hulle priestertogas, lering aangaande die tempel, die lees van die wet en skathuis met tiendes vir die wêreld wys dat hulle nog onder die wet lewe en dus die priesteramp vervang. Sodoende onttroon hulle die ewige Priesterskap van Christus en loën hulle onbewustelik die versoening. Die ernstige Bybelstudent sal nou verstaan dat predikante nie bo ander gestel mag word nie. Hulle moet dus nie vergoddelik of op 'n troontjie geplaas word nie. Inteendeel, Jesus leer dat die grootste onder ons die ander moet dien en hulle voete was.

 

5. Sabbatsonderhouding en die Wet

Die logiese gevolg van die besprinkel-besnydenis, priestertogas, tiendes vir die Leviete en die lees van die wet elke Sondag, lei ongetwyfeld ook na sabbatsonderhouding. Word die vierde gebod elke Sondag herhaal sonder dat dit ook geglo word?  Die sabbatsgebod word gelees met die uitsluitlike doel dat die Sabbat steeds van toepassing is en dat die leser daarvan steeds onder die wet is. Hier is nog ‘n belangrike bewys van die wettisisme van die “Sabbatariërs”. Die Gereformeerde liturgie is weer die bewys. Vraag 103 van die Heidelbergse Kategismus lui soos volg:

Vraag: Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: Ten eerste, dat die kerkdiens of die predikamp en die skole onderhou moet word en dat ek, veral op die sabbat, dit is, op die rusdag, met die gemeente van God ywerig moet opkom… [om] die sakramente te gebruik. (Drie Formuliere van Enigheid, p. 50).

      Dit is dus geen oordrywing om na ‘n priester-dominee te verwys wat ‘n Ou Testamentiese sabbat verkeerd verstaan nie. Verder word ‘n Roomse of geheime “sakrament” op dié dag bedien. Hierdie herlewing van die Ou Testament en sabbatsonderhouding is natuurlik heeltemal onmoontlik onder die Nuwe Verbond en word nie vir die kerk aanbeveel nie, asook nêrens in die Nuwe Testament herhaal nie. Die Sabbat het Vrydagaand tot Saterdagaand geduur. Niemand kan dus die Sabbat op Sondag hou nie. Christene het op die eerste dag van die week vergader:

Op elke eerste dag van die week (Sondag) moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie. (1 Kor. 16:2; sien ook Hand. 20:7).

      Verskeie Sabbatte is aan Israel gegee om die bevel van die Here te onderhou. Om die wet en nog ses ander Sabbatte ook te onderhou is onmoontlik en niemand onderhou die ander ses Sabbatte nie. Hoekom moet een Sabbat bo ander voorkeur geniet? Moet Sabbatsonderhouers nie konsekwent wees en al die ander Sabbatte wat God beveel het, dan ook onderhou nie?:

Spreek met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my Sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig. (Ex. 31:13).

      Die sewe Sabbatte was slegs vir Israel gegee om te onderhou. Die Sabbat was ‘n teken vir Israel alleen (Deut. 5:12-15; Ex. 20:1,2,8; 23:10-11; Lev. 25:1-7; Eseg. 20:13). Die kerk val nou onder die “tye van die nasies” (Luk. 21:24) en is nie Israel of die sg. “geestelike Israel” nie. Die Gereformeerdes beskou hulleself as die geestelike Israel van God. So­doen­de word die uitverkiesingsleer van Israel as volk geregverdig en kan hulle dus met gemak al die menslike verordeninge, soos wette, sabbats­onderhouding en tiendes leer. Daar bestaan nie iets soos die geestelike Israel nie, want die kerk het niks met Israel te doen nie. Die “geestelike Israel-teorie” van die Gereformeerdes pas ook goed in by die doop in die plek van die besnydenis asook by die Israelvisie. Hulle is nou verplig om hulleself aan Israel te verbind om sodoende hulle wettisisme te regverdig deurdat hulle elke Sondag die wet lees. Die “Israel van God” in Galasiërs 6:16 dui uitsluitlik op die onderskeid tussen die gelowiges wat uit alle nasies bestaan en Israel onder die wet (Sien ook Rom. 2:28-29). Die “Israel van God” dui ook verder op die wedergebore Jode wat sonder wets­onderhouding aan God behoort.

      Ons vra in die naam van geregtigheid dat die sabbatsonderhouers asseblief konsekwent sal wees en al die ander Sabbatte ook sal onderhou. Die Bybel leer egter dat die Sabbatte sal ophou:

En Ek maak ‘n einde aan al haar vreugde, haar feeste, haar nuwemane en haar Sabbatte… (Hos. 2:10).

      Jesus se opstanding het letterlik ‘n einde aan die Sabbat gemaak. Die kerk herdenk nie die Sabbat onder die wet nie, maar die sabbatsrus en opstandingsdag van die Here Jesus en sy genadewerk aan die kruis (Heb. 4). Nêrens word daar 'n bevel in die Nuwe Testament gegee om die Sabbat en ander O.T. wette te onderhou nie, want die “wet en die profete was tot op Johannes” (Lukas 16:16). Vraag 103 van die Kate­gis­mus onderstreep opnuut die Gereformeerdes se verbondsteologie. Dit is ook duidelik dat die kerk Sondag as die eerste dag van die week gebruik om bymekaar te kom (Heb. 10:25; Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2). Dit is ook waar dat die meeste predikante, veral in Gereformeerde kringe, die wet en genade nie reg verstaan nie. Hulle bring volgens Paulus weer 'n sluier oor die lidmate deur hulle onder die wet te plaas. Die Sabbat was deel van die ritus van die tien gebooie (Die KJV Leerboek oor 2 Kor. 3).

      Dié praktyk bewys ook onomwonde hierdie wettiese werke-godsdiens van die vormgodsdienstiges. Hulle mag die hele week in sonde lewe, maar Sondag, of die sg. Sabbat, is 'n heilige dag en nou gaan hulle kerk toe om sondebelydenis te doen. Hulle heg saligheidswaarde aan 'n dag, 'n gebou, luister elke Sondag na die wet en word sodoende opnuut versluier, terwyl niemand die wet kan onderhou nie. Die wet, insluitende die sabbatsgebod wat elke Sondag gelees word, word uitdruklik in die Nuwe Testament verbied:

Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. (2 Kor. 3:14).

      Die wet is o.a. gebruiklik in die Sinagoges gelees en dít was die “le­sing van die Ou Testament”. Hier vind ons een van die duidelikste bewyse dat die Gereformeerdes onder die wet lewe, bedek of versluierd is en nie onder die genade val nie. Christus het die wet “vernietig” en die “bedekking” weggeneem. Alhoewel Paulus die lees van die wet verbied, verwerp die Gereformeerdes dit en gaan voort met die versluiering van sabbatsonderhouers en die lees van die wet. Die praktyk en die Woord bewys ook dat die letter doodmaak (2 Kor. 3:6).

      Alhoewel nege uit die tien morele gebooie in die Nuwe Testament herhaal word, word die vierde gebod nêrens herhaal nie. Die predikers wat hulle volgelinge sabbatsonderhouding leer, neem deel aan 'n her­lewing van Judaïsme onder die ou verbond. Hulle vergeet dat dit “verander” het en naby die “verdwyning” is (Heb. 8:13). Dit het Paulus gesê nadat die nuwe verbond in werking getree het. Paulus sê ook:

As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge – soos raak nie, smaak nie, roer nie aan nie – almal dinge wat deur die gebruik bestem is  om te vergaan – volgens die gebooie en leringe van mense wat, alhoewel dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. (Kol. 2:22-23).

      Paulus ag al die dae gelyk:

Die een ag die een dag bo die ander (Jode), die ander ag al die dae gelyk (be­keerde heidene). Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. (Rom. 14:5).

      Die onderhouding van ‘n Judaïstiese sabbatsgodsdiens is 'n aanval op die genadedispensasie van die Nuwe Testament en word juis deur Paulus in die Galasiërbrief aangespreek. In die praktyk kan ons sien waar­om miljoene die Sabbat wil onderhou. Hulle geestelike doodsheid spreek daarvan dat hulle nog nie die opstandingslewe van Jesus Chris­tus op die eerste dag van die week verstaan nie. Christene moet breek met “insettinge van mense”. Oorlewering van Judaïsme soos die wet, Sabbat, gee van tiendes, dra van togas en besprinkeling-besnydenis is deel van hierdie oorlewering. Paulus waarsku ernstig teen die wettisisme van die Jode:

Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie… Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. (Gal. 5:1,4).

      Die tendens onder die Gereformeerdes is dat die genadeverbond met die wet vervang word.  Die feit dat die wet wat op kliptafels geskryf is, elke Sondag gelees word, dui op die wettisisme van die sabbats­onder­houers. Hulle plaas hulleself weer onder die wet en sal dus ook onder die wet veroordeel word. Niemand kan die wet in die plek van die genade plaas nie. Die wet was slegs ‘n “tugmeester” na Christus toe en nie ‘n saligmaker nie. Die wet en werke-godsdiens staan lynreg teenoor Christus se saligheidsleer van genade, geloof en bekering.

      Geliefdes, ek vertrou dat u genoeg gehad het van Judaïsme, Rome, vervalle Protestantisme, geldbedelary, psigiese manipulering en duiwel-geïnspireerde skuldgevoelens. Mag God ons help om slegs die onver­valste melk van sy Woord te drink en vaste spyse van die hemel te eet. Moet ook nie langer heen en weer geslinger word deur elke wind van lering of mensgemaakte dwalinge wat u veroordeel nie. Die ganse evangelie is vryheid, nie binding nie; dissipline, nie wanorde nie; vreugde, nie straf nie; getrouheid, nie onsekerheid nie; sielerus en nie oordeel nie.

6. Wie is die Kerk?

Wat leer die Bybel aangaande die merktekens van die kerk? Is dit die wet sonder liefde, afpersing, vervelige preke uit preekbundels, same­koms­te waar mense sit en slaap en emosionele wroeginge wanneer kollektante aan die voordeur klop? Is dit ‘n plek waar gewetens gesus word, waar mense in die gehoor gestreel word, waar die grootste son­daars van die dorp somtyds op die voorste gestoeltes sit en waar die nuutste modes vertoon word? Is dit ‘n organisasie wat onder die besker­ming van ‘n valse godsdiens mense onder sensuur plaas wat hulle op ‘n skriftuurlike manier laat doop het? Is dit die lewenswyse waar lidmate ná die erediens die preek vergeet en geensins oor die Here praat nie? Is dit die kerk waar diakens met geel-gerookte nikotienvingers die nagmaal bedien? Is dit die lidmate met die beperkte Bybelkennis wat tekste ge­reeld uit verband ruk? Hulle ken gewoonlik net drie tekste, nl. dat Jesus water in wyn verander het, dat ons alle dinge moet beproef, en dat ons nie moet oordeel nie.

