LIFELINE BACK TO THE BIBLE

Home ] Up ] Feedback ] Search ] Lifeline Homepage ]

Rick Warren
Back ] Next ]

www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks

(3 websites in one)

 

[Under Construction]

Up

Warren se “P.E.A.C.E.” Plan & VN DoelwitteDeel 1

 

Die Opkomende Wêreld“Kerk

 

Deur:  Berit Kjos

 

“By die eerste Reformasie het dit oor geloof gehandel. Dit is belangrik dat hierdie een oor gedrag gaan,… Ons het ’n Reformasie gehad; wat ons nou nodig het, is ’n transformasie.” [1] Rick Warren

 

“Die oorgang….na ’n kultuur van vrede is ’n proses van individuele, kollektiewe en institusionele transformasie.” [2] UNESCO Culture of Peace Programme

 

Burgerskap vir die volgende eeu is om goeie naasbestaan aan te leer. Die 21ste Eeu sal ’n stad van sosiale solidariteit wees... Ons sal die woorde moet herdefinieer...[en ’n nuwe] sosiale kontrak [skryf]..” [3] Federico Mayor, voormalige hoof van UNESCO.

 

“’n Gedaanteverandering van oorgange en transformasies skenk geboorte aan ’n hele nuwe wêreld,” het Dr Leonard Sweet, wie se boeke dikwels in Rick Warren se “Ministry Toolbox” aangehaal word, geskryf. “God bring die grootste geestelike ontwaking in die kerk se geskiedenis in die lewe....Gaan jy daar wees?” [4]

 

As jy ’n liefhebber van die waarheid is, mag jy “nee!” sê, want in sy boek, “Soul Tsunami”, sê Dr Sweet, ‘n gewilde leier van die Opkomende Kerk (“Emerging Church”) vir ons, om saam met die strome van verandering te vloei en om God se onveranderlike Evangelie agter te laat. “Postmoderne kultuur is ’n verander-of-word-verander wêreld,” gaan hy voort. “Herontwerp jouself vir die 21ste eeu, of sterf. Sommige sal eerder sterf, as om te verander.” [4]

 

Sou Rick Warren saamstem? Waarskynlik, want hy het die volgende gloeiende aanbeveling vir die voorblad van Sweet se boek geskryf: “Soul Tsunami” wys ons waarom die hede die ideaalste tyd vir evangelisasie sedert die eerste eeu is!”  

 

Watter soort evangelisasie stel Warren in die vooruitsig? Sou dit op God se Woord, of op “goeie” werke gebaseer wees? Ooglopend, laasgenoemde. In ’n wêreld wat Bybelse absoluutheid vir veranderende waardes en “goed-voel” ervarings verruil het, kom God se verdeeldheidskeppende waarhede teenoor ’n stygende gety van vyandigheid te staan. Maar bitter min mense sal hulp aan die armes en siekes teenstaan. Miskien is dit waarom pastoor Warren die volgende stelling aanhoudend herhaal: “Die eerste Reformasie het oor geloof gehandel; hierdie een sal oor gedrag gaan.” [5]

 

Die nuwe fokus is op eenheid – ‘n wêreldwye eenheid (“oneness”), wat in die toenemende eenheid tussen Oos en Wes weerspieël word. Leonard Sweet se Internetboek, “Quantum Spirituality”, werp nogal onthullende lig op die beoogde globale “kerk” van die 21ste eeu. Na sy mening is die aanstoot van die kruis vervang deur ’n passie vir intergeloofsvrede en moontlikheidsdenke. Om hierdie standpunt te illustreer, haal Dr Sweet Thomas Merton, die gewilde katolieke skrywer aan, wat mistisisme gepopulariseer het en in Asië gesterf het, terwyl hy die Tibettaanse Boedhisme bestudeer het: “Ons is al reeds een. Maar ons verbeel ons dat ons dit nie is nie. Wat ons moet herontdek, is ons oorspronklike eenheid.” [6]

 

Terwyl hulle daardie ontwykende solidariteit soek, yl die hedendaagse suksesgedrewe kerkleiers die postmoderne eeu van buigsame “waarheid” en verhoudingsgenot binne. Los van enige vaste anker in God se onveranderlike Woord, snel hulle voorwaarts – hand aan hand met die wêreld – na ’n denkbeeldige toekoms, bereikbaar deur middel van lank-verskuilde praktyke van geheime genootskappe en Oosterse godsdienste. Dit sluit meditasierituele, dialektiese sintese en stelseldenke in. Voeg die studie

(Warren se PP1)                                                             2

 

van gemeenskapsdiens by die laaste twee, en jy het die transformasiestrategieë wat eerste deur Kommunistiese regeerders op die proef gestel is, en daarna in die VN – VSA onderwysstelsel geïnkorporeer is en wat feitelike, rasionele studie doelbewus ondermyn het en die postmoderne denk-wyses gevestig het. [7]

 

Dit is nodig om hierdie verstommende wêreldwye revolusie te verstaan – asook die subtiele kompromieë wat deur die moderne pragmatiese “Christen”-alliansies veroorsaak is. Daarom sal die volgende twee artikels in hierdie reeks die sosiale manipulasie agter “gemeenskapsdiens” en “lewenslange studie”  (“lifelong learning”) onder die loep neem – twee programme wat deur deurlopende evaluering en remediëring aangedryf word!

 

Intussen kan u baie nuttige inligting in die volgende artikels op Berit Kjos se webtuiste – www.crossroad.to  -- vind (daar is talle meer!):

 

  • “Molding Human Resources for the Global Workforce”
  • “Bush, Schultz, Gorbachev and Soviet Education
  • “Spirit-Led or Purpose-Driven, Part 4: Dealing with Resisters”
  • “Character Training For Global Citizenship”.

 

Kom ons bekyk egter eerste Rick Warren se gevierde “P.E.A.C.E. Plan” en sy skakels met die Verenigde Nasies.

 

Soos die meeste ander VN dokumente, klink hulle “Millennium Doelwitte” (“Millennium Goals”) welwillend en deernisvol. Hulle is ontwerp om ’n oproep te doen op edele instinkte en sorgsame harte; presies wat hulle doen! Dit is waarom volkere, maatskappye, organisasies en kerke by die wêreldwye (“globale!”) veldtog aangesluit het. Wie durf van hierdie agt verhewe doelstellings verskil!?

 

  1. Wis uiterste armoede en honger uit.
  2. Bereik universele primêre onderwys.
  3. Bevorder geslagsgelykheid en bemagtig vroue.
  4. Verminder kindersterftes.
  5. Verbeter die gesondheid van moeders.
  6. Beveg HIV/VIGS, Malaria en ander siektes.
  7. Verseker Omgewingsvolhoubaarheid.
  8. Ontwikkel ’n globale vennootskap vir ontwikkeling.

 

Natuurlik steek daar meer agter hierdie lys as mooiklinkende woorde. Die motiveringsvisie van ’n wêreldwye welsynstelsel mag harte oor die hele wêreld aangegryp het, maar in werklikheid dien dit die grootskaalse mikpunte van sosialistiese veranderingsagente (“change agents”), wat weinig besorg is oor menslike lyding. (Kyk maar hoe die regeringsleiers die slagoffers van die orkaan Katrina behandel!) Nogtans het geen ander program die evangeliese kerk meer effektief gekoppel aan die VN se bestuurstelsel wat, sedert sy ontstaan, oorlog teen Bybelse waarheid en waardes verklaar het nie. [9] En geen ander program het Christene meer effektief in ’n proses ingetrek, wat ontwerp is om die massas te manipuleer, tradisionele waardes te ondermyn, weerstandbieders stil te maak, gelowe te sintetiseer, individuele denke vir kollektiewe denke te verruil, en “wêreldburgers” op te lei om die “groter geheel” te dien nie.” [10]

 

’n Onderhoud getiteld “Pastoor Warren vestig ’n globale visie,” vat dele van daardie plan saam:

 

Vraag: “Jou boek is ’n megaverkoper en daar pryk 82,000 name op Saddleback se kerkregisters. Wat van die toekoms?”

Warren: “In die 21ste eeu beweeg ons wêreldwyd en gaan die Amerikaanse kerk mobiliseer

(Warren se PP1)                                                         3

 

om internasionaal te help. ...President Kagame sal ons in Rwanda verwelkom vir ’n gesamentlike projek van die regering, sakesektor en die kerk....”

 

Vraag: “Hoe gaan Saddleback hierdie massiewe probleme die hoof bied?”

Warren: “Met ons ‘PEACE’ plan....’P’ staan vir Plant ’n kerk of vennoot (“partner”) by ’n bestaande een in elke dorp. Ons sal met elkeen wat wil help, saamwerk. Ek sal met ’n ateïs wat VIGS wil stop, saamwerk. ‘E’ – rus plaaslike leiers toe (“Equip”). ‘A’ – help (“Assist”) die armes. ‘C’ – versorg (“Care”) die siekes, en ‘E’ – onderrig (“Educate”) die volgende geslag...”

 

Vraag: “Wat is jou grootste ideaal ten opsigte van al hierdie planne?”

Warren:  “’n tweede Reformasie. Die eerste een het oor geloof gehandel. Hierdie een sal oor aksies gaan.”  {Klemtoon deur vertaler} [11]

 

Vergelyk hierdie geroemde P.E.A.C.E. Plan met die Verenigde Nasies se “Milleniumdoelwitte”. Hou in gedagte, dat beide doelgedrewe kerke en hulle strategiese leierskapsprogramme opleiding in denke-veranderingsprosesse en assesseringstegnologieë vereis, wat die VN se visie vir menslike hulpbron-ontwikkeling dwarsoor die wêreld steun. [12]

 

  Warren se “PEACE” Plan 

                       Millennium  Ontwikkelingsdoelwitte

 

1. “Plant” (stig) kerke.

#8 Ontwikkel ’n wêreldvennootskap vir ontwikkeling. (Die leierskaps-opleiding vir doelgedrewe kerke stem ooreen met die dialektiese proses, Stelseldenke en spanbou, soos deur die verskillende VN-agentskappe betrokke by menslike hulpbron-ontwikkeling voorgeskryf.)

