|
LIFELINE BACK TO THE BIBLE
www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks (3 websites in one)
|
|
|
GENESING?
Kom ons kyk saam na genesing in die Bybel. Laat ek net weereens sê dat daar drie tipes mense is m.b.t. die Bybel.
Slegs no 1. se mense sal verstaan wat werklik aan die gang is. Die Bybel word oor tyd deur die heilige gees aan jou geopenbaar. God self hou die skrif vir jou geslote. Soos jy jouself oorgee sal die skrif vir jou ook oopgebreek word. Geleerdheid gaan dit beslis nie doen nie. Jesus self het gesê: (Mat 18:4) Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. (Mar 10:15) Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. (Luk 18:17) Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
So is daar tussen hierdie drie tipes mense 3 tipes genesing ook teenwoordig in die Bybel. 1. Tipe 3 het mediese vondse – slegs dokters kan jou genees. 2. Tipe 2 glo daar is geestelike genesing maar nie fisiese genesing nie. Hul het ook mediese vondse, net vir ingeval daar nie ‘'n God is nie.] 3. Tipe 1 glo absoluut dat daar oorwinning vir siektes in God se Woord is. Siektes is een van die dinge waarvoor Jesus Christus gesterf het.
Kom ons kyk dan baie vinnig na wat die Woord sê oor siektes: Isa 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 1Pe 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. Mat 8:17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.
Kom Christen, word wakker. Los die mense wat net altyd die Woord wil afbreek. Hier staan duidelik dat Jesus vir ons siektes gesterf het. Kom ons kyk hoekom is daar BAIE siek onder ons. 1Co 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. So KYK mooi. Hier staan DAAROM is daar onder julle BAIE swakkes en sieklikes. So kom ons kyk net na die vers voor dit om te sien WAAROM? 1Co 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Hierdie is by die Nagmaalstafel waar ons die liggaam moet onderskei. Die BLOED vir die sonde en die liggaam vir die siektes.
Groete in Jesus Christus Sarel Roeloffze |