      Vir die ontstaan van die Gereformeerde denominasies, asook die verval en geestelike standaard van die beweging, moet na ‘n paar aan­halings van Martin Luther en Calvyn gekyk word. Die ganse Gerefor­meerde beweging se fondament word op die werke en teologie van Luther en Calvyn gebaseer. In die Sondagskool word hierdie Hervormers as groot geestelikes voorgehou, terwyl hulle leerstellings en morele lewens nie met die Bybel klop nie. Kinders word geleer dat die Hervor­mers Protestante was wat teen Rooms-Katolisisme geprotesteer het. Hulle leer egter nie dat die sg. Protestante van vandag Roomse teolo­giese werke op hulle universiteite doseer nie. Die Gereformeerdes is hoegenaamd nie meer Protestante nie, maar slegs nie-Katolieke. Hulle protesteer nie meer teen Rome nie, maar soek nou al die “raakpunte” om met hulle saam te loop.

      Luther se Skrifbeskouing laat veel te wense oor, want hy sê:

Wherever the Scriptures order and command to do good works, you must understand it that the Scriptures forbid good works. (P.F. O’Hare: The Facts About Luther, p. 114-6).

      Op talle plekke van Luther se werke verwerp hy dele van die Heilige Woord van God. Hy was anti-Semities en het selfs ‘n boek teen die Jode geskryf. Dit is geen wonder dat hy probleme met Moses gehad het nie, want hy sê:

Moses must ever be looked upon with suspicion, even as upon a heretic, excom­mu­ni­cated, damned, worse than the Pope and the devil… If Moses should attempt to intimidate you with his stupid Ten Commandments, tell him right out: chase yourself to the Jews. (O’Hare. P.F., ibid, 115-117; 311-319).

      Oor die vyf boeke van Moses sê Luther: “We have no wish either to see or to hear Moses.” Luther beskou die boek Job as “merely the argu­ment of a fable”, hy verwerp die outeurskap van Paulus wat die boek Hebreërs geskryf het, en Jakobus noem hy ‘n “epistle of straw”. Hy ver­werp Openbaring, Jona, Ester en beskou die sinoptiese evangelies as minderwaardig teenoor Johannes se evangelie, en tóg plaas hy hulle almal in sy Duitse vertaling van die Bybel. Is dit nie ‘n flagrante weer­spreking nie?

      Oor poligamie, egbreek en hoerery sê hy:

I confess that I cannot forbid a person to marry several wives, for it does not contradict Scripture… Take an ordinary, honest girl and keep her secretly in a house and live with her in secret marital relations... The secret marital relations of princes and of great gentry is a valid marriage before God and is not unlike the concubinage and matrimony of the Patriarchs. (O’Hare, P.F., ibid, p. 329, 330-6).

      Luther beskerm egbrekers soos volg:

It is time for the husband to say to her: ‘If you don’t want to, another does; if the wife is unwilling, let the servant girl come…' I am inflamed with carnal pleasure, while I ought to be fervent in spirit. I am on fire with the great flame of my unbridled flesh and sit here in leisure and laziness, neglecting prayer… Women must be used either for marriage or for whoredom. (Heinrich Denifle: Luther and Lutherdom, p. 17, 12, 124).

      Ander Hervormers het ook, soos Luther, losbandig  gelewe. Tyd en plek ontbreek om die booshede van Martin Bucer, Theodore Beza, Hul­dreich Zwingli, Heinrich Bullinger, Thomas Cranmer, William Farel, John Knox en Phillip Malanchthon aan die lig te bring. Hulle was almal onge­nadiglike onderdrukkers van die Baptiste. Luther is deur talle Duitsers as ‘n leuenaar beskou. Hy skryf self:

What would it matter if, for the sake of greater good of the Christian Church, one would tell a good, downright lie? (O’Hare, ibid, p. 333).

      Nadat Luther God se Woord tot die vlak van die Koran verlaag het, poligamie, egbreuk en leuens regverdig het, verstaan ons waarom hy dit kon skryf. Is dit reg om Luther vir Sondagskoolkinders as voorbeeld van ‘n ware Christen voor te hou? Volgens feite uit die geskiedenis was Luther baie keer besope en het dikwels Bacchus se lof besing! Hy skryf self die volgende:

I sit here idle and drunk. I drink more heavily, babble the more loosely, and drink the more frequently… to mock and to vex the devil. I eat a lot like a Bohemian and drink a lot like a German. (Denifle. p. 111-3).

      Luther se vuil taal, regverdiging van die grofste sondes, arrogansie, bla­tante verdediging van die Roomse besprinkeling en Mis, sy onver­draag­saamheid teenoor andersdenkendes en die tragiese gevolge van sy Skrifbeskouing, weeg egter nie op teen Calvyn se moorddadigheid nie (Sien bylaag 3 oor Calvyn se aandeel aan Michael Servet se moord). Calvyn se gesag in Genève is met ‘n genadelose wreedheid deur sy staatskerk afgedwing. Sy fanatiese houding om alles en almal se privaat lewens te regeer, spreek van sy harde, psigopatiese persoonlikheid. Hoe skokkend hierdie stelling ook al mag klink, Calvyn se werklike sondige hart word in sy eie geskrifte weerspieël. Alle verdedigers van Calvyn se aandeel op Servet se moord, sal vir altyd moet swyg ná die volgende stelling uit sy eie mond:

Do not hesitate to rid the country of those fanatical fellows who in their conversation seek to excite the people against us… and would fain make our belief pass as a revery; such monsters ought to be strangled, as I did in the execution of Micheal Servetus. (Martin Spalding: The History of The Protestant Reformation, Vol. 1:381).

      Calvyn se uitverkiesingsleer het ‘n droom geword waar God se skep­sels saligheid en blydskap sonder hulle eie toestemming in Genève moes ontvang. Alles was afdwingbaar met die swaard in die Utopia van geweld teen Baptiste, die vermoording van “ketters” en tronkstraf vir die wat Calvyn teenstaan. Genève het eerder ontaard in ‘n Ethiopië van gees­telike ondergang, kerklike hongersnood en emosionele teistering. Die voorbeeld van Calvyn se kerk het vandag nog dieselfde haat wan­neer ware kinders van God met Gereformeerdes verskil. Hulle verloor hulle humeur as hulle in ‘n hoek gedryf word, en dit spreek duidelik van hulle onkunde. ‘n Humeur is maar deel van verdedigingsmeganismes, asook kwaadspreek en om mense wat hulle as gelowiges laat doop, onder sensuur te plaas en hulle die nagmaal te weier. Calvyn se venyn en haat in woorde was gewoonlik sy uitkoms. Hy skryf byvoorbeeld soos volg aan een van Luther se volgelinge:

Dog, do you understand me? Madman, do you comprehend me? (James Bossuet: History of the Variations of the Protestant Churches, Vol. 1:335).

      Dit is die algemene prentjie van die stand en status van die meeste Gereformeerdes wat ware kinders van God wat gedoop is, tot ketters reduseer. Dit is die fondament van dr. Willie Marais se kerk saam met wie hy gedoopte mense deur die jare in ‘n akademiese sin vervolg het. Hy het hulle selfs direk aan valse profete en dienaars van die duiwel gekoppel. Die verval in hulle geledere kan nie meer gekeer word nie en die wat vir herlewing bid, moet eerder onder hulle uitgaan soos die Bybel ons leer. Ons moet die heiligmaking najaag saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep, en nie sit in die kring van die spotters nie!

      Genoeg bewyse is gelewer dat die boustene van die Gereformeerde fondament uiters goddeloos is. Die Gereformeerdes se toets in hulle aandeel aan die oorgawe van die land aan die kommuniste, het bewys ge­lewer dat hulle geen sout het nie. Die hele beweging is in sy kern ver­rot en kan nie meer herleef nie. Hulle wil hulle verootmoedig oor die land se toestand wat hulle veroorsaak het, maar sonder ‘n ware berou of bekering. Hulle verootmoediging sonder die erkenning van hulle wan­dade en sameswering om ‘n volksmoord te pleeg, is net so goed as om ‘n baksteen met versiersuiker te versier!

      Nadat die NG-denominasie die pinksterbewegings, by name die AGS, die Volle Evangelie Kerk en alle gedoopte mense saam met die Sewendedag-adventiste, Mormone en die Jehovasgetuies as sektes geklassifiseer het, impliseer hierdie denominasie dat hulle die enigste en ware kerk is (Glo en Bely, p. 203-228). Die Afrika Evangeliese Bond (AEB) is ook tot sektes verdoem, terwyl hulle seker onder die voorste organisasies tel wat siele vir God in Suid-Afrika gewen het. Volgens die grammatikale uiteensetting van die woord “sekte” in Afrikaans en Grieks, is die NG-denominasie self die grootste sekte in Suid-Afrika (Sien Bylaag 1 vir die verklaring van die term). Hulle verklaar onomwonde dat die besprinkeling hulle in die ware kerk plaas, asook dat die besprinke­ling die andersheid aantoon tussen die ware en vals kerk (Glo en Bely, p. 242). Voorts beskou die NG-denominasie haarself uit die volgende aanhaling as die ware kerk:

Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende:… die sakra­mente suiwer bedien (m.a.w. die besprinkeling of “sacred ritual”) …en die kerklike tug gebruik om sondes te straf… (behalwe die homoseksuele en dronkaards in hulle geledere) en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie… (behalwe die wat weier om gemanipuleer te word) en wat die valse kerk oor sy  euwels, gierigheid en afgode bestraf (behalwe predikante wat saam met Hindoes sit wat afgode aanbid). (Glo en Bely, p 240. Stellings tussen hakkies my eie).

      Indien die Gereformeerdes die ware kerk is, is daar regtig bewyse dat hulle sondes, euwels, afgode en gierigheid “bestraf”? Wanneer word al die predikante met drankprobleme asook egbrekers, dobbelaars en die wat bedrog pleeg, geskors? Sal die sinode die “heiliges” wat ander valse godsdienste erken, tug? Die ware en eerlike prentjie is eerder dat hulle geen sondes meer straf nie, maar dit eerder goedpraat.

      Volgens hierdie denominasie is alle kerke wat nie hulle kinders be­sprinkel nie, sektes. Dit sal hulle, wat die besprinkeling  betref, saam met die Rooms-Katolieke in dieselfde doolhof van onbybelse leringe van die saligheidsdoop plaas. Die volgende stelling bewys ook die subtiele in­sinu­asie dat die NG-denominasie die kerk van die Here is:

As jy na die geskiedenis van ons kerk kyk, sal jy saamstem: die Here is goed – Hy het sy kerk bewaar. (Glo en Bely, p. 199. Beklemtoning my eie).

      Kan dit wees dat die NG-denominasie die Here se kerk is, terwyl hulle geen euwels aanspreek nie? Geliefdes, die grootste sekte in ons land het die ware kerk vervolg toe ons teen die kommunisme gewaarsku het. Linkse Gereformeerde huurlinge het gewilliglik terme soos “versoe­ning” en “hervorming” misbruik om saam met die NP-, NG- en Broe­der­bond-alliansie, die volk te oorreed om hulleself te verkoop vir minder as dertig silwerstukke of ‘n pot lensiesop. ‘n Land wat met bloed, trane, sweet, moeite, harde werk en gebede opgebou is, is verniet aan die teëstanders van die Christendom weggegee. Nou sit al die Gerefor­meer­des rustig in die sektes se gemakstoele asof niks gebeur het nie. Dink asseblief vir uself en moenie langer rondgeslinger word deur elke wind van lering nie.