 

2. (“Equip”) Rus leiers van “diensknegte” (slawe) toe.

#8 Ontwikkel ’n wêreldvennootskap vir ontwikkeling. Eintlik was “Lewenslange Studie” (“Lifelong Learning”) die hoof- UNESCO Onderwysdoelwit sedert die VN agentskap gestig is.

3. (“Assist”) Help die armes.

#1 Wis ernstige armoede en honger uit.

4. (“Care”) Versorg die siekes.

#4 Verminder kindersterftes.

 

#5 Verbeter moeders se gesondheid.

 

#6 Beveg HIV/VIGS, malaria en ander siektes.

5. (“Educate”) Onderrig die volgende geslag.

#2 Bereik universele primêre onderwys.

Die geïmpliseerde mikpunte van VN Doelwitte #3 en #7 sal sonder twyfel by elkeen van Warren se vyf programme ingesluit word, veral by P, E, A en E.

#3 Bevorder geslagsgelykheid en bemagtig vroue.

 

#7 Verseker omgewingsvolhoubaarheid.

 

Laat ons nou elke “P.E.A.C.E” Plan mikpunt op die keper beskou:

 

  1. Stig Kerke. (“Plant”) Mikpunt nommer een klink goed. Maar hoe sal daardie “kerkplantjies” lyk? Sal hulle soos gekloonde Saddleback Kerke van Kalifornië lyk, of soos duisende ander kerke wat die doelgedrewe model navolg?

 

Nie presies so nie. Hedendaagse veranderings-agente sal hulle transformasiestrategieë versigtig by elke nuwe kulturele opset aanpas. Maar die kern van hierdie globale revolusie (“reformasie?”) bevat dieselfde sleutel-elemente: Omvattende kwaliteitsbestuur (“Total Quality Management”), psigo-sosiale leierskaps-opleiding, die bevordering van ’n positiewe (gekompromitteerde) evangelie en ’n permissiewe (“voel-goed”, nie-veroordelende) God, deurlopende hoogs-tegniese assesserings en remediërings, en die dialektiese proses, wat deur gefasiliteerde klein groepies opereer.

 

(Warren se PP1)                                                          4

 

Die sendingveld is die hele wêreld. Soos pastoor Warren sê:

 

“Biljoene mense ly daagliks agv probleme wat so groot is, dat geen regering dit kan oplos nie.... Die enigste ding wat groot genoeg is om die probleme van geestelike leegtes, selfsugtige leierskap, armoede, siektes en onkunde te kan oplos, is die netwerk van miljoene kerke regoor die wêreld...

‘Die Skrif wys ons, dat Jesus die Goeie Nuus meegedeel het, leiers opgelei het, die armes gehelp het, die siekes versorg het en die kinders geleer het... ‘Ons “P.E.A.C.E.” Plan sal presies die vyf dinge doen wat Jesus gedoen het, terwyl Hy hier op aarde was.’” [13]

 

Maar pastoor Warren se vergelyking met Jesus kon beswaarlik meer misleidend gewees het. Jesus het nooit die psigo-sosiale strategieë of die manipulerende bestuurstelsels wat die hedendaagse sosiale en geestelike transformasie aan”dryf”, aangewend nie!

 

Warren se aanvanklike indringing is in Afrika in, waar die P.E.A.C.E. Plan goed sal inpas. Dit het al reeds ’n vastrapplek in Rwanda, waar die 1994 volksmoord op die Tutsi minderheid die wêreld geskok het. Maar volgens die tydskrif “Time” is president Paul Kagame geen vriend van die Bybelse Christendom nie:

 

“Kagame het herhaaldelik sy minagting van godsdienstige organisasies verklaar. Toe Kagame Rick Warren dus verlede maand in Kigali se “Amahoro Stadion” toegelaat het om ’n arm om sy skouers te gooi en ‘vir die president gebid het’, het die skare daaroor gebrom. .... Kagame het sy regering tot ’n vyf-tot-sewe-jaar selfonderhoudingsprojek verbind. Rwandese vrywilligers sou as personeel dien, maar die projek sou deur Warren se netwerk van ‘doelgedrewe kerke’ geïnisieer, geadviseer en gedeeltelik gefinansier word. Warren praat daarvan om van Rwanda die wêreld se eerste ‘doelgedrewe nasie’ te maak.’” [14]

 

Wonder u waarom ’n ietwat anti-Christelike Afrika-president so ’n ooreenkoms sou aangaan? Kagame het daardie vraag beantwoord, toe hy in April in Saddleback Kerk gepraat het:

 

“...hulle het ons ook van die visie van die PEACE Plan vertel.... Dit is ’n visie met ’n groot doel, wat die wêreld se makroprobleme moet konfronteer; maar dit is prakties en het ’n eenvoudige strategie, omdat dit gebaseer is op die benutting van gewone mense, eerder as net die elite. Rick en ek het ooreengekom dat elke vennoot – die kerk, die regering en die sake-ondernemings, ‘n rol het om te speel, en ons is beter saam en meer doeltreffend wanneer ons saamwerk.” [15]  

 

“Meer doeltreffend” ten opsigte waarvan? Die stigting van Bybelse kerke – of “bekwaamheids-ontwikkeling” en die “ontwikkeling” van mense wat kollektief dink en inpas by die VN se visie? Sal samewerking met die “regering en sake-sektor” werklik help om Christussentriese kerke, met getroue “weergebore” Christene wat – deur God se genade – Sy Woord liefhet en volg, te vestig? Of sal dit kompromie en misleiding versprei? Sal dit God of mens behaag?

 

Sal dit dit bereik wat Warren voorhou as God se vyf hoofdoelwitte vir die kerk? Of sou al daardie doelwitte herdefineer word onder die vaandel van kerkgroei, kerkgesondheid en suksesgedrewe diens dmv kerk/wêreld-aliansies? [16] Vennootskappe staar probleme in die gesig, wanneer een vennoot al die geld of politieke mag beheer. Die beherende lid sal in ’n posisie wees waar hy die reëls en voorwaardes kan bepaal, en die ander lid/lede kan dwing tot onderwerping of uittrede.

 

Inderwaarheid is Rick Warren se vyf doelstellings al reeds gekompromitteer. “Warren verkondig enkele basiese leerstellings rakende God se doel om Homself te verheerlik en wat die mens moet doen in verhouding tot God,” skryf Richard Bennett in ’n artikel getiteld “The Purpose-Driven Life: Demeaning

(Warren se PP1)                                                          5

 

the Very Nature of God.”  “Die feit dat nie een van hierdie doelstellings Bybels korrek (verantwoordbaar) aangebied word nie, maak Warren se werk des te gevaarliker vir die ware begrip van Wie God is en van Sy Evangelie in Christus.” [17]

 

Beoordeel Warren se vyf hoofdoelwitte vanuit ’n Bybelse perspektief:

 

Aanbidding:

 

Postmoderne aanbiddingswyses is ontwerp om gelukkige gevoelens en menslike opgewondenheid op te wek, nie aanbidding wat deur die Heilige Gees geïnspireer is nie. Hulle wys heen na ’n positiewe en permissiewe God wat – soos ons menslike spanmaats – ons selfgesentreerde natuur sal toejuig en ons onheilige weë sal verskoon. Sulke feesvierings bots met die egte uitings van ’n Geesvervulde hart, wat ons wonderbare, heilige God sonder emosiewekkende, mensgesentreerde programme spontaan prys. (Kyk na “Spirit-Led or Purpose-Driven” op Berit se webtuiste: www.crossroad.to – kliek dan op “crossroad” en kyk ’n bietjie rond! Dis ’n wonderlike, verrykende ervaring!!)

 

Gemeenskap (“fellowship”):

 

Doelgedrewe “fellowship”neig om die hedendaagse dialektiese riglyne te volg. Dit lei groeplede in die rigting van ’n onBybelse “verdraagsaamheid”, emosiegebaseer, eerder as ’n feitegebaseerde “mededeelsaamheid”, en ’n swye tov Bybelse absoluutheid. In teenstelling hiermee, geskied Bybelse gemeenskap (“fellowship”), wanneer ons saamkom met ’n gemeenskaplike vreugde in Sy Woord, Sy wil en Sy weë, terwyl ons mekaar liefhet en bemoedig met Sy Woord en deur Sy Gees.

 

Dissipelskap:

 

Die nuwe kerkbestuurstelsels beroep hulle op opleiding in onderworpenheid en lojaliteit aan “die groep” en die nuwe sosiale etiek, nie aan God en Sy Woord nie. Dit vereis deelname aan kollektiewe denke, ’n studie van dienslewering (“service learning”) en prettige “spangeesbou-aktiwiteite.” Dit skram weg van God se smal weë en skeidende waarhede, en verdraai God se oproep tot Bybelse eenheid, tot ’n uitnodiging om by die wêreld op sy snelweg na korrupsie aan te sluit.

 

Bediening:

 

Die vorm en struktuur van doelgedrewe bedienings word toenemend gedefinieer deur nuwe bestuursguru’s, persoonlikheids-assesserings, gemeenskaps-opnames en groeps-aangetrokkenheid, en nie deur Bybelse leerstellings óf God se ware doelstellings nie! Die Bybel wys ons egter, dat ons hooffokus op die opbou van gelowiges deur die prediking en lering van Sy Woord en deur vermaning van en diens aan mekaar moet wees. Ons word geroep om saam te lewe en te werk deur Sy Gees – nie deur groepsdenke en polities korrekte verdraagsaamheid nie. In die ware Kerk ken en volg al die lidmate Jesus Christus, die Koning van al wat bestaan! Hy is nie ’n herontwerpte god, aanvaarbaar vir die wêreld nie, maar die heilige, almagtige God wat Homself deur die Woord geopenbaar het.

