|
LIFELINE BACK TO THE BIBLE
MANIFES VIR CHRISTENE SA
www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks (3 websites in one)
|
|
|
N MANIFES VIR CHRISTENE IN SUIDELIKE AFRIKA (Gaan gelydelik opgedateer word totdat die hele manifes hier sal verskyn.) ARTIKEL 1 GOD God Drieenige,Vader,Seun en Heilige Gees,is die oorsprong van alle lewe. Ek glo dat daar een God is.Hy was altyd daar en sal altyd daar wees.[1]Hy is oral teenwoordig,Hy verander nooit nie,niks is groter as Hy nie en en niemand kan Hom sien nie.God is Gees,Hy is volmaak en alles wat Hy doen is goed en reg.Hy het alles en almal gemaak en is daarom in beheer van die hele skepping en van alle mense.[2]God is een en tog ook drie persone:God die Vader,God die seun en God die Heilige Gees.[3] Hy was nog altyd die volmaakte Een en nog altyd in drie persone verdeel.Die feit dat Hy Een is[sy eenheid] ,is net so belangrik as die feit dat Hy Drie is[sy verskeidenheid].In sy skepping is daar ook eenheid en verskeidenheid. DIE BYBEL LEER: 1".Aan Hom wat vir ewig Koning is,die onverganklike,onsienlike,enigste God kom tot die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid!"[1 Tim,1:17]. "Daar is buiten My geen God nie;net Ek is n God wt regverdig is en red.Kom na my toe dat julle gered kan word,almal op die aarde.......wat Ek sê is betroubaar,dit is n woord wat nie onvervul sal bly nie:voor My sal elke knie buig......."[Jes.45:21b-23]. 2."Die aarde en alles wat daarop is,die wêreld en die wat daar woon,alles behoort aan die Here"[Ps 24:1] "God wat die wêreld met alles wat daain is gemaak het,Hy is die Here van hemel en aarde..........H y het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie.Inteendeel,ditis Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee"[Hand.17:24-25] 3."Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees[2Kor.13:13]
WAARHEID
Die hele Bybel is deur God geinspireer ,is sonder
foute en is die finale toets vir alle waarheid.
Ek glo dat God deur die leiding van sy Heilige
Gees mense gelei het om die Bybel te skryf.[1]Daarom is die hele Bybel die
Woord van God,Dit is sonder oute ,sal vir altyd bestaan en nooiet verander nie.[2]
n Mens moet seker maak dat wat jy dink waar is en met die Bybel
ooreenkom.Allen dan is dit die waarheid.Deur die Skrif word daar vir n mens n
duidelike beeld gegee van tyd en ewigheid,die sigbare en onsigbare dinge,God
en sy Skepping.
2.DIE BYBEL LEER:
1."Geen profesie in die skrif kan op grond van eie
insig reg uitgele word nie,want geen profesie is ooit deur die wil van n mens
voortgebring nie,Nee,deur die Heilige Gees meegevoer,het mense die woord wat
van God kom,verkondig"[2 pet.1:20,21]
2."Want alle vlees is soos gras,en al die
heerlikheid van die mens soos n blom van die gras.Die gras verdor en sy blom
val af,maar die woord van die Here bly tot in ewigheid.En dit is die woord wat
aan julle verkondig is"[Jes.40:6-8]
Kontak my asb vir verdere info,so ook as jy van die boekies wil bestel[beskikbaar in afrikaans,engels,suid sotho ,zulu a] Populêre Uitgawe R10 b] Basiese Uitgawe R20 c] Studie Uitgawe R50 Ek is ook beskikbaar om 3dae seminare oor die Manifes vir Christene aan te bied
0829517036 |