      Valse denominasies laat lankal homoseksuele as lidmate toe. Indien enige persoon dit wil betwis, skakel self die kantore van die verskillende streeksinodes en vind vir uself uit wat die bepaalde sinode i.v.m. hierdie saak glo. Prof. M. Janson, die groot beskermheer van die homoseksuele, kan ook oor hierdie aangeleentheid gekontak word. Talle Gereformeerde teoloë glo reeds dat homoseksuele waarlik Christene is, mag trou en lidmate van die valse denominasies kan word. Oor die jare het kinders van God gesidder oor Janson se verklarings dat homoseksuele ook Christene en broers in die Here is.  Enige organisasie wat die Woord van God in enige verband verdraai om homoseksuele te akkommodeer, is vals. Die toorn van God het reeds losgebars oor ‘n afvallige volk en ons moet ons eerder verootmoedig en berouvol bekeer!

      Terwyl die NG-denominasie ware Christene buite hulle kraal tot die hel verdoem, beskou van hulle leermeesters die Hindoes, Moslems en Rooms-Katolieke as “ware gelowiges wat dieselfde god as ons dien". Dr. Boesak, wat natuurlik sy Gereformeerde teologie letterlik opneem, dr. Desmond Tutu wat Jesus as ‘n moontlike buite-egtelike kind beskou en dr. Beyers Naudé wat saam met die ANC en linkse bevrydingsteoloë ons volk vir jare uit die buiteland teengestaan het, was alreeds sprekers op die grootste sektes se kansels. Gelukkig val die valse organisasies soos die mure van Jerigo en die groot afgod Diana van die Efesiërs. Die heel grootste sekte akkommodeer selfs volksvreemdes, kommuniste, bevry­dingsleke, en homoseksuele in hulle vergaderings. Hierdie superheiliges, volgens hulle eie liturgie, is nie deel van die kerk van Jesus Christus nie en dra beslis nie die Bybelse merktekens van ‘n fundamentele kerk nie.

      In artikel 36 van die Nederlandse  Geloofsbelydenis (NGB) vind ons nóg skokkende stellings. In hierdie Hollandse artikel vind ons die onver­draagsaamheid van Luther en Calvyn.  Hierin word die staat die mag gegee om met die “swaard” kwaaddoeners te straf. Dit dui verder on­om­wonde op die onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe en anders­denkendes as die owerheid ook aangestel word om “alle afgodery en valse godsdiens uit te roei”. Die goeie nuus is egter dat die staatskerk nie meer ‘n staat het om te gebruik nie. Die NGB beweer dus in die artikel dat alle afgodery, valse godsdiens en wederdopers “oproerige mense” is en dus die “kwaaddoeners” is wat met die “swaard” gestraf moet word. Die artikel lui verder só:

Hierom verwerp ons die wederdopers en ander oproerige mense in die algemeen...

      Walter Köhler, ‘n Protestantse skrywer, verwys na Luther se dikta­to­ri­ale gesindheid m.b.t. die eksklusivisme van sy siening oor die kerk:

In Luther’s case it is impossible to speak of liberty of conscience or religious free­dom… The death-penalty for heresy rested on the highest Lutheran authority… The views of the other reformers on the persecution and bringing to justice of heretics were merely the outgrowth of Luther’s plan; they contributed nothing fresh. (Reformation und Ketzerprozess, p. 29).

      Die Protestantse inkwisisie is op Augustinus en Luther se voorstelle gebou om o.m. “ketters” of die Baptiste te dood. Luther is dus aandadig aan baie mense se marteling en moord wat teologies met die Hervor­mers gebots het. Almal buite die Gereformeerde beweging is vervolg. Mense is onder die diktatorskap van Luther vrywillig verplig om aan sy unieke “evangelie” deel te neem.

      Neander, nog ‘n Protestantse geskiedskrywer, sê:

Luther’s views would justify all sorts of oppression on the part of the State, and all kinds of intellectual tyranny, and were in fact the same as those on which the Roman Emperors acted when they persecuted Christianity. (H. Grisar: Luther. Vol. 6:266-8).

      Luther het, net soos die Katolieke, Christene vervolg en val dus in die­selfde kategorie as Nero of die pouse. Prof. B.B. Keet vergelyk Luther se staatskerk selfs met kommunisme. Hy verwys soos volg na Luther se stelsel:

Die beginsel word uitgedruk deur die formule: cujus regio, ejus religio (aan wie die landstreek behoort, aan hom behoort die godsdiens). En so het die Lutherse stelsel, ook die territoriale stelsel genoem, die kerklike mag in die hand van die staat geplaas en die kerklike regering as deel van die landelike regering beskou, wat deur middel van wetgewing kerklike belasting op sy onderdane kan lê. Die swakheid van die stelsel het oorvloedig geblyk in die jongste verlede, insonderheid onder die Nazistiese en Kommunistiese regerings. (B.B. Keet: Orde In Die Kerk, p. 26).

      Luther se godsdiensoutokrasie, soos in Katolisisme, en sy liefdelose manipulering, word baie duidelik deur prof. Keet beskryf:

By die Roomse en Lutherse, word die kerk nie as vergadering van gelowiges beskou nie, maar as heilsinstituut wat die genademiddele (Woord en Sakrament) ten behoewe van die mens uitdeel… (Keet, ibid, p. 26).

      Almal in ‘n bepaalde stad of dorp was onder Katolisisme, of die be­kende Protestantse staatsamptenare, verplig om die plaaslike gods­diens te ondersteun. Die genademiddele is ongenadiglik deur die “heilige magi­strate” op mense afgeforseer. Harkness, ‘n Protestant, verwys soos volg na Calvyn:

There was little political liberty in Geneve under Calvin’s regeme, and still less of religious liberty. His practical influence was on the side of an autocratic state and complete conformity of the individual to the established powers. (Georgia Harkness: John Calvin. The Man And His Ethics, p. 222).

      Calvyn en Luther se stempel is beslis op die NGB afgedruk. Artikel 36 se gees van outokrasie word in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gevind, en dit staan nog steeds in die liturgie van die Gereformeerdes. Die NG-denominasie was beslis ‘n staatskerk volgens die model van Calvyn se kloosterstad en uitbouing van Konstantinisme, of Konstantyn se staatskerk. Konstantyn het die staatskerk bevorder soos Rome voor en na hom ook gedoen het. Augustinus het daarop voortgebou en het selfs die Bybel misbruik om te bewys dat ketters verplig mag word om die kerk se teologie te aanvaar. Hy gebruik o.a. Lukas 14:23 waar die Skrif leer: “…dwing hulle om in te kom…” (Latyn: Compelle intrare), om deur sy diktatoriale mag die Donatiste te onderwerp.  Calvyn staan ook hier in die ry om “ketters” deur die owerhede te laat straf en selfs te vermoor. Teologiese verskille met Luther en Calvyn het dus op ‘n oortreding teen die staat neergekom! ‘n Mens is geskok om te lees hoe Calvyn die gereg ingespan het om sy emosielose teologiese despotisme te verdedig. Hy skryf:

As the magistrates have the duty of purging the church of offences by bodily punishments and coercions (verpligtinge wat o.a. op Servet se moord neerkom) so do the ministers have the duty of assisting the magistrates by reducing the number of those who offend. (L. Verduin, ibid, p. 58. Beklemtoning my eie).

      Die opskorting van godsdiensvryheid gaan verder terug as Calvyn, Luther, Konstantyn of die Fariseërs in Jesus se tyd. Plato skryf in sy “Laws”:

Let this be then the law. No one shall possess shrines of the gods in private houses, and he who is found to possess them and to perform any sacred rite not publicly authorized… let him be punished with death. (Verduin, ibid, p. 135).

      Die fondament van die Gereformeerdes is dus nie godsdiensvryheid nie. Luther, Calvyn en hulle geesgenote volg duidelik in die voetspore van ‘n afgodsdienaar soos Plato.

      Die alliansie van die NP, NG en Broederbond, het presies dit gedoen waarteen artikel 36 waarsku: om die regering se mag omver te werp. In hulle kapitulering voor die nuwe wêreldorde het hulle ook hulle eie mag onder druk prysgegee. Prof. W. Jonker bely selfs by die Rustenburgse godsdiensoorname en skandaal van die Afrikanervolk, dat die kerk en staat en vice versa saamgespan het:

Sommige van ons het gewillige instrumente van die staatsmasjien geword (par. 2.7). Ons erken ook dat in ons land die staat die kerk dikwels ingespan het. Die kerk het dikwels getrag om van die staat beskerming van sy eie gevestigde belange te kry. Ons geskiedenis kompromitteer ons geloofwaardigheid wanneer ons kerk-staat-aangeleenthede hanteer. (par. 4.2.1).

      Daar is die bewys van die staatskerk en sy “staatsamptenare” uit die mond van prof. Jonker se eie “belydenis” by sy Rustenburg- en volks­verraad. Selfs Tertullianus het vroeg reeds staatsinmenging en outo­krasie verwerp deur sy bekende “Quid est imperatori cum ecclesia?” (Wat het die keiser met die kerk te doen?). Selfs prof. Jonker se “belydenis” spreek van ‘n manipulasie waar hy teen die grein van talle Boere se oortuigings namens hulle voor die liberaliste gebieg het. Hy het namens die ganse volk gebieg en het nie die Boere daaroor gekonsulteer nie.

      Moet Gereformeerdes nie eerder ‘n hartroerende belydenis doen oor hulle deelname aan vals godsdiens, imperialisme, Calvinisme, vervol­gings­waansin op Christene wat andersdenkend is, Babiloniese literatuur, onbybelse katkisasie- en gesangeboeke, wettisisme, asook ‘n volks­moord nie? Hulle het wetend of onwetend ‘n moord onder die dekmantel van godsdiens gepleeg en die volk het dit reeds vergeet! Ons is nou, volgens verskeie oorsese koerante, aan ‘n onbevoegde en kommu­nis­tiese regering uitgelewer – dit is reeds ‘n wêreldwye erkende feit! Ware Christene uit ander bevolkingsgroepe erken ook nou dat ons ‘n dikta­to­riale regering aan die bewind het.  Zwingli het selfs in ‘n oorlog omgekom met die Bybel in die een hand en ‘n swaard in die ander. Die kerk en staat kan dus nooit vereenselwig word nie, aangesien die goddeloses die Woord van God nie reg verstaan nie en dus nie kan toepas nie.

      Die Nuwe Era Beweging se alliansie van wêreldgodsdienste ís die Antichris se godsdiens. Sommige van die NG-denominasie se hoog­heiliges sit saam met Moslems, Hindoes, Rooms-Katolieke en ander valse godsdienste en soek “raakpunte” omdat daar nou geglo word dat almal “dieselfde god aanbid”. Hulle aanbid almal beslis dieselfde god, maar alles behalwe die Drie-enige God van geredde mense soos in Handelinge 2:38-39! Artikel 36 van die NGB beweer ook dat die weder­dopers aan die ryk van die Antichris behoort. Alle Nuwe Era- en eku­me­niese bewegings wat dus steeds artikel 36 onderskryf, openbaar hulleself as die Antichris se sektes omdat hulle ander valse godsdienste erken, saam met hulle bid en vergaderings hou. Hulle bring nou die oordele van God oor ons ganse land. ‘n Mens wonder wat Elia met al hierdie valse profete sou gedoen het? Die sinode (moderne Sanhedrin) wat geen sout is nie, het nêrens en nooit hulle akademici wat met ander gelowe heul, getug nie. Hulle stem dus deur hulle stilswye saam dat Moslems en Hindoes dieselfde god as hulle aanbid.