 

Evangelisasie:

 

Deesdae se sagte, nie-aanstootlike evangelie fokus op God se veronderstelde passievolle liefde vir mense wat van nature beminlik is, nie op Sy liefdevolle genade vir verdorwe sondaars nie. (Ef 2:1 tot 4). Wanneer “Christelike” veranderingsagente (“change agents”) die massas oplei om “buite die raamwerk” van God se onveranderlike Woord te dink, verkondig hulle ’n valse evangelie en verblind hulle die mense vir die enigste waarheid wat ons vry kan maak.

 

     

(Warren se PP1)                                                     6

 

Die pragmatiese veronderstelling (“Maar dit werk!”) dat die doel die middele heilig, het al reeds ’n kritieke aantal “Christelike” leiers verblind! Talle besef nie dat die “doel” wat hulle belowe is, bloot ’n illusie is nie. Opgelei om ’n kompromis-evangelie te aanvaar, versprei hulle dit in ’n wêreld wat in God se seëninge wil deel, sonder sonde-oortuiging of egte berou. Aangesien die postmoderne evangelie nie sulke reaksies vereis óf “aanstoot gee” aan ongelowiges nie, is dit maklik om die massas te oortuig om by die beweging aan te sluit.

 

Hierdie radikale reformasie word al hoe meer ontstellend, wanneer leiers soos Rick Warren hande vat met Bono, Ellen DeGeneres en ander VN ondersteuners in hulle evangelistiese kruistog en oorlog teen armoede. Omdat hierdie edele doelwitte reg in die VN se pogings inpas om nasies te “ontwikkel”, menslike hulpbronne op te lei, menslike kapitaal te bou, en sy globale bestuurstelsel te vestig, durf ons nie sy basiese filosofie ignoreer nie.

 

Wat meer is, is dat die hedendaagse sagte, sosiale “evangelie” seepglad met UNESCO se riglyne vir godsdiens in die nuwe wêreldorde konformeer. Onthou pastoor Warren se woorde: “Die eerste Reformasie het oor geloof gehandel. Hierdie een gaan oor aksies (dade).”  [11]

 

Dit maak alles sin. Die ware Evangelie gee mense aanstoot. Dit herinner ons dat mense gevalle wesens is, in sondebande, weg van God. Dit is hoekom God se Woord ons in 2 Kor 2:15 waarsku: “Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.” Dit herinner ons om nie gewildheid in die wêreld te verwag wanneer ons getrou aan Sy Woord is nie! Inteendeel word ons geroep om Sy smal, moeilike weg ten alle koste te volg:

 

“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.... As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg....omdat .... hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.”  (Joh 15:18 tot 21).

 

In teenstelling hiermee, sal humanitêre dade die wêreld se applous ontvang. Ook ’n “witgepleisterde” evangelie, ontneem van die aanstootlike waarheid en gefokus op die mens se waarde, eerder as God se geregtigheid, sal hierdie applous ontvang. Hierdie nuwe evangelie pas die visie van UNESCO (Die VN se Onderwys-, Wetenskaplike- en Kulturele Organisasie), soos saamgevat in sy “Verklaring van die Rol van Godsdiens in die Bevordering van ’n Kultuur van Vrede.” Let op dat hulle die booshede wat deur die valse of “kulturele Christendom” gepleeg is, gebruik om hulle kritiek op die ware Christendom te regverdig en om druk op alle godsdienste uit te oefen, om hulle riglyne vir globale diens in hulle nuwe wêreldorde te aanvaar:

 

1.      ...Ons is almal interafhanklik en deel ’n onvermydelike verantwoordelikheid vir die welvaart van die hele wêreld.

2.      Ons staar ’n krisis in die gesig, wat óf die selfmoord van die menslike spesie teweeg kan bring, óf ’n nuwe ontwaking en ’n nuwe hoop. Ons weet dat godsdiens.... ’n onmisbare rol het om te speel....

6.   Godsdienste .... het tot verdeeldheid, haat en oorlog gelei. Godsdienstige mense het te

                dikwels die hoë ideale wat hulle self verkondig het, verraai.

    8.   Vrede beteken, dat ons verstaan dat ons almal interafhanklik is.... kollektief verantwoordelik

       tot die gemeenskaplike voordeel.

          11.  Ons moet.... ‘n spiritualiteit (godsdiens) aankweek wat homself in aksies (dade)

                 manifesteer....

          13.  Ons verbind onsself daartoe om .... ‘n ware mensliewende onderwys vir almal te verseker.

                 Ons beklemtoon onderwys vir vrede, vryheid, en menseregte, en godsdiensonderwys om

                 openhartigheid en verdraagsaamheid te bevorder. {klemtoon deur vertaler}.

(Warren se PP1)                                                        7

 

19.    Ons geloofsgemeenskappe het ’n verantwoordelikheid om gedrag, wat deurtrek is met wysheid, deernis, mededeelsaamheid, liefdadigheid, solidariteit en liefde, aan te moedig; om een en almal te inspireer om die pad van vryheid en verantwoordelikheid te kies. Godsdienste moet ’n bron van helpende energie wees.

20.    .... Ons moet onderskei tussen dwepery en godsdienstige toewyding.

21.    Ons sal vrede ’n guns doen, deur die tendens van individue en gemeenskappe om aan te neem, of selfs te verkondig, dat hulle inherent verhewe bo ander is, teen te staan....

22.    Ons sal dialoog en harmonie tussen en binne godsdienste bevorder.... terwyl die soeke na waarheid en wysheid daarbuite gerespekteer word....

23.    ....Ons doen ’n beroep op die verskillende godsdienste en kulturele tradisies om hande te vat .... en met ons saam te werk.”  [18]

 

Of dit bewustelik, of bloot vanwee suksesgeoriënteerde pragmatisme was; die doelgedrewe kerkbeweging het gehoor aan die oproep gegee. Met bestuursguru Peter Drucker as sy mentor, dien Rick Warren se soektog na reformasie en transformasie die VN se visie uiters doeltreffend. Om die waarheid te sê, sing die twee dieselfde wysie. Soos Warren se visie van transformasie, doen “UNESCO” se Kultuur van Vrede Program ’n oproep om algehele transformasie na sy globale stelsel van assesserings en kontrole – “’n proses van individuele, kollektiewe en institusionele transformasie.”  [2]

 

Diegene wat VN literatuur bestudeer het, besef dat sy beoogde “Kultuur van Vrede” met groot graagte ’n gekompromitteerde vorm van die Christendom, wat die wêreldstelsel sal dien, sal aanvaar. Maar die Bybelse Christendom, so verag deur die wêreld, sal verban word – presies soos Christus Sy dissipels gewaarsku het:

 

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.”

(Mat 24:9 tot 13).

 

‘n Klein groepie sendelinge, wat stilweg onder die Afrika-armes werk, kan moontlik, deur God se genade, in staat wees om die volle Evangelie buite sig van die soekende oë van die nuwe globale bestuurders te verkondig. Maar die publisiteitshonger doelgedrewe beweging met sy gewilde agenda, sal deeglik gefynkam word vir sy stiptelike nakoming van die VN ideale. Vir sukses binne hierdie globale raamwerk van kontrole, moet dit konformeer met, voldoen aan, en uiteindelik die globale agenda dien. Sy woede mag heel moontlik fokus op daardie onkompromitterende sendelinge en getroue Christene wat eerder vervolging sal ly aan die hand van onverdraagsame “vredemakers”, as om hulle geliefde Here te verraai.

 

In die uitdagende dae wat voorlê, sal dit die moeite werd wees om die volgende twee Skrifgedeeltes te onthou:

 

“.... Daar kom selfs ’n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys.En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.”  [Joh 16:2(b) en 3]

 

“Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie, as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak: dit is om die Evangelie van God se genade te verkondig.”  [Hand 20:24]

*************************************************************************************

(Blaai om, asseblief!)

 

(Warren se PP1)                                                        8

 

Enkele slotgedagtes deur die vertaler:

 

  1. My opregte lof en eer gaan eerstens aan my Skepper, Jesus Christus, vir Sy genade en krag om hierdie artikel te kon vertaal!
  2. Baie dankie aan Berit Kjos (“Chous”) self, vir haar toestemming om haar artikel in Afrikaans te mag vertaal!
  3. Die webtuiste van Berit is:  crossroad.to  . Kliek dan weer op “crossroad”, vir ’n magdom kosbare artikels! Die volledige eindnotas van hierdie artikel is in Engels onder “The Emerging Global ‘Church’” te vinde!
  4. Berit se trefferboek oor die Christelike onderwys, “Brave New Schools”, kan óf van my, óf direk van Berit af, bestel word. Bestellings uit die VSA is duur en stadiger. My besonderhede is as volg: Christo Pretorius, selfoon 083 273 9637. Die boek se prys is R60, posgeld ingesluit.

 

Hierdie artikel mag in sy geheel gedupliseer en onveranderd GRATIS versprei word!

Warren se “P.E.A.C.E.” Plan & VN DoelwitteDeel 2

 

Toerusting van Leiers omSoos Jesus te Lei”?

 

Deur:  Berit Kjos

 

(Vir agtergrondinligting, kyk “Spirit-Led or Purpose-Driven?”, Warren’s P.E.A.C.E. Plan & UN Goals – The Emerging Global Church” [Part 1 of 4] en “Small Groups and the Dialectic Process”, op Berit Kjos se webtuiste:  crossroad.to; kliek dan op “crossroad”.)

 

“Ken [Blanchard] het ingewillig om met die ‘Peace Plan’ te help, en hy gaan help om ons in leierskap op te lei, en in te lig hoe om andere op te lei om wêreldwyd leiers te word. Om die waarheid te sê, hy was dié week hier en ek het hom gevra om kortliks videogroete oor te dra.” [1]  Oudiokasset van Rick Warren as inleiding tot die PEACE Plan en Ken Blanchard by Saddleback Kerk.

 

“Lei soos Jesus.... Gee jouself ’n drukkie, omdat jy dit verdien.” [1] Ken Blanchard se video-reaksie op bg voorstelling.

 

“Liewe Saddlebackgesin...moenie hierdie eerste bemoedigende boodskap van 40 DAE VAN VREDE, wat nou begin, misloop nie!!! ... Hierdie week het ek ’n gedeelte van hierdie boodskap in New York, waar ek by die Verenigde Nasies gepraat het, en ook by Die Raad vir Buitelandse Betrekkinge, meegedeel. Ek het julle lief en dank God vir julle! Pastoor Rick”. Groeps-e-pos, 17 September 2005.

 

“Verskeie kerke en denominasies maak daarop aanspraak, dat hulle “transformasie” ondergaan. Hierdie woord verwys egter nie meer na die nederige heiligmaking van die individuele gelowige nie. Veel eerder verwys dit nou na ’n georkestreerde, sistematiese en revolusionêre oordoen (“overhaul”) van die globale kerk (wêreldkerk), insluitend die ‘transformasie’ van stede, gemeenskappe, kulture, markte, en dies meer.” [2] Lynn en Sarah Leslie.

 

“Die Amerikaanse Christendom ondergaan ’n tweede reformasie,” het Rick Warren destyds in Februarie 2003 geskryf. Toe het hy sy transformasietema herhaal, wat baie na die “sosiale evangelie” met sy voorbarige miskenning van God se onveranderlike Woord klink:

 

“Die eerste Reformasie het duidelik gemaak wat ons glo. In hierdie reformasie gaan dit oor ons aksies en hoe ons optree in die wêreld. Dit betrek die sleutelkomponente van doel-stelling, desentralisasie, leke-mobilisering, die aanwending van tegnologie en deurlopende studie. Kerke wat verander, floreer en word meer doeltreffend. Kerke wat weier om te verander, sal die reformasie misloop en is besig om dood te gaan.”  [3]

 

Warren se oproerige dreigement het baie predikante en leiers oor die hele aarde ontstel. Hulle wil nie die “soustrein” na sukses misloop nie! Hulle sluit dus aan by die wêreld se soektog na gewildheidstoe-juiging, positiewe versekering, digitale data, en manipuleringsprosesse – insluitend die manipulerende strategieë wat deur UNESCO gepropageer word. En hulle kyk na Rick Warren, eerder as na die Woord van God, om hulle te wys hoe om “op te tree en watter aksies om te neem in die wêreld.”

 

Die eerste deel van hierdie reeks het die sleutelpunte van Rick Warren se P.E.A.C.E. Plan, asook die VN Millenniumdoelwitte uiteengesit. Onthou, pastoor Warren is onderworpe aan globale riglyne, wanneer hy binne die riglyne van die VN se bestuurstelsel funksioneer. Dit is egter geen probleem vir “Amerika se pastoor” nie. Sy “sagte” weergawe van die waarheid, vermyding van aanstootlike waarhede, en

 

(Warren se PP2)                                                          2

 

verdraagsaamheid van die “in”-kultuur pas pragtig in. In plaas daarvan om hom as ’n Christen te vermy, vry globalistiese leiers na hom as ’n nuttige bate. Buitendien; dit is noodsaaklik om die wêreld se kerke aan hulle agenda te koppel. Hulle benodig ’n “fluitspeler” (“Pied Piper”) wat die massas in die beoogde globale solidariteit kan intrek. Dit is dus geen wonder nie, dat Warren uitgenooi is om die Raad vir Buitelandse Betrekkinge (CFR) op 12 September 2005 toe te spreek, asook die leiers van die VN by geleentheid van ’n VN intergeloofs-ontbyt op 13 September 2005! [4] Sy P.E.A.C.E. Plan is ’n perfekte werktuig vir die bereiking van VN doelwitte:

 

  1. Stig (“Plant”) kerke (die fokus van Deel 1). Die doelgedrewe bestuurstelsel, gementor deur Peter Drucker, dien VN doelwit #8: “Ontwikkel ’n globale vennootskap vir ontwikkeling.” Die twee stelsels gebruik dieselfde tegnologieë, tegnieke, psigo-sosiale prosesse, en monitor die “menslike hulpbronne” wat vir verandering en ontwikkeling benodig word.
  2. Rus (“Equip”) dienskneg-leiers toe. (Die fokus van hierdie artikel). Deesdaagse leierskaps-opleiding – soos u in hierdie reeks sal sien – pas net so goed in die wêreld, as in die kerk. Kerk-vrywilligers is noodsaaklik vir die VN se soeke na globale solidariteit.
  3. Help (“Assist”) die armes. Dit pas reg in die kraal van VN doelwit #1: “Wis ernstige armoede en honger uit.”
  4. Versorg (“Care”) die siekes. Klop met VN doelwit #4: Verminder kindersterftes, #5: Verbeter moeders se gesondheid, en #6: Beveg HIV/VIGS, malaria en ander siektes.
  5. Onderrig (“Educate”) die opkomende geslag; #2: Bereik universele primêre onderwys.

 

Rus “dienskneg-leiers” toe:      

 

In Deel 1 het u Paul Kagame, President van Rwanda, die teikennasie vir die “PEACE”-Veldtog, ontmoet. Ooglopend het Rick Warren hom deeglik vir hulle gesamentlike “bediening” in hierdie klein, oorlogge-teisterde nasie in Afrika voorberei. Die president se verklaring aan Saddleback kerk verlede April, dien om herhaal te word, aangesien dit die raamwerk vir die struktuur van globale verandering skets: “Rick en ek stem saam,” het Kagame gesê, “dat elke vennoot – die kerk, die regering, en sake-ondernemings, ’n rol het om te speel en ons is beter tesame....”  [5]

 

Peter Drucker, Rick Warren se mentor en ’n sleutelargitek van sy doelgedrewe bestuurstelsel, sal ten volle met die drievoudige alliansie wat deur president Kagame bekragtig is, saamstem. Volgens die Drucker Stigting (Herdoop na die “Leader to Leader Institute”), is die wêreld al reeds in drie sektore ingedeel: publiek (regering), privaat (sakesektor), en sosiaal (burgerlike gemeenskap, insluitend kerke). Aangesien dit die regeringsektor aan die nodige hulpbronne ontbreek om die beoogde globale welsyn-sisteem daar te stel, moet die taak grootliks deur vrywilligers uit die sosiale sektor behartig word. En, soos pastoor Warren ons voortdurend herinner, is slegs kerke (hoofsaaklik doelgedrewe kerke) georganiseer en toegerus om in die wêreld se behoefte aan werkers, instrukteurs en afrigters te voorsien.

 

Oordink hierdie drie verklarings van Drucker se “Leier tot Leier Instituut”. Let op die verwysing na die Rockefellers, wat reg deur die afgelope eeu, globalistiese-, transformasie- en sosialistiese programme gefinansier en gestig het:

 

“Die Leier tot Leier Instituut wil die toekomspad vir die sosiale sektor uitstippel en die gelyke vennoot van die sakesektor en regering word, in die ontwikkeling van verantwoordelike leiers, sorgsame burgers en ’n gesonde, inklusiewe gemeenskap.” [Dit is hier waar die klein-groepie en dialektiese proses in die prentjie kom.]

 

“Die Instituut sal die beste leierskap- en bestuurstemme van oor die hele wêreld na die mense van die wêreld bring, met ’n fokus op die voorsiening van die sosiale sektor organisasies van die idees en gereedskap, om hulle in staat te stel om hulle kliënte en gemeenskappe beter te kan dien.”

(Warren se PP2)                                                    3

 

“Om kennis en ondervinding te verpak as werktuie vir leiers in die sosiale sektor,  in kritieke areas soos: fonds-ontwikkeling (fondsinsameling), bemarking, vrywilligerbestuur, samewerking, innovering, en die meting van resultate....”    [6]

 

“As die regering op sosiale uitgawes besnoei, sal baie mense verwag dat die sosiale sektor baie van die geskatte behoeftes vir dienste moet absorbeer... Ons praat nou van ’n egte vennootskap om die gemeenskap te bou en mense te voorsien (“produseer”) , wat deur gesonde sake-ondernemings en ’n gesonde gemeenskap benodig word.”  [7]

 

Doelgedrewe leiers pas presies by hierdie stelsel van gemeenskapsbou en menslike hulpbronbestuur in. Deur aksies (dade) eerder as dogma (leerstellings) te beklemtoon, vermy hulle konflik met hulle vennote – die regering en die sakesektor. Die feit dat president Kagame, Warren se regeringsvennoot in Rwanda, sowel met die Clinton Global Initiative, as met UNESCO saamwerk, voeg sekulêre ondersteuning, sowel as publisiteit, by hulle projekte. [8]

 

Volgens VN verdrae en verklarings, moet mense oral geleer (“afgerig”) word om kollektief te dink (in gefasiliteerde klein groepies) en om die basiese reëls te gehoorsaam. Dit sluit in polities korrekte verdraagsaamheid, gevoelsgesentreerde – nie feitgebaseerde dialoog nie, en die “allerbelangrike” outentisiteit (egtheid) {wat openlik die mens se aannames en gevoelens “bely”, sodat die groep dit kan “korrigeer” dmv dialoog en konsensus}.  Voortdurende assessering sal vordering, persoonlikheid en toegeeflikheid meet.  {Klem deur vertaler}

 

Bruce Wilkinson, skrywer van “Die Gebed van Jabes” en “The Dream Giver”, deel Rick Warren se visie vir Afrika en die betroubaarheid van “hoogs-tegniese” (“high tech”) instrumente vir suksesgedrewe leiers. Om die waarheid te sê, bied hy sy dienste as ’n “droom-afrigter” (?) , wat al die strategiese instrumente vir sukses kan voorsien, aan:

 

“Is jy opgewonde oor jou Droomreis, maar is nie seker waar om te begin nie? DISC en die Droom-Assessering sal vir jou net die regte instrumente gee wat jy benodig om jou Groot Droom te volg en te bereik.”