      Die evangelie bring verlossing, vrede, sondevergifnis, blydskap en gees­telike groei. Die eerste gemeentes is deur hulle hoë geestelike standaarde gekenmerk. Mense is tot die ware kerk bygevoeg deur “die wat gered is” (Hand. 2:47). Vergaderings in die vroegste kerk is nie oorheers met ‘n getwis oor finansies en duur geboue wat óf gebou óf onderhou moes word nie. Paulus beveel ook dat slegte mense onder ons verwyder moet word sodat daar weer ‘n onderskeid tussen die ware en valse kerk mag kom. Dr. T.N. Hanekom, bekende Gereformeerde skrywer, verwys in die algemeen na die verval in sy eie geledere:

In plaas daarvan dat die Kerk uitgaan in die samelewing om sy boodskap as ‘n heiligende krag in alle hoeke in te dra, word so die hele burgerlike maatskappy in die Kerk opgeneem, met veronagsaming van die eis van die wedergeboorte, bekering en heiligmaking – die grondpilare in die evangelie van Christus. (T.N. Hanekom: Kerk en Volk, p. 50-1).

      Dr. Hanekom maak ‘n akkurate gevolgtrekking van die kerk wat die volk akkommodeer sonder dat hulle werklik gered is. Vandag word siele nie in Gereformeerde kerke gered nie, aangesien streng Gereformeerde teologie en die saligheidsdoop dit nie toelaat nie. Wanneer mense in hierdie denominasies wel die Here Jesus as Saligmaker vind, dan is dit ook te danke aan invloede van buite. Hiervan kan duisende mense getuig wat nooit gehoor het hoe hulle tot bekering moet kom nie. Daar moet weer na die Gereformeerdes se stelling geluister word oor hoe hulle die “kerk” beskryf:

Ons glo – aangesien hierdie heilige vergadering 'n versameling is van die wat salig word en daarbuite geen saligheid is nie – dat niemand, van watter stand of waardigheid hy ook al mag wees, hom apart behoort te hou en op sy eie te staan nie, maar dat hulle almal verplig is om hulle daarby aan te sluit en daarmee te verenig: om die eenheid van die Kerk te bewaar; om hulself te onderwerp aan sy onderrig en tug; hul nek te buig onder die juk van Jesus Christus en, as lede van dieselfde liggaam, onderling diensbaar te wees aan die opbouing van die broeders volgens die gawes wat God hulle verleen het. (Die Drie Formuliere van Enigheid, p. 19. Beklemtoning my eie).

      Die meeste Gereformeerdes onderskryf die Drie Formuliere van Enig­heid wat dus leer:

1.    Dat alle Gereformeerde denominasies die enigste en ware “kerk” is, maar watter een weet ons nie, want daar is baie.

2.    Almal buite hierdie denominasies het “geen saligheid” nie.

3.    Almal moet aan die Gereformeerde denominasies behoort en nie­mand mag hom “apart” hou om “op sy eie te staan nie”.

4.    Almal word verplig om “hulle daarby aan te sluit en daarmee te  ver­enig”. Sinsnedes soos: “die juk van Jesus Christus” en “as lede van dieselfde liggaam”, dui beslis daarop dat die denominasie homself eksklusief as die liggaam van Christus beskou.

      Hierdie tipiese dreigende aanhaling spreek van verwaandheid omdat hulle van regdenkendes, wat van beter dinge oortuig is, verwag  om by hulle aan te sluit. Prof. Jonker se boetedoening oor sy staatskerk en be­ly­denis daarvan was net van toepassing op die “kerk” se “staats­amp­te­nare” en almal wat aan die staatskerk behoort het. Geliefdes, is dit nie die mees onredelike verwagting van valse profete en ‘n valse deno­minasie wat bg. bedrog van die NGB-artikel 36 onderskryf nie? Eintlik behoort hulle ‘n belydenis voor God te doen oor die ongenadiglike ver­volging van die ware kerk van Jesus Christus, asook oor al die dwa­linge in hulle midde. Hierdie aanhaling is ‘n reflektering van ‘n rigiede en ongenaakbare godsdiens-inkwisisie en manipulering van onkundige men­se. Nadat siele in hierdie binding van vormgodsdiens verstrengel geraak het, word hulle nog harder en verder gefossileer.

      Die ekklesia, of “uitgeroepenes” volgens die Grieks, die gemeente, kerk of liggaam van Christus, bestaan uit alle wedergebore kinders van God oor die wêreld wat hulle in verskeie denominasies bevind. Dit is eenvoudig om te verstaan: die verbondskinders het beslag gelê op die term of titel van “kerk”. Hierdie eksklusiwiteitsindroom van die Gerefor­meerdes is 'n voortvloeisel van Calvyn se uitverkiesingsleer. Net diegene wat hulle binne die Gereformeerde denominasies bevind, is kinders van God en daarbuite is “geen saligheid” nie. Die uitverkiesing pas duidelik in by die Jehovasgetuies se uitverkore 144 000, Islam se beperkte uit­ver­kore getal deur Allah, sowel as sommige Pinkstermense wat ook in ‘n sekere getal uitverkorenes glo.  Hierdie is weer 'n herlewing van die Room­se Kerk wat beweer dat almal wat buite die Babiloniese stelsel is, verlore sal gaan. Daar is sterk teologiese ooreenkomste tussen Rome en die Gereformeerde beweging en hulle beweeg steeds nader aan mekaar. (Sien Bylaag 4).

      Die “Kolbe Society” in Pretoria het reeds in 1961 met die Gerefor­meer­des kontak gemaak. Hierdie Roomse organisasie het selfs vir dr. J. Heyns, dr. A. Hugo en dr. C. Fensham genooi om 'n reeks lesings oor Calvinisme by hulle aan te bied. Is dit nie eienaardig dat die Katolieke van die Gereformeerdes se Calvinisme hou nie?

      Sodra 'n ware wedergebore kind van God homself buite die raam­werk van vervalle Protestantisme se strukture bevind, dan kan hy nie volgens die grootste sekte waarlik gered wees nie, want daarbuite is “geen saligheid nie”. Die Rooms-apostoliese opvolging is opgeneem in die ordes van die Gereformeerdes. Slegs geordendes mag preek, asof daar deur menslike orden-ritusse aan predikante alleen die reg gegee word om op 'n kansel te staan en te preek. Die ware kerk van Jesus Christus glo aan die priesterskap van alle gelowiges. Petrus was ‘n vis­ser­man en nie een van die dissipels saam met Jesus was gelegitimeer of akademici nie. Die Bybel leer dat almal wat geroepe is mag preek, doop en nagmaal bedien, sonder ordening, grade of mensgemaakte wette.

      Die ware Christen wat homself teister oor die feit dat hy nie 'n lidmaat van 'n denominasie is nie, kan homself troos dat sy burgerskap in die hemel is (Fil. 3:20). Wat nog meer is, sy naam is in die Boek van die Lewe! (Luk. 10:20). Waarom word mense met doopsertifikate, attestate, lidmaatregisters en posisies aan ‘n denominasie verbind as dit niks met saligheid te doen het nie? Is dit nie alles middels om onskuldige siele aan mensgemaakte organisasies te verslaaf nie?

      Denominasies verval by die dag, en sodra daar in gemeentes nie meer siele gered word nie, verval hulle bestaansreg ook. Die ware kerk is ‘n hospitaal vir sondaars, ‘n sagte kussing vir vermoeides, ‘n troos vir bedroefdes, ‘n oase in ‘n woestyn en beskerming teen valse leraars. Wan­neer ‘n denominasie se bestaansreg verval, weier predikante om tou op te gooi, hulle totale mislukking te erken en op 'n eerlike wyse te gaan werk soek om hulle brood te verdien. Dan voer hulle hul finansiële melkkoeie met wettisisme, vormgodsdiens, afgewaterde Bybelse stan­daarde, preke wat mense in die gehoor streel en baie leringe wat niks met die ware geloof of die kruis te doen het nie. Die huurling drink, soos Luther, net so lekker soos die gemeentelede en dit maak dan van hom ‘n “mens-dominee”. Hulle bou voort aan vervalle Protestantisme se kerk­mure, speel kerk, politoer hulle professionalisme en misbruik die goedheid van mense. Geliefdes, mag God julle van hierdie blanke heidendom verlos, want die Skrif leer: “gaan onder hulle uit”.

      Terwyl Rome en vervalle Protestantisme nader aan mekaar beweeg, verander Rome niks nie en die sg. “Protestante” gee alles prys. Wat Rome sê, is waar:

Our separated brothers (the Protestants and Orthodox) do not see this yet, but through the constitution of the (world) council, through a better knowledge of unity and above all, perhaps, through a growing desire for unity, they are walking toward us. (Rome and the Reformed Churches, p. 17).

      Selfs in dr. Pierre Rossouw se boek: Protestantisme en die Roomse Kerk, word ‘n hartroerende pleidooi gelewer tot gesprekvoering met die Roomse denominasie. U word aangeraai om dadelik uit enige denomi­nasie te bedank as daar net 'n geringe aanduiding is dat hulle met Rome heul. Genoeg ware Christene is deur Rome, en selfs sekere Protestante, verbrand en ons moet nooit die geskiedenis van hierdie martelare ver­geet nie. Die Gereformeerde denominasies verval almal in een of ander vorm van liberalisme en staan vir niks maar val vir alles! Terwyl sommige denominasies homoseksuele as lidmate akkommodeer, twis geleerdes in die Gereformeerde kamp reeds of hulle homoseksuele mag trou of nie. Laastens is die volgende ook simptome van 'n valse denominasie:

1. As daar nie meer teen sonde gepreek word nie.

2. As predikante die wet met genade verwar.

3. As predikante sonde goedpraat.

4. As predikante rojaal lewe terwyl lidmate verarm.

5. As predikante die Skrif doelbewus verdraai.

6. As daar twis in die gemeente is oor geld en duur geboue.

7. As daar nie siele in die gemeente gered word nie.

8. As die bidure dood is of uitgesterf het.

9. As ryk mense voorkeur bo die armes geniet.

      ‘n Ware gemeente word gekenmerk deur merktekens wat uit die Skrif alleen geformuleer word. So ‘n gemeente staan vir alles wat die Woord leer en swig nie voor kompromie met die nuwe wêreldorde of valse godsdienste nie. In die ware kerk word nie teoloë gevind wat seks buite die raamwerk van die huwelik aanbeveel nie, of wat leer dat Jesus nie die enigste weg na God is nie. Die kerk werk om verlore siele te wen; het ‘n getuienis; groei geestelik; staan teen sonde en sal sondaars in liefde reghelp; sal deur valse godsdienste vervolg word maar self vervolg hulle niemand nie. Die ware kerk sal ook soos Paulus die evangelie verdedig en soos Jesus die valse godsdienste ontbloot. Hulle ken nie vrees nie, maar vrees net God. Hulle heg nie waarde aan menslike in­stel­lings nie en, waar nodig, aanvaar hulle wat God toelaat. Hulle ken die Woord van God en verag filosofie of buite-Bybelse boeke wat die Bybel moet reghelp. Hulle prediking verander mense omdat hulle suiwer op die genade van die Here vertrou. Hulle is deur die geskiedenis verag en bespot. Dit is die ware kerk van Jesus Christus wat Hom oor die hele aarde dien, of dit binne of buite ‘n denominasie is.