Om jou unieke tipe persoonlikheid te identifiseer, is DISC ’n eenvoudige, doeltreffende instrument wat getoets en gebruik is deur miljoene mense wêreldwyd. Die kort, aan-lyn (Internet) assessering help jou om te verstaan wat jou motiveer, jou persoonlike sterk- en swak punte, asook jou verhouding met ander mense.... Daar is ’n fooi vir die assessering...” [9]

 

Aangesien mnr Wilkinson op “hoogs-tegniese” bestuursinstrumente, eerder as die Heilige Gees staatmaak om sy “Groot Droom” te vervul, wonder ’n mens oor die bron daarvan. Natuurlik is hy nie die enigste gevierde leier wat op hierdie assesserings, wat nogal op “die beproefde sielkundige beginsels wat in die werke van Carl Jung en William Marston te vinde is, staatmaak nie.” [10] Die gewilde bestuursguru en skrywer, Ken Blanchard, wat dikwels toespraakgeleenthede vir Christenleiers soos John Maxwell en Rick Warren voorsien, beskryf dieselfde basiese assesserings op een van sy webtuistes.

 

Let op dat die Heilige Gees nie as ’n faktor in die DISC self-assesserings ingesluit is nie. Dit is ontwerp om die mens, nie God nie, vir menslike sterktes en suksesse te vereer:

 

“Die ‘Aan-lyn DISC Profileerder’ (“Online DISC Profiler”) is ’n kragtige instrument, wat jou kan help om jou eie doeltreffendheid merkbaar te verbeter. Met die unieke Self-Asses-sering en Waarnemer-assessering, is dit ontwerp om aan jou ’n omvattende blik te gee van jou interaksie met ander in alledaagse situasies. Die doel is om jou persoonlike “chemie” beter te verstaan, om sodoende jou verhoudings te verbeter. As jy eers jou gedragstyl se ken-merke ken, is dit maklik om te sien wat diegene om jou (aan)dryf...”  [11]

(Warren se PP2)                                                       4

 

Ken Blanchard – P.E.A.C.E. Plan leierskaps-opleier

 

Wonder u wie inderwaarheid die leiers van die enorme doelgedrewe transformasie van Rwanda, Afrika en die wêreld gaan oplei?

 

Pastoor Warren het Ken Blanchard gekies – “een van vandag se mees gesogte skrywers, sprekers, en sake-konsultante” [12] – om die “leiers wêreldwyd” te lei. As medeskrywer van “Die Een Minuut Bestuurder” en medestigter van die “Centre for Faithwalk Leadership,” klink Blanchard na ’n Christen: “Na ’n studie van sowel die teorie as die praktyk van leierskap vir meer as 35 jaar, het ek gevind dat Jesus die grootste leierskapsmodel van alle tye is,” vertel hy ons op ’n bladsy wat sy “Lead like Jesus Celebrations” bevorder. Hy gaan voort:

 

’Lei Soos Jesus’ sal jou, jou kerk, en jou gemeenskap toerus om Jesus op ’n kragtige, anderse wyse te ervaar – om te groei om Hom as die volmaakte leier van alle tye te vertrou.” [13]

 

Hoe sal Ken Blanchard mense toerus om Jesus op ’n kragtige, anderse wyse te ervaar?” Sal hy God se waarheid aanbied, dat mense tot sonde-oortuiging sal kom en nuutgemaak sal word deur die Heilige Gees?

 

Ooglopend nie! Toe hy “ongeveer 2000 leiers gedurende die jaarlikse Suid-Oos Christelike Kerk Leierskapskonferensie” verlede jaar toegespreek het, het Warren se filosofie in sy woorde weerklink, toe hy gedrag, nie geloofsoortuigings nie, beklemtoon het:

 

“Ek gaan van die standpunt uit dat, toe Jesus aan die einde van Matteus gesê het, ‘Gaan en maak dissipels’, die mense die evangelisasiegedeelte daarvan beklemtoon het en....vergeet het wat ‘dissipels maak’ beteken het. Dit is ’n volgeling, iemand wat doen wat ek sê. As leiers beïnvloed julle almal mense se denke, geloofsoortuigings en alles. Hy (Jesus) het ’n mandaat vir ons om dienskneg-leiers te wees....Mense vra my of ek geïnteresseerd in evangelisasie is. Ek is nie. Ek dink die volgende evangelisasiebeweging sal gedryf word deur anders op te tree.”

 

Aangesien Rebecca Barnes, redaktrise van “ChurchCentral.com”, Blanchard in die bogenoemde berig, “Serving to Lead like Jesus,” aangehaal het, is sy deur “Bud Press” gevra om te bevestig wat sy geskryf het. Oordink haar reaksie:

 

“Ek het met Ken Blanchard gepraat....en hy het gesê hy is nie in evangelisasie geïnteresseerd nie. Hy het Ghandi aangehaal, wat gesê het, as elkeen in die wêreld soos Jesus sou handel, elkeen in die wêreld ’n Christen sou wou wees.”  [15]

 

Hoe op aarde kan Mnr Blanchard dan Rick Warren se P.E.A.C.E. Plan se doel #1 lei: Plant (stig) kerke? Sonder evangelisasie mag daardie “kerke” mos moontlik met onweergebore lidmate gevul word? Sal die mense ooit weet van God se geopenbaarde feite oor Jesus? Watter soort geeste mag hulle “ervaar”, as hulle nog nooit die ware Evangelie (insluitend sy “skeidende” boodskap van oordeel, verlossing en oorwinning deur die kruis), verneem het nie?

 

Hierdie radikale afwyking van Jesus se Groot Opdrag sal seker nie diegene verras, wat weet dat Mnr Blanchard op die Adviserende Raad van “Die Hoffman Instituut” dien nie (Laas op 26-08-2005 gemonitor). Ander lede van die Adviserende Raad sluit in:

 

“Joan Borysenko...Voormalige Direkteur van die Gees/Liggaam Mediese Instituut aan die Harvard Universiteit... en skrywer van “Fire in the Soul: A New Psychology of Spiritual

 (Warren se PP2)                                                      5

 

Optimism.”

 

“Margot Anand Larkspur... Stigter van “Sky Dancing Tantra International,” en skrywer van verskeie internasionale trefferboeke, insluitend “The Art of Sexual Ecstacy,” “The Art of Sexual Magic”... Sy het ook intensiewe onderrig in “Gestalt”-terapie ontvang....”

 

“Rev. Hal Milton... ‘n “Unity” predikant... intensief onderrig in liggaamsterapieë, bewegingskunde en “Rolfing”....” (Strukturele integrasie. Dit word in “Encyclopedia of New Age Beliefs” onder die opskrif “Mystical and Supernaturalistic Health-Related Methods” geklassifiseer – bladsy 619; vertaler).

 

“Claudio Naranjo....een van die vroeëre personeellede aan die Esalen Instituut....is ’n leidende internasionale kenner van die “enneagram”. Hy het talle belangrike boeke oor bewussyn geskryf, insluitend sy onlangse “The End of Patriarchy.” (Die vader as hoof van die gesin). [16]

 

Hierdie “Vier-eenheidsproses” (“Quadrinity Process”) het sy oorsprong by “’n Amerikaanse spiritistiese medium” [17] by name Bob Hoffman. “Bekend vir sy intuïtiewe vermoëns, was Hoffman daaraan toegewy om mense te laat “ontwaak” tov die ontsagwekkende krag van liefde wat in elkeen van ons woon. Hy het geglo dat onvoorwaardelike liefde die geboortereg van elke menslike wese was. Hy het geskryf dat “Die GEESTELIKE SELF is die suiwer, nie-geprogrammeerde, nie-bemiddelde aspek van “self”, wat .... in harmonie met die Heelal weerklink.”  [18]

 

Dit klink beslis New Age, eerder as Christelik! Nogtans beweer Mnr Blanchard dat hy self baat gevind het by hierdie proses. In ’n promosie-onderskrywing op hoffmaninstitute.org , dweep Blanchard, “Die Hoffman Proses bring geestelike leierskap in ’n persoon na vore. Dit het my spiritualiteit lewendig gemaak.”

 

‘n Onderhoud met Raz Ingrasci, President van die Hoffman Instituut, werp meer lig op sy geloof in hierdie New Age mag:

 

“Ken Blanchard (KB): Mense soek na ’n soort hoër mag om hulle te help....

“RI: Daar is ook die gevoel dat, wanneer ’n mens in harmonie met ’n hoër mag optree, die aksie meer neig om na sukses, sowel as bevrediging te lei....

“KB: Reg....

“RI: Met ander woorde, mense bring geestelike waardes in hulle sake-ondernemings in, deur eers spiritualiteit in hulle alledaagse lewens in te bring.... Hoe help die “Hoffman Proses” hiermee?

“KB: Inderwaarheid bring die “Hoffman Proses” geestelike leierskap in ’n persoon na vore. Sedert ek die Proses deurloop het, is my titel in ons firma “Hoof Geestelike Beampte.” Nou werk ek aan die skepping van ’n Sentrum vir Hoof Geestelike Beamptes...

“RI: In die Proses lê mense hulle ou, valse “self” af, om ’n ware en liefdevolle, edel dienskneg in hulle binneste te openbaar, wat ons ons “Geestelike Self” noem....

“KB: Ja.... Die essensie is, om hierdie gees in jou hart in te laat, sodat jy van binne af buitentoe ’n ander mens kan word.... Dit het my ’n manier gegee om my spiritualiteit die kern van my lewe te laat wees.

 

“RI: Van watter belang, vind jy, kan die gee van tiendes, diensbaarheid of gawes vir liefdadigheid vir ’n mens se sakebelange wees?

“KB: Ek dink dit is allerbelangrik, dit gaan oor energie. As jy net energie ontvang, is jy ’n energietapper. Deur die gee van tiendes, deur terug te gee, om dankbaar te wees, stuur

(Warren se PP2)                                                     6

 

energie uit en jy kry meer energie terug. John Templeton sê vir mense dat die beste geldpraktyk ter wêreld is, om 10% van wat jy verdien, weg te gee.”   [19]

 

Ek kan nie help om te wonder watter “gees” Mnr Blanchard “in sy hart ingelaat het” nie. Is hy geheel en al blind vir die onbybelse aard van die “spiritualiteit.... in die kern” van sy lewe? Die Vier-eenheids-Proses is onversoenbaar met Bybelse waarheid! In werklikheid het Jesus aan die kruis gesterf, om ons van die duister magte wat die Hoffman Proses dryf, te bevry! Die twee verskil soos dag en nag! Ek kan eenvoudig net nie help om te wonder watter “gees” hy “in sy hart ingelaat” het nie.”

 

Nogtans lyk dit of die gevierde leierskaps-opleier vir Warren se PEACE Plan glo dat die twee bymekaar pas. Hierdie vreemde teenstrydigheid herinner my aan ’n wyse verklaring in “A Time of Departing” deur Ray Yungen:

 

“Satan is nie eenvoudig besig om mense na die donker kant van ’n “goed-teen-kwaad” konflik te trek nie. Hy is inderwaarheid besig om die gaping tussen hom en God, tussen goed en kwaad, geheel en al te probeer uitwis.”  [20]  

 

Aan die ander kant sê die Bybel vir ons: “...en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak.” (“...bestraf dit eerder – OAV) [Ef 5:11]

 

In sy onderskrywing van “The Seven Spiritual Laws of Success,” deur New Ager Deepak Chopra, skryf Blanchard, “’The Seven Spiritual Laws of Success’ is wonderlike rigtinggewende beginsels vir enige iemand wat poog om ’n produktiewe en bevredigende lewe of humanistiese organisasie te stig.” Is dit? Vir ’n Christen?

 

“Iets groots is besig om te gebeur,” het Dr Thomas Hohstadt, wat homself bestempel as ’n “toegewyde Christen”, geskryf. “....die wyse waarop ons dink, is besig om te verander. En – as ’n resultaat – is die wyse waarop ons glo, besig om te verander. Daardie geloof is natuurlik nie ’n ander ‘Woord’ nie, dis ’n ander begrip van die Woord, want spiritualiteit is besig om omskep te word ten gunste van nuwe gevoelens (“sympathies”). Geloof is besig om om te skakel na nuwe sensitiwiteite toe. En hierdie Geesgebore eeu skenk geboorte aan ’n nuwe gees!”  [21]

 

Dr Hohstadt is reg tov die transformasie – maar tragies mislei tov God en Sy Woord. Aangesien sy opsomming ons ’n blik op vandag se “nuwe denke” en globale reformasie gee, oordink tog sy volgende punte:

 

“Selfs kerkleiers ‘dink’ anders. Wat eens op ’n tyd ’n ‘subkultuur’ was, is nou hoofstroom. Wat eertyds vernederend was, is nou gerespekteerd.... Ons is meer medeskrywers as bystaanders. Ons wêreld is meer ’n ‘Skeppende’ as ’n ‘Skepping’.... Die kwantumwêreld belowe, dat ons ‘aan die Heilige Gees aanbiedinge kan maak wat Hy nie kan weier nie,’ .... Wanneer ons besluite en God se wil mekaar gesamentlik beweeg, kry die rol van goddelike aksie ’n totaal nuwe betekenis.... Vandag is ons verbeelding besig om gedoop te word, en ons vensters op God se wonderwerkende teenwoordigheid is besig om te heropen.” [21]

 

Dit lyk of alles omgekeer word! Is dit waaroor hierdie globale “transformasie” werklik gaan? Leiers kan daarop aanspraak maak om Christene te wees en die Bybelse vaste bevestigings spreek – en terselfdertyd die realiteit van absolute waarheid verwerp, om sodoende die nuutste mengsel van “goed-voel” spiritualiteit, selfverheffende sielkunde, “New Age” bevestigings, en pragmatiese sielkundige strategieë na te volg.

 

 

(Warren se PP2)                                                        7

 

Goddank vir Sy wonderbare Woord! Dit bring ons terug na die werklikheid! Dit herinner ons ook daaraan, dat Satan meer as gewillig is om sy verleiding eeu na eeu te herhaal, omdat die menslike natuur nie verander nie. Maar in die midde van die geestelike oorloë, het ons Here ons bewapen met Sy waarheid en Gees, sodat ons verleiding kan onderskei en in Sy oorwinning kan wandel!

 

“Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis,...

Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand!”  [Jes 5:20 + 21]

 

“...want daar sal ’n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend. Maar bly jy in alle omstandighede nugter,...  [2 Tim 4:3 tot 5(a)]

 

“Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in Sy triomftog omdat ons een is met Christus...”  [2 Kor 2:14(a)]

 

 

Enkele slotgedagtes deur die vertaler:

 

  1. My opregte lof en eer gaan eerstens aan my Skepper, Jesus Chriatus, vir Sy genade en krag om hierdie artikel te kon vertaal!
  2. Baie dankie aan Berit Kjos (“Chous”) self, vir haar toestemming om haar artikel in Afrikaans te mag vertaal!
  3. Die webtuiste van Berit is:  crossroad.to . Kliek dan weer op “crossroad” , vir ’n magdom kosbare artikels! Die volledige eindnotas van hierdie artikel is in Engels onder “Equipping Leaders to ‘Lead Like Jesus’” te vinde!
  4. Berit se trefferboek oor die Christelike onderwys, “Brave New Schools”, kan óf van my, óf direk van Berit af, bestel word. Bestellings uit die VSA is duur en stadiger. My besonderhede is as volg: Christo Pretorius, selfoon 083 273 9637. Die boek se prys is R60, posgeld ingesluit.

  

Warren se “P.E.A.C.E.” Plan & VN DoelwitteDeel 3

 

Wie Dien Ons?

 

Deur:  Berit Kjos – September 2005

 

(Hierdie artikel kan in die oorspronklike Engels op Berit se Webblad “crossroad.to” gevind word; u kliek dan net op “crossroad”, om ‘n rykdom van christelike artikels te ontdek! – Christo Pretorius).

 

“Warren...het die kerk se verbondenheid onthul tot ’n nuwe reformasie in die Christendom en visie van ’n wêreldwye geestelike ontwaking in die 21ste eeu, deur die “PEACE” Plan wat, soos hy glo, een biljoen voetsoldate sal mobiliseer ... teen die jaar 2020.” [1]

 

“Die laaste ding wat gelowiges deesdae benodig, is om nog ’n Bybelstudie by te woon. Hulle weet al reeds veel meer as wat hulle in die praktyk toepas. Wat hulle benodig, is diens-ervaring...” [2] Rick Warren, Purpose Driven Life

 

“’Die P.E.A.C.E. Plan sal ’n revolusie vir ’n globale (wêreld-) Christendom wees....Ek sien ’n stadion vol mense wat vir God sê dat hulle sal doen wat ookal nodig is, om God se Koninkryk ‘op die aarde, soos in die hemel’” te vestig.’” [3] Rick Warren   

_____________________________________________________________________________

 

Soos u in Deel 2 van hierdie reeks gesien het, pas Rick Warren se PEACE Plan presies in by die wêreld-opmars (“global march”) na sosiale solidariteit. Die immer wyerwordende web van gemeenskapstelsels, soos in die vooruitsig gestel deur Peter Drucker, (Warren se mentor) word nou omhels deur pastore, politici, regeerders en gemeenskapsleiers dwarsoor die wêreld. Soos pastoor Warren, blyk hulle almal saam te stem dat die groeiende globale welsynstelsel ’n wêreldwye leër van “vrywillige” dienaars benodig. [4]

 

Dit maak sin! In September 2005 is pastoor Warren uitgenooi om die Verenigde Nasies, asook die Raad van Buitelandse Betrekkinge toe te spreek – twee invloedryke organisasies, vasbeslote om die wêreld te verenig onder ’n nuwe stel sosiale reëls en stelselbeheer. [5] Beide streef ’n vreedsame transformasie na, wat die “verdelende” waarhede van die Evangelie sal versmoor en die Christelike geloof aan UNESCO se “Verklaring ten opsigte van die rol van Godsdiens” sal konformeer. Beide besef die nodsaaklikheid daarvan om kerke by hulle wêreldwye netwerk van vennote en werkers te betrek. [6] Beide besef dat Rick Warren – ‘n uiters “magnetiese fluitspeler” (“Pied Piper”) vir hulle transformatoriese agenda – hulle grootse doeleindes goed kan dien.

 

President Bush weet dit ook. Hy het Rick Warren, asook ander “sosiale entrepreneurs” op 1 Junie 2004 by die Withuis ontmoet. Na ’n strategiese dialoog is sy nuwe “leër van deernis” aan die aanwesiges by die “Eerste Withuis Nasionale Konferensie oor Geloofsgebaseerde en Gemeenskaps-inisiatiewe” bekendgestel. Die President het aangekondig:

 

“Ek kom van ’n – wat ons noem ‘ronde tafel’...waar ek ’n aantal genesers, en manne van daad, en gemeenskapswysigers ontmoet het:  ...Pastoor Rick Warren, van Saddleback Kerk, Lake Forest, Kalifornië – (applous).... Jim Sprouse, pastoor van “Trinity United Methodist”.... Waar daar wanhoop is, moet ons ons be-ywer om hoop te bring.” [7]

 

Onthou, President Bush het biljoene dollar belowe om VIGS in Afrika te beveg. Nie net het hy twee jaar gelede die VSA onder die sosialistiese sambreel van UNESCO teruggebring nie, hy het nou met die VN

 

(Warren se PP3)                                                     2

 

saamgewerk, om sodoende Amerika se onderneming om armoede in Afrika te help uitwis, asook om menslike hulpbronne in Afrika te help ontwikkel. Warren se PEACE Plan pas hom goed.

 

In Dele 1 en 2 het ons die eerste twee punte in Warren se PEACE Plan in oënskou geneem: (1) Stig Kerke en (2) Lei Leiers Op. U het Ken Blanchard ontmoet, pastoor Warren se gekose agent om doelgedrewe leiers dwarsoor die wêreld op te lei. Nou, in Deel 3, sal ons die volgende twee punte onder die loep neem: (3) Help (“Assist”) Die Armes en (4) Versorg (“Care”) Die Siekes.

 

3. Help (“Assist”) Die Armes

 

Die dromslag vir sosiale aksie het die massas vroeg in Julie 2005 opgesweep. Dit is toe Rick Warren en “World Vision” saamgespan het met Bono, Madonna (wat die mistieke/okkultiese Kabbala bevorder), Beatle ikoon Paul McCartney, Snoop Dog, Faithless, Bon Jovi, Slash (van Velvet Revolver) en baie ander beroemde of berugte ondersteuners van “ONE – The Campaign to Make Poverty History.”