 

Bylaag 1:  Die Term ‘Sekte’

Voordat die term behandel word, moet daar eers na die Bybel en die woor­deboeke gekyk word:

      Die HAT-woordeboek. Sekte: Klein groep wat hom van ‘n grotere losmaak; afgesplitste geloofsgroep.

      Die  Living Webster Encyclopedic Dictionary. Sect: A body of per­sons who follow a teacher or leader, or are united by philosophical or religious tenet.

      Volgens bg. verklarings het die woord “sekte” geen negatiewe kon­no­tasie nie, want wie bepaal watter leerstelling is korrek? Die term is ook deur vyande van die kruis gebruik om Paulus en ander volgelinge van Jesus te diskrediteer:

En vyf dae daarna het die hoëpriester Ananias met die ouderlinge en ‘n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag… Want ons het gevind dat hierdie man ‘n pes is en ‘n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ‘n voorman van die sekte van die Nasareners. (Hand. 24:1,5. Be­klem­toning my eie).

      Paulus is saam met duisende kinders van God deur die eeue as lede van sektes beskou, sonder dat leke die werklike betekenis daarvan besef. Paulus sê selfs: “Maar dit erken ek voor God dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem,  so die God van my vaders dien” (Hand. 24: 14. Beklemtoning my eie).

      Volgens die Grieks is die woord sekte αἵρεσις (haíresis). Dit beteken om te kies, ‘n vorm van godsdiensoefening, dissipline of opinie (Sien: The Complete Word Study Dictionary. New Testament). Die gedagte van “ek kies”, kom dus van die Griekse woord hairesis  waarvan die woord sekte afgelei is. Dit plaas die NG-denominasie on­der dié betekenis en definisie van die woord sekte aangesien die Gere­for­meerdes weer uit die Rooms-Katolieke gekom het. Weens hul eman­sipasie van Rome is hulle ook sektes genoem. Dit plaas ook al die ander kleiner Gereformeerde denominasies onder dieselfde definisie van sekte, want hulle het weer uit die NG-denominasie gekom. Kleiner groepe wat dus nie afstig, afskeur of wegbreek uit groter groepe nie, kan dus nie streng gesproke onder die definisie val nie, veral nie ‘n godsdiensgroep wat uit verskillende denominasies ontstaan het nie. Sou ons glo dat dwaalleringe ‘n kenmerk van ‘n sekte is, dan val die NG-denominasie ook in hierdie kategorie, a.g.v. sommige wat assosieer met Moslems, Hindoes e.a. geloofsvreemdes, sowel as hulle kultusleier, Calvyn. Sou ons mense wat van ‘n ander groep afskeur as ‘n sekte beskou, dan is die hele Gereformeerde beweging sektaries. Die Gereformeerdes het gekies om uit Katolisisme weg te breek en is dus self ‘n sekte.

Bylaag 2:  Die Calvinistiese Leer

Die grondbeginsels van Calvinisme word in Engels deur die akroniem TULIP uitgedruk:

      T – Total depravity (Totale verdorwenheid);

      U – Unconditional election (Onvoorwaardelike uitverkiesing);

      L – Limited atonement (Beperkte versoening);

      I – Irresistible grace (Onweerstaanbare genade); en

      P – Perseverance of the saints (Volharding van die gelowiges).

T – Total depravity (Totale verdorwenheid)

Calvyn het by die totale verdorwenheid van die mens ook die vrye wil as verdorwe beskou en opgeskort verklaar. Die rede hiervoor is om sy leer oor die saligheidsdoop, of sakramentele manipulasie, hier in te pas. Daar­om glo Gereformeerdes dat suigelinge by besprinkeling weder­gebore word sonder dat ‘n mens daarvan weet, bloot omdat jy uitverkies is.

      Volgens die Bybel kies sondaars vir God en glo in Jesus Christus voordat hulle gered word (Hand. 16:31). Enkele Gereformeerdes wat aan die suiwere leer van die wedergeboorte glo, kan hulle self dus nie werklik as Gereformeerd beskou nie. Hulle word aangeraai om hulle slegs Christene te noem, wat ‘n Bybelse term is. Ware kinders van God sal ná die lees van hierdie werk in elk geval niks met Calvyn of Luther te doen wil hê nie.

      Die mens maak ‘n wilskeuse, deur voorafgaande genade van die Here, terwyl hy nog verdorwe is (Open. 22:17; Titus 2:11). Sondaars be­keer hulle tot die Here voordat hulle gered word (Hand. 3:19). Die mens in geheel, behalwe sy vrye wil, is totaal verdorwe. Die Here kies nie wie Hy wil red nie, maar roep almal tot redding (Joh. 3:16, Open. 3:20; 2 Pet. 3:9). Nie almal is egter gehoorsaam nie (Heb. 2:3).

U – Unconditional election (Onvoorwaardelike uitverkiesing)

God kies uit wie Hy wil red en red hulle gedurende besprinkeling, leer Calvyn. Dit is egter onwaar, aangesien niemand buite Christus uitverkies is nie, maar Christus self is alleen God se Uitverkorene. Daar is geen aannemer van die persoon nie (Rom. 2:11) en God se genade het aan alle mense verskyn (Titus 2:11). Vir die uitverkiesingsleer word gedeeltes uit Romeine 9-11 aangehaal waar die Bybel na Israel se verwerping en die heidene se uitverkiesing verwys. Israel was as volk uitverkies en nie as uitverkorenes tot die saligheid nie. Verval van die saligheid alleen weerspreek die uitverkiesingsleer en dit sal in die laaste punt behandel word. Hierdie dwaling berus op die volgende punt van Calvyn dat Jesus Christus nie vir alle mense se sondes gesterf het nie.

L – Limited atonement (Beperkte versoening)

 

Hierdie gruwelike leer tas die versoeningswerk van Jesus direk aan. Calvyn het geglo dat dié wat nie uitverkies is nie, ook nie gered word nie en daarom het Jesus nie vir hulle sondes gesterf nie. Dit is sekerlik waar dat Calvyn ‘n medepligtige was in die verbranding van Servet omdat hy beslis geglo het dat Servet nie ‘n uitverkorene was nie!

      God het die hele wêreld met Homself in Christus versoen (2 Kor. 5:17-21). Jesus, as tweede Adam, kan herstel waar die eerste Adam ver­brou het (Rom. 5:1-21). Almal is deur Adam in sonde gedompel (Rom. 5:12) en daarom het Jesus vir almal se sondes gesterwe (Joh. 3:16; 2 Kor. 5:21; 1 Joh. 4:1-10). Die meeste lidmate weet nie dat die valse Gereformeerde denominasies hierdie dwaling leer nie. Die Gees roep almal tot bekering (Jes. 55:1; Open. 22:17; Joh. 7:37-38, ens). Die feit dat mense ongehoorsaam is aan die oproep van die evangelie, bewys dat God almal wil red en dat Jesus vir almal se sondes betaal het (2 Thess. 2:10-12; Heb. 2:3).

I – Irresistible grace (Onweerstaanbare genade)

 

Dié wat volgens Calvyn deur God verwerp is, ondervind nie God se genade nie, is nie uitverkies nie en kan dus nie gered word nie. In Genève het Calvyn en sy metgeselle alstesaam meer as 50 “ketters” laat vermoor. Hulle het besluit wie nie vir God se genade kwalifiseer nie. Calvyn het dus besluit wie hemel of hel toe gaan, en aan geen mens ‘n keuse gelaat nie. Jesus het dus ook nie vir die verworpenes gesterf nie. Daar is min bekommernis by baie Gereformeerdes oor hulle saligheid asook die ewigheid, aangesien hulle by die besprinkeling wedergebore is en volgens hulle leer nooit weer verlore kan gaan nie. Die "uitverkorenes" kan nie God se genade weerstaan nie. Alle tekste in die Bybel oor ongehoorsaamheid, hardheid en ongeloof teenoor die evangelie en God se roepstem is volgens hulle futiel, want God het reeds besluit wie in sy hemel sal kom.

      Volgens die Bybel ondervind almal egter God se genade (Titus 2:11). Kom ons glo die Bybel en nie die donker karakters en verwronge teologie van Calvyn en Augustinus nie.

P – Perseverance of the saints (Volharding van die gelowiges).

 

Dit beteken dat uitverkore besprinkeldes wat by dié ritueel wederbaar is, nooit weer verlore kan gaan nie. Hulle is nou eenmaal en vir altyd gered en niemand sal hulle uit God se hand ruk nie – nie moord of die verbranding van mense nie, en ook nie die leer dat ‘n ritueel saligheid kan gee nie. Kortliks, die Bybel leer dat selfs ware kinders van God weer verlore kan gaan (Heb. 6:1-6; 10:26-31). Lees ook 2 Petrus 2:1-22 waar Petrus duidelik leer hoe mense wat reeds gered is, verlore kan gaan.

      Hierdie beskrywing teen Calvyn se leer is oorsigtelik en nie ‘n volledige verdediging van die Bybel teen Calvyn se dwalinge nie. Die leser sal self die inlegkunde van Calvyn insien, want die onlogiese aard van sy teorie roep ten hemele. Die skrywer het al baie uitnodigings aan Gereformeerdes gerig om hulle standpunte te bewys, maar tot op datum het nog niemand daarop gereageer nie.

      Dit is duidelik dat Servet se moord Calvyn se teologie in die praktyk uitspel. Om moord te pleeg, of om ‘n aandeel daaraan te hê, is dieselfde. Die tendens is dat valse priesters nie die moed het om hulle standpunt te verdedig as hulle dwalings aan die kaak gestel word nie. Dit is tipies van die liberaliste om agter ‘n kerkraad, organisasie of universiteit te skuil. Terwyl hulle ander se karakter sonder debat diskrediteer, en sonder feite van God se kinders kwaadspreek, is daar meer as genoeg mense wat vir hulleself kan dink.

      Die goddeloses ken gewoonlik net drie tekste wat ter verdediging van hulle sondes uit die Bybel aangehaal word: dat ons “nie moet oordeel” nie, dat ons “alle dinge moet beproef” en dat Jesus “water in wyn ver­ander het”. In hierdie werkstuk “oordeel” ons nie, maar ons “beoordeel” regverdig volgens gesonde verstand (Ps. 75:3) dat die Boerevolk mislei is. Die monopolie van die godsdiensvestings word nou by die dag verbreek. Liberale predikante het deelgeneem aan die daarstelling van ‘n kommunistiese regering wat feitlik alle magsposisies oorgeneem het. Hulle liberalisme het dus hulle einde beteken toe die slang homself aan sy stert gebyt het. Uitbetaaldag het ook nou aangebreek, en die tyd is daar dat God ‘n volk oordeel omdat hulle die Here van heerlikheid verraai het, ‘n tweede maal gekruisig het, vreemde gelowe se afgode op dieselfde vlak as die Heilige Drie-enige God van hemel en aarde gestel het, en die Here van heerlikheid se Naam uit die parlement en grondwet verban het. Die volk moet duidelik gewaarsku word om nie in die gesels­kap van die liberaliste te wees nie, aangesien God se oordele oor die onderhandelaars van die Boere se toekoms voltrek gaan word.

Bylaag 3:  Die Moord op Michael Servet

Michael Servet (in Spaans Miguel Serveto) wat in 1511 gebore is, was ‘n mediese dokter asook ‘n teoloog. Servet het met Calvyn se leerstellig oor die Drie-eenheid en o.a. ook oor die doop verskil. Nadat hy verskillende boeke geskryf het wat van Katolieke en Hervormers se teologiese sieninge verskil het, het Calvyn besluit om hom te vervolg en te laat vermoor indien hy hom kon laat vang. Servet het probeer om met Calvyn gesprek te voer, en het selfs met hom gekorrespondeer. Kyk nou hoe het ‘n grusame stukkie geskiedenis afgespeel waar moord onder die dek­mantel van godsdiens beplan en gepleeg is. Volgens twee gesagheb­bende ensiklopedieë begin die afgryslike toneel van ‘n onskuldige se ver­branding soos volg:

Servetus forwarded the manuscript of an enlarged revision of his ideas, the Christianismi Restitutio, to Calvin in 1546 and expressed a desire to meet him. After their first few letters, Calvin would have nothing to do with him and kept the manuscript. He declared to his eloquent French preacher colleague Guillaume Farel that if Servetus ever came to Geneva he would not allow him to leave alive. (Calvin, John in: Encyclopaedia Britannica. 1977 uitgawe, Vol. 3. p. 674).

Michael Servetus… found that the expression of his opinions, which finally came to include a denial of infant Baptism and of original sin, was as obnoxious to the Protestants as to the Catholics… On August 13, 1553, he was arrested in Geneva by the magistrates on a charge of blasphemy and heresy. They consulted the magistrates of all the Protestant Swiss cantons, who referred the matter to their divines. The latter unanimously declared for punishment, Calvin being especially urgent and emphatic on the necessity for putting Servetus to death. Indeed, Calvin had indicated earlier that if Servetus came to Geneva, he would do his best to prevent him from leaving alive. As Servetus refused to retract his opinions, he was condemned to death for heresy. He was burned at the stake on October 27, 1553. (Servetus, Michael, in: The Encyclopedia Americana: International Edition, 1992. Volume 24 p. 584).

Michael Servetus, Spanish physician and theologian whose unorthodox teachings led to his condemnation as a heretic by both Protestants and Roman Catholics and to his execution by Calvinists from Geneva… In [his] book, Servetus argued that both God the Father and Christ His Son had been dishonored by the Constantinian promulgation of the Nicene Creed, thus obscuring the redemptive role of Christ and bringing about the fall of the church. Servetus felt he could restore the church by separating it from the state and by using only those theological formulations that could be proved from Scripture and the pre-Constantinian fathers… [Servetus was] tried for heresy from August 14 to October 25, 1553. Calvin played a prominent part in the trial and pressed for execution, although by beheading rather than by fire. Despite his intense biblicism and his wholly Christocentric view of the universe, Servetus was found guilty of heresy, mainly on his views of the Trinity and Baptism. He was burned alive at Champel on October 27. His execution produced a Protestant controversy on imposing the death penalty for heresy [and] drew severe criticism upon John Calvin… (Servetus, Michael, in: The New Encyclopaedia Britan­nica, 1990. Volume 10, p. 654).

      Calvyn het die moord op Servet dus beplan, geïnisieer en laat uitvoer. Hy en sy magistrate het ‘n lem aan die kruis gesit en onder die dekmantel van godsdiens moord gepleeg. Die bloed aan hierdie kruislem was volgens hulle onskuldig aangesien ‘n andersdenkende vir sy teologiese uitgangspunt vermoor is. Calvyn skryf aan Farel, wat gesa­ment­lik die moord goedgekeur het, op 13 Februarie 1546, sewe jaar voor Servet gearresteer is, die volgende:

If he [Servetus] comes [to Geneva], I shall never let him go out alive if my authority has weight. (Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge, Baker Book­house, 1950, p. 371).

      Volgens die bekende Loraine Boettner het Calvyn gedurende die ver­hoor wat twee maande lank geduur het, die doodstraf bepleit. Vir die doodstraf het hy o.a. Levitikus 24:16 aangehaal. Nog talle geskiedenis­werke getuig van hierdie tragiese en aaklige moord op Servet. Die Wycliffe Biographical Dictionary Of The Church sê:

During Servetus’ trial, Calvin wrote: “I hope that the verdict will call for the death penalty”. (Moody Press. p 73).

      Voor die beplande moord het die Katolieke vir Servet gevang en wou hulle hom verbrand, maar hy het ontsnap. Dit is ook bekend dat terwyl die Katolieke Servet verhoor het, het William Trie van Genève inligting van Servet wat Calvyn voorsien het, aan die Roomse geregsdienaars gestuur wat kon help met Servet se skuldigbevinding oor dwalings. Calvyn-aanbidders sal nou verstaan waarom daar dikwels in hierdie werk verwys word na die feit dat die Hervormers baie nader aan Katolisisme was as wat gedink word. Servet het vir die Katolieke inkwisisie gevlug. Toe hy later deur Genève gereis het om na ‘n preek van Calvyn te luister, is hy herken en deur Calvyn se staatsamptenare gearresteer. Hy was onder die mag van Calvyn en is tussen 14 Augustus en 25 Oktober 1553 verhoor. Tydens sy gevangenskap is Servet ook uiters swak behandel. John F. Fulton skryf soos volg oor hierdie geskiedenis:

Servetus spent his remaining days … in an atrocious dungeon with no light or little heat, little food, and no sanitary facilities. (Herbert Reichner: Michael Servetus, Humanist and Martyr, 1953. p 35).

      Servet is skuldig bevind oor sy siening van die Drie-eenheid asook oor die doop. Harkness verwys soos volg na Calvyn se standpunt oor die doodstraf:

On October 26, the counsel ordered that he be burned alive on the following day… That he desired Servetus’ death… is clear. (Harkness: John Calvin. The Man and His Ethics, p. 44).

      Op 20 Augustus skryf Calvyn aan Farel en verlang die doodstraf vir Servet, maar verkies onthoofding eerder as verbranding:

I hope that Servetus will be condemned to death, but I should like him to be spared the worst part of the punishment. (H. Daniel-Rops: The Protestant Reformation, Vol. 2:190).

      Calvyn het ‘n groot rol in die moord gespeel, aangesien hy alles begin en ook laat deurvoer het. Servet is op 27 Oktober in Champel met groen hout verbrand. Dit het ongeveer drie uur geduur. Die moord het volgens ‘n betroubare weergawe soos volg plaasgevind:

Farel walked beside the condemned man, and kept up a constant barrage of words, in complete insensitivity to what Servetus might be feeling. All he had in mind was to exhort from the prisoner an acknowledgement [sic] of his theological error—a shock­ing example of the soulless cure of souls. After some minutes of this, Servetus ceased making any reply and prayed quietly to himself. When they arrived at the place of execution, Farel announced to the watching crowd: “Here you see what power Satan possesses when he has a man in his power. This man is a scholar of distinction, and he perhaps believed he was acting rightly. But now Satan possesses him completely, as he possess you, should you fall into his traps.”

When the executioner began his work, Servetus whispered with trembling voice: “Oh God, Oh God!” The thwarted Farel replied to him: “Have you nothing else to say?” This time Servetus replied to him: “What else might I do, but speak of God!” Thereupon he was lifted onto the pyre and chained to the stake. A wreath strewn with sulfhur was placed on his head. When the faggots were ignited, a piercing cry of horror broke from him. “Mercy, mercy!” he cried. For more than half an hour the horrible agony continued, for the pyre had been made of half-green wood, which burned slowly. “Jesus, Son of the Eternal God, have mercy on me,” the tormented man cried from the midst of the flames…. (Alfred A. Knopf: The Heretics, 1962. p. 328).

      Servet het geen wet in Genève oortree nie, behalwe die wet van vrye denke, die wet van vryheid van godsdiens en die wet van die gewete! Een van die wreedste stellings nadat Servet vermoor is, is só deur Calvyn oor sy observasie aangeteken, alhoewel hyself nie tydens Servet se verbranding teenwoordig was nie:

He showed the dumb stupidity of a beast… He went on bellowing… in the Spanish fashion: “Misericordias!” (H. Daniel-Rops: The Protestant Reformation, Vol. 2. p. 190-91).

      Melanchton skryf aan Calvyn en Bullinger dat hy die Seun van God dank vir die verbranding, en sê dit was ’n “pious and memorable example to all posterity”. Bucer verklaar van sy kansel af dat Servet “had deserved to be disembowelled and torn to pieces”. Bullinger, wat as van die ver­draagsaamste Hervormers beskou word, het die moord ook goedgekeur.

      Niemand kan dus aan hulle kinders die leuens van Calvyn leer nie. Hoe kon hy die Bybel verklaar? Is dit nie tyd om wakker te word en alles van hierdie sg. “heilige moordenaar” en god van die Gereformeerdes te verwerp nie? Calvyn se liefdelose, harde teologie moet tot die doderyk toe verdoem word waar dit vandaan kom. Sy moord en haat teenoor sy vyande en medemens het in elk geval alles wat deur hom geleer is, ingekleur. Calvyn is ook beskuldig van hebsug, asook geldelike en ander wanpraktyke (Jerome Bolsec: The Age of the Reformation, 1250-1550. Lyon, 1875. p. 368-9).

      Die beplande verbranding van Servet deur die Katolieke is deur die sg. Protestante voltrek. Daar was seker groot blydskap in die laer van die Katolieke omdat Calvyn en sy makkers vir Servet laat verbrand het. Wat die Katolieke nie vir die hel kon doen nie, is deur die groot inkwisiteur van die Gereformeerdes voltrek. Is dit nie die ergste vorm van godslastering om onder die dekmantel van godsdiens ander te vermoor wat hulle laat doop het en teologies andersdenkend is nie? Weerspieël dit nie die tipiese onverdraagsaamheid van die hedendaagse volgelinge van Calvyn nie? Is dit nie ‘n skande om jouself na aanleiding van bg. geskiedenis ‘n Calvinis te noem nie? Is dit die gesindheid van Jesus toe hy oor sondaars geween het? Is dit wat die Bybel bedoel waar ons lees dat almal “wat wil, die water van die lewe neem, verniet”? (Open. 22:17).

      Enige persoon wat steeds Calvyn se moord onder die mat van kompromie en onskuld wil invee om hom te beskerm, moet ook die volgende stellings van Calvyn in sy eie woorde verduidelik. Hy skryf aan koning Francis van Frankryk in die voorwoord van sy Institusie dat ketters:

… ought to be punished with confiscation, exile, imprisonment, and flames, as well as exterminated by land and sea… insinuations which, if well founded, would justify the whole world in condemning the doctrine with its authors to a thousand fires and gibbets. (Institutes of the Christian Religion, p. 4).