 

“Ek glo ernstig,” het Warren gesê, “dat as ons as evangeliese (gelowiges) stilbly en nie praat ter verdediging van die armes nie, ons ons geloofwaardigheid en ons reg om oor God se liefde en Woord te getuig, verbeur.” [8]

 

“Watter gemeenskaplike doel kan Pink Floyd en Rick Warren verenig?” het Mindy Belz in haar artikel, “Whose Jubilee?” gevra. Sy gaan voort:

 

“Meet Live 8, ONE, Make Poverty History,” en die “Long Walk to Justice....Die veldtog, beplan om wêreldleiers nog voor volgende maand se G8 vergadering te dwing om die skuld van sekere arm lande af te skryf en openbare hulp te verhoog, het verlede week so fel geword, dat dit die popgroep Pink Floyd van die 70-erjare weer herenig het, en ook Purpose Driven Life skrywer, Rick Warren, met die stroom laat meegaan het...

Maar van die verhoog af, sê ’n groep toonaangewende ekonomiste en studente, die G8 plan is nie net mislei nie, maar skadelik, veral vir kerkgebaseerde armoedebestrydingspogings. ‘Skuldkwytskeldings beloon die korrupsie en onbekwaamheid van regerings wat lenings misbruik het.’” [9]

 

‘n Paar weke later vlieg Rick Warren na Birmingham, Engeland, om deel te neem aan die liberale,intergeloofs- Baptiste Wêreld-Alliansie Eeufees-Konferensie (BWACC). “God het ons geroep om dit te geniet en gemeenskap met mekaar te be-oefen en saam te werk,” het hy aan verslaggewers gesê, en ’n gewilde slagspreuk vir die beoogde solidariteit bygevoeg: Baptiste kan “ons diversiteit vier en ons eenheid vier.... Die eerste Reformasie het oor geloof gehandel. Hierdie een moet oor aksies (gedrag) gaan.”  [10]

 

Jimmy Carter, nog ’n hoëprofielspreker by die BWACC, sal waarskynlik saamstem om daardie “verdelende” ou Skrifgedeeltes, wat sonde geïdentifiseer en afskeiding vereis het, te verkleineer. “Daar is ’n intense honger onder Christene wêreldwyd, vir die heling van die verskille wat ons nou van mekaar skei,” het die voormalige president aan verslaggewers gesê. “....Alle groot gelowe – die Christendom, Judaisme, Hinduisme en Islam – onderskryf die basiese beginsels van vrede, geregtigheid, waarheid en die verligting van lyding.” As ’n oplossing vir verdeeldheid, stel hy voor: “intergeloofsdialoog.... Dit is nodig dat ons bymekaar terugkom.” [11]

 

Terug bymekaar? Die ware Evangelie agterlaat? Hoe sou ’n intergeloofsdialoog, op konsensus toegespits, die sentrale waarheid van die kruis en die opstanding van ons Here hanteer? Vervolgde Christene het hulle lewens vir daardie lewensbelangrike, saligmakende waarhede gegee! Sou vandag se “Christenleiers” verkies om Bybelse geloof vir ’n illusie van solidariteit te verruil?

 

(Warren se PP3)                                                    3

 

Dit is presies wat baie doen! Rev Dr Michael Taylor, voormalige “Christian Aid” hoof uitvoerende beampte en Baptistepredikant, het hierdie slotboodskap gelewer:

 

“Die enigste potensieel realistiese wyse om westerse regerings sover te kry om hierdie sake aan te pak, is om die sterkste, mees pro-aktiewe netwerke van aktiviste dwarsoor die wêreld te bou. Dit sal beteken, om met ander Christene en met mense van ander gelowe te skakel, en saam te werk op verskillende maniere tot almal se gemeenskaplike voordeel.” [12]

 

Klink dit meer na die “sosiale evangelie” as na die Groot Opdrag? Het fisiese welsyn meer belangrik as die waarheid oor God en Sy genade geword? Is die stryd teen sosiale, politieke en ekonomiese skelms, eerder as teen die “owerhede...magte...[en] bose geeste in die lug?” [Efésiërs 6:12] Indien wel, is dit ’n verlore stryd! [13]

 

Natuurlik gee God vir die armes om, en ons behoort dit ook te doen. Maar in die Nuwe Testamentiese tye is die deernisvolle versorging van die armes aan evangelisasie gekoppel – ‘n lewensbelangrike bediening wat Ken Blanchard, Warren se gekose leierskapsonderwyser (“-afrigter”!? – Christo Pretorius) oënskynlik laat vaar het. “...hy sê hy is nie geïnteresseerd in evangelisasie nie,” sê Rebecca Barnes, redaktrise van ChurchCentral.com. [14]

 

Die vroeë dissipels het wel deeglik besef dat hulle grootste gawe aan die armes en behoeftiges die Evangelie was, wat oortuiging van sonde bring, Godgegewe berou aanspoor en die deur na die ewigheid met Jesus open. Hulle deernis sou nie net God se liefde in ’n wrede en vyandige wêreld demonstreer nie; dit sou ook in harte die heerlike belofte van God se ewige Koninkryk plant. Dit is hoekom die vroeë Christene vervolging in die gesig gestaar het. Soos Jesus verduidelik het: “....omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.” (Joh 15:19)

 

Martelare wat betrap is dat hulle God se “aanstootlike” waarhede gespreek het, kon maklik marteling en die dood ontsnap het. Sommige is aangesê om net ander gode saam met hul eie te aanbid, maar dit was ondenkbaar vir dié wat Jesus liefgehad het. Hulle sou eerder sterf as om hulle Here te verraai! Die roerende getuienis van sulke onkompromiterende geloof, het tallose meer in die sorgsame arms van die Kerk ingetrek.

 

In die vroeë Kerk het deernisvolle diens aan die armes en behoeftiges hoofsaaklik op hulle eie geestelike familie gefokus – die getroue broers en susters in Christus. God se Woord sê vir ons:

 

“Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.” Deut 15:11.

 

“Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.”

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: “Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?”

 

En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”

Matt 25:35-40.                                                             

 

“Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.”  Gal 6:10.

(Warren se PP3)                                                     4

 

“....verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; ...Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges....”  Rom 12:9-13.

 

Maar alles is besig om te verander! Bemarking, manipulering, kompromie, top-na-onder standaarde, inmengende assesserings het die norm geword. En die VN neem die leiding. [Sien “The UN Plan for your Community” op Berit se Webblad!] UNESCO se “Management of Social Transformations” (MOST) Program is een van hulle meer innoverende programme. Let in die aanhaling hieronder op na Peter Drucker se driepoot “gemeenskapstoel”: Vennootskappe tussen die publieke sektor (regering, wat die standaarde stel), die private sektor (sakesektor), en sosiale sektor (siviele gemeenskap, veral kerke). Herkou veral die woorde: sosiale uitsluiting.

 

“Beste Praktyke, in die MOST Databasis, is modelprojekte of beleide wat daarop gemik is om die lewenskwaliteit van individue of groepe, wat onder armoede of sosiale uitsluiting ly, te verbeter. Hulle is kenmerkend op die samewerking tussen nasionale of plaaslike owerhede, nie-regerings-organisasies (“NGO”s) en plaaslike gemeenskappe, die privaatsektor, gebaseer...

“MOST spits sy aktiwiteite toe op die [1] bestuur van verandering in multikulturele en multi-etniese gemeenskappe [2] die studie van stede as die terreine vir versnelde sosiale verandering; [3] plaaslike bestuur van ekonomiese-, tegnologiese- en omgewingstransformasies; en [4] die uitwissing van armoede en sosiale uitsluiting.” [15]

 

Oënskynlik sal PEACE Plan Kerke vir die eerste en laaste van daardie UNESCO doelwitte sorg. En die sleutelgedeelte van die transformasieproses sal deur klein groepies gefasiliteer word, opgelei om te dialoog, kompromiteer (die sintetisering van diverse gelowe) en ’n steeds hoër “gemeenskaplike grond” te soek. Geskep onder die banier (“dekmantel!?” – Christo Pretorius) van gemeenskap (“fellowship”), heling, en dissipelskap, sal hierdie dialektiese groepe lede aanspoor om individuele denke vir kollektiewe denke te verruil.En die meer reaksionêre lede sal gekies word om ander in hierdie nuwe globale paradigma (lewensbeskouing), wat deur die VN, CFR (Council of Foreign Relations) en die Bush administrasie beoog word, in te lei.

 

Want almal moet een wees! “Sosiale uitsluiting”, soos armoede, moet stop. Alle vorme van sosiale skeiding – of dit nou op geloof, seksuele voorkeure, morele waardes of enige iets anders gebaseer is, moet deur solidariteit vervang word. Die massas sal die program navolg, want slegs hulle wat die “verantwoordelikheid” om te konformeer, omhels, sal die “reg” hê om vry te wees. En die oorlog teen armoede en VIGS sal gebruik word om hierdie on-Amerikaanse transformasie te regverdig.  

 

4. Versorg die Siekes

 

Hierdie doelwit lê my na aan die hart. Lank gelede het ek verpleging as beroep gekies, omdat ek siekes wou versorg. My “beroep” is kortgeknip toe ons eerste kind gebore is, maar een van ons seuns het medies gaan studeer, met dieselfde begeerte om God te dien deur ’n bediening onder die siekes. Ek kan dus verstaan waarom Rick en Kay Warren so geraak is deur die groot nood in Afrika.

 

Op ’n webblad getiteld “Personal P.E.A.C.E. Plan,” beantwoord Rick Warren die vraag, “Wat kan ek doen?” In die seksie oor “Versorg die Siekes,” gee hy die volgende antwoord:

 

  • Verrig ’n daad van praktiese goedheid aan iemand wat siek is: neem vir hulle ’n ete, bied aan om  

Hulle dokter toe te neem, doen inkopies of neem boodskappe, pas hulle kinders op, of stuur ’n bemoedigende briefie.

  • Bid vir genesing, krag, troos en vrede vir diegene wat ek weet wat fisies ly.
  • Besluit om daagliks vir twee weke lank vir daardie persoon te bid.
  • Dra egte besorgdheid oor deur opvolgwerk met daardie persoon te doen.” [17]

(Warren se PP3)                                                      5

 

Hy het waarskynlik ’n veel meer uitgebreide plan vir sy bediening aan hulle wat aan VIGS ly in Afrika. Ek hoop maar net dit beteken nie die kompromitering van God se morele riglyne en die regverdiging van promiskuïteit nie. Net Hy kan per slot van sake mense uit geestelike gebondenheid in die vryheid in Jesus Christus uitlig! Maar Sy gawe van geloof en vryheid kom net na sonde-oortuiging en egte berou. So ’n bekering stort in duie wanneer die ware Evangelie vervang word met positiewe versekerings dat God simpatiseer met ons sondes en ons lyding gesondmaak, maak nie saak hoe hardkoppig ons ons gedrag verdedig nie.

 

Nogtans blyk die konsensus by onlangse internasionale konferensies oor VIGS in direkte konfrontasie met sulke “verdoemende” gelowe. En Christenpredikante wat in die openbare kalklig dien, sal gewis teenkanting in die gesig staar as hulle sulke “morele sekerhede” versprei. Inderdaad, die hieropvolgende verslae illustreer die groeiende konsensus dat VIGS-werkers eerder seksuele losbandigheid moet goedpraat, as om dit te bevraagteken. Wanneer u dit lees, onthou hoe tienerswangerskappe en seksueel oordraagbare siektes vermenigvuldig het met die ondergang van die stigma wat aan promiskuïteit gekleef het:

 

Wêreld- VIGS-Veldtog (WAC): “...die Verklaring van Onderneming tov HIV/VIGS het sekere ondernemings uitgestippel, waaraan die internasionale gemeenskap sou werk om te volvoer, insluitend voorkomingsveldtogte, die vermindering van stigma ....en die versekering van behandeling, versorging en respek van mense wat met HIV of VIGS leef. ...Soos Kofi Anan, VN Sekretaris-Generaal, gesê het:.... ‘Almal van ons moet VIGS as ons probleem herken.’”

 

Om vennootskappe te bou, gaan oor samewerking met ander om ons doelwitte te bereik. [Let op die kommunitêre raamwerk]: “Vennote moet verenig wees, beide van binne en van buite die gesondheidsektor, van die regerings-, nie-regerings- en die privaatsektor, om saam te werk aan ’n gemeenskaplike doel om die reaksies op VIGS te verbeter.... Die “WAC” is besig om vennootskappe op internasionale, streeks- en plaaslike vlakke daar te stel. Dit sluit alliansies in met ... geloofsgroepe, soos die Ekumeniese Voorstanders-Alliansie.

 

“Moenie bang wees nie” – Doen iets vir vrede: “Die Ekumeniese Voorstanders-Alliansie word deur die Evangelie gedring om ’n beroep op alle kerke, verwante organisasies en mense van geloof te doen, om hulle rol as vredemakers te vervul.... Ons het hierdie taak aangepak met ’n spesiale fokus daarop om die stigma en diskriminasie teen mense wat deur HIV/VIGS geaffekteer is, te oorkom.”  

 

“Ek gee om, en jy? Die Kerke sê JA!  “Beveg HIV- en VIGS-verwante sigma en diskriminasie.”

 

Ekumeniese Voorstanders-Alliansie: “Christene glo dat almal na die beeld van God geskape is en dat die erkenning van en respek vir die waardigheid van elke menslike wese, ongeag omstandighede, die beginpunt van al ons aksies en reaksies is. Deur die regte van mense wat met HIV en VIGS lewe, te beskerm en ’n gesindheid van sorg en solidariteit te bevorder, wat alle vorms van stigmatisering en diskriminasie verwerp, word hulle waardigheid as menslike wesens ten beste beskerm.

 

“Ons word ook geroep, om die versperrings van “ons” en “hulle” af te breek en saam te staan met mense wat lewe met en beïnvloed is deur HIV en VIGS... In antwoord op God se genadige en inklusiewe liefde vir die hele mensdom, word die kerk geroep om aanvaarding van almal na te boots.... Sekere kwesbare mense wat vatbaar is vir hoë-risiko gedrag (...mans wat seks met mans het, sekswerkers van beide geslagte) het spesifieke aandag, deernis, vertroue en begeleiding nodig...

 

 

(Warren se PP3)                                                    6

 

“In hulle profetiese rol, moet kerke nie vrees om sigbare en sterk sosiale ondersteuning vir effektiewe metodes van voorkoming te bied nie.... [Bedoeling: Moenie huiwer om kondome aan te moedig nie, maar moet nie praat van sonde nie!]

 

“Bevorder volle deelname van positiewe mense binne geloofsgebaseerde organisasies, openbare gemeenskap en regeringsresponse...

 

“...’n 12-lid Strategiegroep...sal strategieë ontwikkel, die implementering monitor...”

 

Uiters belangrik vir hierdie “gesondheidstelsel”, is die bemarkingstrategieë – gewoonlik meningspeilings, kragveld-analise, en hoë-tegnologie datastelsels om onderworpenheid te monitor, “vordering” te meet en te analiseer “wat werk.” Soos in nuwer totalitêre regimes, word doeltreffende vergoedings aangewend om die massas af te skrik van die angs van toesig en kontrole. In Brave New World beskryf Aldous Huxley die verleidelike “gevoelens” (“feelies”) wat kompenseer vir die verlies van vryheid en privaatheid in die kollektiewe of “gesonde” gemeenskap. Die eerste noem hy “seksuele vergunning”:

 

“Soos politieke en ekonomiese vryheid afneem, neig seksuele vryheid om toe te neem. En die diktator.... sal wys wees om daardie vryheid aan te moedig. In samewerking met die vryheid om te “dagdroom” [die fokus van die realiteit na die fantasie of verbeelding te verskuif] onder die invloed van dwelms, rolprente (TV) en die radio, sal dit help om sy onderdane te versoen met die slawerny wat hulle lot is..” [18] (Sien “Serving the Greater Whole”) Op Berit se webblad.

 

Aldous Huxley was geen profeet nie, maar as ’n Fabiaanse Sosialis in die utopiese atmosfeer wat die Tweede Wêreldoorlog voorafgegaan het, was hy goed bekend met globale visies en utopiese drome. Sy broer, Julian Huxley, is as die eerste hoof van UNESCO, die onderwys- en kulturele arm van die VN, verkies. Sedertdien is die meeste waarskuwings in Brave New World verwesenlik.

 

Dit lyk of Rick Warren by ’n ander groep dwepers aangesluit het: dié wat ’n dominiumistiese siening van die eindtye aanhang. Terwyl hy sy “P.E.A.C.E. Plan” as ’n “revolusie vir die globale Christendom” sien, sê hy: “Ek sien ’n stadion vol mense wat vir God sê, hulle sal doen wat ookal nodig is, om God se Koninkryk ‘op die aarde, soos in die hemel’ te vestig.” [3] [Sien The Second Reformation].

 

Maar menslike drome en kollektiewe dade kan nooit “God se Koninkryk ‘op die aarde, soos in die hemel’ vestig” nie. Wat belangrik is, is God se weë, nie ons weë nie, en Hy het ons ’n heeltemal ander prentjie van die einde gewys. Dit is hoekom Jesus ons gewaarsku het om waaksaam te wees – altyd op die uitkyk vir die werklike tekens van die eindtye  (voordat Hy, nie ons nie, alle dinge nuut maak). Hierdie tekens sluit in:

 

·        Meer oorloë en verwoesting. (Matt 24:7-8)

·        ‘n Totalitêre wêreldregering. (Openb 13)

·        ‘n Indringende “merk” wat die koopkrag van elke mens sal identifiseer (Openb 13:16-17)

·        Baie valse herders en profete (Matt 24:24-25)

·        ‘n “Afval” van die Bybelse geloof (2 Thess 2:3).

 

Universele geloof in die Bybelse God is nie deel van die eindtydprentjie nie, hoewel kragtige wonders die massas sal verbaas. Ja, ons God is ’n wonderwerkende God! Maar Hy waarsku ons om “die geeste te toets” en op oplettend te wees vir dwalings:

 

“Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot mags-vertoon en allerhande valse tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Dit is ook waarom God

 

(Warren se PP3)                                                  7

 

hulle aan die mag van die dwaling oorgee sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.” (2 Thess 2:9-12).

 

“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel.” (Matt 24:9-12).

 

“Maar sal die Seun van die mens by Sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Luk 18:8 b).

 

God het belowe dat ’n getroue oorblyfsel die glorieryke dag sal belewe, wanneer Hy Sy eiendom kom haal. Deur Sy verstommende genade sal hulle vervolging verdra en druk weerstaan om te konformeer (voldoen) aan die immer veranderende konsensus van die massas, wat die “breë” en gewilde weë van die wêreld volg. Want “die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” (Matt 7:14).

 

Daarom:

 

“....laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur....”

(Heb 12:1-3).

 

____________________________________________________________________________________

 

Let Wel!  Vir die volledige eindnotas moet u asseblief Berit Kjos se Webblad by “crossroad.to” besoek; kliek dan op “crossroad” en ontdek ’n wonderlike geestelike ervaring! U sal hierdie artikel daar vind onder “Whom do We Serve?”

 

Weereens my opregte dank aan ons Hemelse Vader, sonder wie se hulp ek hierdie artikel nie sou kon vertaal nie!

 

Dankie ook aan Berit Kjos self, vir haar toestemming om die artikel in Afrikaans te vertaal!!

 

My opregte dank aan Sarel Roeloffze, wat gewillig was om hierdie uiters relevante artikels op sy webblad te plaas! U kan dit met graagte onveranderd versprei!

 

Vertaler: Christo Pretorius, telefoon 083 273 9637

 

Gaan kyk ook na:

Purpose Driven