      Kan dit wees dat beskaafde Gereformeerdes hierdie handboek en voorskrifte oor die vermoording van ketters as ‘n voorgeskrewe boek aan universiteite doseer? Geen wonder dat artikel 36 van die NGB nog steeds in gebruik is in Gereformeerde denominasies! Moet Calvyn se goddelose Institusie nie eerder as ‘n barbaarse en heidense geskrif ver­werp of verban word nie? Wat hy in sy voorwoord aan die koning skryf, het hy self uitgevoer.

      Is hierdie moord ‘n Skriftuurlike manier en voorbeeld van hoe om jou opponente te vernietig? Is dit wat die Bybel bedoel wanneer ons geleer word om ander te verdra? Spreek dit van liefde en genade teenoor jou vyande? Leer die Woord van God nie duidelik dat geen moordenaar die koninkryk van God sal ingaan nie? (1 Kor. 6:10). As Calvyn as moor­denaar van Servet in die hemel moet ingaan, wat van al die moorde van die Katolieke op God se kinders? Nêrens in die geskiedenis leer ons dat Calvyn Servet se moord bely het nie. Calvyn se woorde oor Servet bewys onomwonde sy regverdiging van die moord. Hy skryf aan Marquis du Pouet en verwys na Servet:

… such monsters ought to be strangled, as I did, in the execution of Michael Servet. (Martin Spalding: The History of the Protestant Churches, Vol. 1:381).

      Calvyn, Farel en Beza het die moord goed verdedig. Calvyn het vir tien jaar en sewe maande die moord probeer regverdig. Onder “Protes­tan­tism and Religious Liberty” in The Progress of Religious Freedom as Shown in the History of the Church, lees ons:

Calvin felt it necessary, therefore, to come out with a public defense of the death-penalty for heresy, in the spring of 1554. He appealed to the Mosaic law against idolatry and blasphemy, to the expulsion of the profane traffickers from the temple-court (Matt. 21:12), and he tries to refute the arguments for toleration which were derived from the wise counsel of Gamaliel (Acts 5:34), the parable of the tares among the wheat (Matt. 13:29), and Christ’s rebuke of Peter for drawing the sword (Matt. 26:52). The last argument he disposes of by making a distinction between private vengeance and public punishment.

      Slegs maande ná Servet se dood het Calvyn die moord verdedig in ‘n dokument getiteld: Defensio orthodoxae fidei de sacra Trinitate, wat deur Olivia Roberti Stephani se pers uitgegee is. Calvyn het nooit probeer om sy aandeel aan die moord totaal te ontken nie. John Wesley het die briewe van Calvyn gelees en verwys op 9 Julie 1741 soos volg na Servet:

Being in the Bodleian Library, I light on Mr. Calvin’s account of the case of Michael Servetus; several of whose letters he occasionally inserts; wherein Servetus often declares in terms, “I believe the Father is God, The Son is God, and the Holy Spirit is God.” Mr. Calvin, however, paints him such as a monster as never was – an Arian, a blasphemer and what not: Besides strewing over him his flowers of “dog”, “devil”, “swine”, and so on; which are usual appellations he gives to his opponents… says he, “I only advised our Magistrates, as having a right to restrain heretics by the sword, to seize upon and try that arch-heretic.” (John Wesley: Wesley’s Works, Vol. 1:318).

      Servet het beslis in die Godheid van Christus geglo en kon dus nie ‘n Ariër genoem word nie. Dit was nie net sy siening van die Godheid wat hom brandstapel toe gestuur het nie, maar veral oor die doop! Vergelyk artikel 36 van die NGB met Calvyn se uitspraak dat ketters met die swaard getug moet word, en by implikasie ook die wederdopers! Beza verdraai selfs die Skrif om moord op andersdenkendes, asook die moord op Servet, te regverdig. In sy proefskrif oor Handelinge poog hy om die owerhede se aandeel en mag om ketters tereg te stel, te bewys:

With what power… did Peter put to death Ananias and Sapphira? And with what power did Paul smite Elymas blind? Was it with power that was vested in the Church? Of course  not. Well then, it must have been with the power that is vested in the magistrate. (L. Verduin: The Reformers and their Stepchildren, p. 54).

      Die vaders van Gereformeerde teologie se eksegese laat veel te wense oor. Calvyn se aanhangers deur die eeue het natuurlik alles pro­beer om hom te verdedig. Een van die mistastings is dat hy eerder onthoofding as verbranding vir Servet verkies het omdat dit ‘n makliker dood sou wees. Alhoewel dit waar is dat Calvyn onthoofding verkies het, was dit beslis nie omdat hy ‘n sagter straf vir Servet begeer het nie. Calvyn se doel was om Servet deur die owerhede te laat vermoor, want verbranding was alleen vir ketters gereserveer. Hy wou homself dus vrywaar van ‘n aandeel aan die moord. Leonarn Verduin verduidelik:

It has been said that Calvin sought, late in the trial, to have the sentence commuted to the effect that some mode of execution other than by fire would be Servetus’ lot. The reason for this suggestion was that Calvin wanted Servetus eliminated as an offender against the civil order. Death by fire was for offenders in the area of religion. It was this same sensitivity that made Margaret of Parma, in 1567, spesify death by hanging for Guido de Brès. It would look better to have de Brès destroyed as a seditionist than as a heretic; hence death by the loop rather than by the flame. So also in the case of Servetus. (Verduin, ibid, p. 52).

       Gedurende Calvyn se diktatorskap in Genève is daar tussen 1542 en 1546 nog 58 mense weens “kettery” tereggestel (W. Durant: The Story of Civilization, p. 473). Ná hierdie verbranding van ‘n onskuldige mens was daar vir ‘n geruime tyd geweldige weerstand teen Calvyn. Die Protestant, John Foxe, wat seker die bekendste skrywer en kenner oor die mar­te­laars­geskiedenis van die Roomse Inkwisisie was, skryf soos volg oor Calvyn se inkwisisie:

It cannot, however, be denied, that in this instance, Calvin acted contrary to the benignant spirit of the Gospel. It is better to drop a tear over the inconsistency of human nature, and to bewail those infirmities which cannot be justified. He declared he acted conscientiously, and publicly justified the act. (John Foxe: Foxe’s Book of Martyrs, hfst. 13. Skrywer besit ‘n eerste uitgawe van Fox se werk, getitled Acts and Monuments).

      Calvyn het in werklikheid niks met die ware Christelike geloof te doen nie, behalwe dat hy dit verdraai het. Hy span saam met Katolieke as hy Servet dood wil hê. Hy volg dieselfde taktiek van mense soos Hitler, Stalin en Judas Iskariot, wat ander ook sonder rede vervolg het. Die bekende Nederlanders se kerkgeskiedenishandboek verduidelik dat selfs Calvyn se aanhangers die moord veroordeel het:

In 1903 hebben vereerders van Calvijn op de plaats der executie te Genève een monument expiatoire opgericht om openlijk te kennen te geven, dat deze daad een dwaling was en dat vrijheid van geweten in overeenstemming is met de ware beginselen der Reformatie en van het Evangelie. (Drs. J.N. Bakhuizen, Van Den Brink & W.F. Dankbaar: Handboek der Kerkgechiedenis, Vol. 3:103).

      Die hele Hervormingsera adem nié die gees van vryheid van gewete nie, maar van ‘n vervolgingswaansin teenoor die Baptiste, sakramentele manipulasie en vermenging van die kerk en staat. Deur die talle moorde op Baptiste is die Evangelie ook verkrag en duisternis, wat die onder­wêreld se modus operandi is, was eerder die norm. Die Bybel sê: “‘n Boom word aan sy vrugte geken”. Calvyn se boosheid onder die dek­mantel van godsdiens sal enige Fariseër groen van jaloesie maak. Hy laat mens ook aan Jesus se woorde dink:

Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? (Matt. 23:33).

      Dit sal ‘n skande wees om jouself ‘n Calvinis te noem of om in die teologiese voetspore van hierdie moordenaar en verdraaier van die waarheid te volg. Kinders moet ook teen Calvyn se leer beskerm word. Wanneer hulle volwasse word en sou uitvind dat hy in werklikheid onder die dekmantel van godsdiens ‘n moordenaar was, sal die geloof­waar­digheid van godsdiens heeltemal in hulle geskend word. Calvyn het hom nie van sy sonde bekeer en die sagmoedige Here Jesus om vergifnis gesmeek nie.

      Die skrywer het dikwels ondervind dat Gereformeerdes Calvyn pro­beer verdedig. Sommige is selfs geleer dat Calvyn die hele verbranding van Servet probeer verhoed het. So ‘n stelling, of enige verontskuldiging van Calvyn se aandeel aan moord na aanleiding van bg. feite, is histories foutief. Dit is jammer dat akademiese instansies in Suid-Afrika se vertolking van die geskiedenis so eensydig is, in vergeleke met die res van die ontwikkelde lande. Hoe kan so ‘n belangrike deel van die ge­skie­denis weggelaat, verdraai of verdoesel word? Dit is duidelik dat die ge­skie­denis van Servet onder die mat ingevee is. Studente op kweekskole word nie die volle omvang van die geskiedenis geleer nie. Dit is egter ‘n futiele oefening aangesien die stem van geskiedenis steeds spreek en nie uitgewis kan word nie. Die bloed van Servet roep steeds, soos Abel s’n, om vergelding (Gen. 4:10). Dit is egter ook skokkend dat volgelinge van die Gereformeerdes nie van hierdie moord kennis dra nie. Niemand kan hierdie moord ontken, regverdig of anders verklaar nie. Die skrywer nooi enige persoon wat Calvyn as moordenaar probeer verdedig, vir ‘n debat.

      Sommige wat probeer om Calvyn te verontskuldig deur te sê dat hy ook bereid was om Servet te laat onthoof eerder as verbranding, en dat hy slegs die goedkeuring vir die moord gegee het, slaag nie in hulle pogings nie. Hy bly ‘n moordenaar: onthoofding óf verbranding is steeds moord. Calvyn het buitendien die hele Genève deur sy staatskerk, of Kon­stan­ti­nisme, deur rigorisme regeer en kon dus maklik die moord verhoed het. Paulus verduidelik die wet van die hemel, en van logika, m.b.t. moord en die goedkeuring daarvan:

Hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid … moord … geweldenaars … mense wat – al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. (Rom. 1:29-32).

      Calvyn het die moord nie net begin, soos die geskiedenis leer nie, maar ook sy goedkeuring daaraan geskenk en dit deurgevoer. Volgens die Bybel verdien hy die dood. Indien enige persoon nie daarmee saam­stem nie, is hy verplig om moord op andersdenkendes volgens Calvyn se metode, te aanvaar. My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis m.b.t. die geskiedenis. Die vertroue word uitgespreek dat die geskiedenis van Calvyn se moord op Servet weer sal herleef. Die volk behoort te weet waarom die Gereformeerdes so hard en ongenaakbaar teenoor andersdenkendes optree, en op wie hulle fondamente gebou is. Dieselfde vervolgingswaansin van Calvyn het deur “apostoliese opvol­ging” die denkpatrone van Calviniste, wat ander ongenaakbaar vervolg, geïnfiltreer. Paulus waarsku dat ons onsself van slegte mense moet afskei. Saam met die psalmis kan ons ook vra:

Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? (Ps. 82:2).

Bylaag 4:  Die Doop van die Gelowiges

In sy nuusbrief The Berean Call van Augustus 2001, sê die bekende skrywer, Dave Hunt, die volgende oor die doop van die gelowiges:

      Die meeste Christene is onkundig oor die hoeveelheid Rooms-Kato­li­sis­me wat deur Lutherse en Calvinistiese kerke in die Her­vor­ming inge­dra is. Ek werk tans aan ‘n boek oor Calvinisme, waarvan een hoofstuk getiteld is: “Die verbasende Katolieke verband van Calvinisme.”

      Luther was ‘n Augustynse monnik en Calvyn ‘n toegewyde Rooms-Katoliek wat deeglik in die leerstellings van Augustinus onderlê is. Dit is verstommend dat hierdie twee leidende hervormers vir Augustinus bewonder en hom tot hulle dood toe nagevolg het. Dit is selfs nog meer verstommend dat evangeliese leiers vandag nog steeds so ‘n hoë agting vir Luther, Calvyn en Augustinus het.

      Augustinus word deur die Rooms-Katolieke Kerk as een van die grootste “heiliges” vereer, omdat hy verantwoordelik was vir die meeste van dit wat Rome vandag nog verkondig en beoefen. In sy “Institute van die Christelike Geloof” haal Calvyn vir Augustinus meer as 400 keer aan, dikwels met die uitdrukking: “op gesag van Augustinus…”

      Beide Luther en Calvyn het geleer dat die doop van babas (selfs wanneer dit deur ‘n goddelose, ongelowige, Katolieke priester gedoen is) vergifnis van sonde meegebring en van iemand ‘n kind van God gemaak het. Dit is waarom Lutherane en Calviniste die Anabaptiste, wat waarlik weergebore was en hulle as gelowiges laat doop het, verag, vervolg en selfs laat doodmaak het. Die Lutherane, Calviniste en Katolieke kan nie meer vandag sulke gelowiges op die brandstapel tereg stel nie, maar hulle verag en vervolg nog steeds sulke mense.

      Onlangs het ‘n man in New York aan my ‘n ekskommunikasie-brief [verbanningsbevel] gewys wat die Missouri-sinode van die Lutherse Kerk aan hom geskryf het nadat hy die evangelie van Jesus Christus aan­geneem en hom as ‘n gelowige laat doop het. Hy is nie net deur die kerk­leiers vervolg nie, maar ook deur sy familie en vriende.

      Die Bybel is baie duidelik oor die voorwaarde vir die waterdoop: “…wat verhinder my om gedoop te word?” Die antwoord hierop is: “As u glo met u hele hart, is dit geoorloof” (Hand. 8:35-39). Dit is duidelik dat geloof in Christus (iets wat onmoontlik en dus onnodig vir ‘n baba is) ‘n voorvereiste vir die doop is. Selfs die verse wat altyd aangehaal word om die valse leerstelling van doopsaligheid te regverdig (“Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word” – Mark. 16:16) vereis geloof in die evangelie voordat ‘n persoon gedoop word. Die feit dat babas nie die evangelie kan glo nie, openbaar die dwaling van die kinderdoop, waarvan daar nie een enkele voorbeeld in die hele Bybel is nie. Kinders wat sterf, gaan hemel toe, maar dié wat oud genoeg word om die evangelie te verstaan, moet óf vir Christus aanvaar óf Hom verwerp.

      Die twee algemeenste gedeeltes wat deur die ondersteuners van die kinderdoop gebruik word om die doop van babas te regverdig, is die red­ding en doop van Cornelius se huis (Hand. 10) asook die tronk­be­waar­der en sy gesin van Fillippi (Hand. 16). Dit word aangeneem dat daar in elke geval klein kindertjies en selfs babas was wat gedoop is. In bei­de gevalle is hierdie aanname ongegrond en strydig met die feite.

      In Handelinge 10:44-47 het dié “wat die woord gehoor het”, geglo en is gered. Hieruit is dit duidelik dat daar nie babas was nie – indien daar was, is hulle nie gedoop nie – omdat babas nie die evangelie kon ver­staan en daarin glo nie. Almal wat deur Petrus gedoop is, het die evangelie aangeneem en geglo. Verder word die leer van doopsaligheid heeltemal uitgesluit deur die feit dat hierdie nuwe bekeerlinge “die Heilige Gees ontvang het” nog voordat hulle gedoop is (Hand. 10:47). Die doop het hulle dus nie gered nie.

      Uit Handelinge 16:30-33 is dit eweneens duidelik dat daar nie babas teenwoordig was nie, en nog minder gedoop is. Deur Paulus se woorde aan die tronkbewaarder: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (v. 31), word duidelik geïmpliseer dat daar redding was vir almal in die huis wat, soos die gesinshoof, in die Here Jesus Christus geglo het. Die stelling in die volgende vers dat Paulus en Silas “aan hom die woord van die Here verkondig [het] en aan almal wat in sy huis was”, is ‘n bewys dat daar geen babas teenwoordig was nie. ‘n Mens preek nie die evangelie aan babas nie. Almal in die huis was dus oud genoeg om die evangelie te hoor, te verstaan en in die geloof daarop te reageer voordat hulle as gelowiges gedoop is.

      Calvyn het selfs geleer dat indien jy aan die kinderdoop glo, dit aan jou sekerheid gee dat jy een van die uitverkorenes is, en dat die kinders van die uitverkorenes nie eers gedoop hoef te word nie omdat hulle reeds kinders van God is… Dit is ‘n ernstige saak. Waarom moet die Calvinistiese jongeling, wanneer hy oud genoeg is om te verstaan, voor die keuse gestel word om die evangelie te glo? Hy word dan van sy ge­boorte af al as een van die uitverkorenes beskou! Aanneming as lidmate van die gemeente is vir hulle bloot ‘n bevestiging van dit wat die kin­der­doop, of die geboorte in ‘n Calvinistiese gesin, reeds bewerkstellig het.

      Inderdaad – watter behoefte is daar hoegenaamd om die evangelie aan enigeen te verkondig omdat die uitverkorenes sonder dit gered word, en die nie-uitverkorenes dit in hulle totale verdorwe toestand glad nie kan verstaan of glo nie? Hierdie leerstelling van die Lutherane en Calviniste is ‘n dodelike dwaling waardeur miljoene mense mislei word om te dink dat hulle op pad hemel toe is, terwyl hulle in werklikheid op die hel afstuur. Dié leer moet geopenbaar en weerstaan word, net so seker as die valse evangelie van die Rooms-Katolieke, waaraan dit nou verwant is.

Bronnelys

Bainton, R. H.: Hunted Heretic. The Beacon Press, 1953.

Bakhuizen Van Den Brink, J.N., Dankbaar, W.F.: Handboek der kerkgeschiedenis. 4 Vols. Bert Bakker. Den Haag, 1967.

Bossuet, J.: History of the Variations of the Protestant Churches. 2 Vols. D & J Sadler. NY, 1885)

Calvyn, J.: Institutes of the Christian Religion (Vertaal deur Henry Beveridge). Eerdmans Pub. Co. Grand Rapids, 1994.

Daniel-Rops, H.: The Protestant Reformation. Vol. 1-2. Doubleday Image. NY, 1961.

De Haan, M.: Wie het die Sabbat Verander? Transo Pers Roodepoort.

De Waal, W.P.D.: Satan Agter Wêreldgodsdiens. Bybelprofesie Vervul. EFJS Drukkers, Posbus 493, Orkney.

Du Plessis, J.: Die Christelike Doop. Konkoret Edms. Bpk.

Durant, W.: The Reformation. Simon & Schuster. NY, 1957.

Encyclopaedia Britannica. 1977 uitgawe, Volume 3, en 1990, Volume 10.

Foxe, J.: Acts and Monuments (Foxe’s Book of Matyrs).

Grisar, H.: Luther. 6 Vols. London: Kegan Paul, Trench, Trubner & Co., 1917.

Gospel Defence League. P.O. Box 17007, 8061, Regent Road, Sea Point.

Harkness, G.: John Calvin. The Man and His Ethics. Abingdon Press. NY, 1931.

Hunt, Dave: Die Doop van die Gelowiges. The Berean Call, Augustus 2001.

James, A.H.: Rome and the Reformed Churches. The Federal Printing Co. Cape Town, 1962.

James. J.: Rome and the Reformed Churches. The Protestant Association of South Africa.

Janssen, J.: History of the German People From The Close Of The Middle Ages 16 Vols. M. Christie, St. Louis: B. Herder, 1910.

Malan, W.C.: Met Watter Doop? N.G. Uitgewers.

Marais, W.: Die Kinderdoop en Besprinkeling Ja of Nee? Aurora Drukpers, 1974.

Marais, W.: Die Christelike Doop. Aktuapers, 1997.

Martin, D.: Servetus. Dmarti@wpo.it.luc.edu.

Meiring, P.J.: Hoe sterk staan die kerk in Afrika? IBC-kantoor, PU vir CHO, Potchefstroom, 2520.

Möller, F.P.: Die Sakrament In Gedrang. Die Evangelie Uitgewers. 1976.

Nigg, W.: The Heretics. Alfred A. Knopf, Inc., 1962.

Potgieter, F. J. M.: Kerk en Samelewing – ‘n Wesenskou. N.G. Uitgewers. Kaapstad.

Psalms en Gesange Boek. 1978 uitgawe.

Rice, J.R.: Storehouse Tithing. Does the Bible Teach it? Sword of the Lord Publishers. U.S.A.

Rossouw, P.: Protestantisme en die Roomse Kerk Vandag – ‘n Grondslag vir Gesprek. Nasionale Boekdrukkery, Goodwood Kaap, 1984.

Seaton, W.J.: Die Stellings van Calvinisme. N.G. Kerk-uitgewers, 1980.

Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge. Baker Bookhouse, 1950.

Small. D. W.: The Biblical Basis For Infant Baptism. Baker Bookhouse, 1968.

Spalding, M.J.: The History of The Protestant Reformation. Baltimor. John Murphy, 1876.

Stander, H. F., Louw, J. P.: Baptism In The Early Church. Didaskalia Publishers, 1994.

The Encyclopedia Americana: International Edition, 1992. Volume 24.

The Wycliffe Biographical Dictionary Of The Church. Moody Press, Inc., 1968.

Van Niekerk, F.N.: Die Wêreldraad van Kerke (Babelse Spraakverwarring) Waarheen? Die Môrester Drukkery, Potgietersrus.

Verduin, L.: The Reformers and their Stepchildren. Eerdmans Pub. Com. Grand Rapids. Michigan, 1964.

Wesley, J.: Wesley’s Works. 14 Vols. Baker Book House, 1979.

Bronne op Internet

Martin Luther: Beyond Mythology to Historical Fact. http://www.ic.net~erasmus/RAZ404.HTM)

The Protestant Revolt: Its Pernicious and Tragic Initial Impact. Http://www.ic.net/erasmus/RAZ407.HTM)

The Servetus Cover-up. Http://www.come.to.the.gospel

His Ashes Cry Out Against John Calvin. Dan Corner. (http://www.evngelicaloutreach.org/ashes.htm

Calvin and Servetus. Loraine Boettner. Http://www.gurlpages.com/ehudofgera/Servetus.html

The Burning of Servetus: The Scarring of Calvin. Michael Beates. http://www.gospelcom.net.ligonier/tt/tt-1095/ttsubartbeates-10-95.html