|
LIFELINE BACK TO THE BIBLE
Gees of DoelgeDrewe
www.jesus-is-lord.co.za consists also of Lifeline Back to the Bible & Old Landmarks (3 websites in one)
|
|
|
Deur die Gees Gelei of DoelgeDrewe?
Deel 1
Deur Berit Kjos, November 2003
“Ek beveel jou voor God en Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die Woord! Hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ’n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend. Maar bly jy in alle omstandighede nugter,…” 2 Tim 4:1-5.
Ons het verlede jaar versoeke om inligting tov Die Doelgerigte Lewe op ons webtuiste begin ontvang. Andy en ek het die boek dus gekoop, dit vlugtig deurgelees en was verontrus deur sommige aansprake, beloftes en geparafrasseerde “Bybel”-verwysings daarvan. Ons het egter ook heelwat waar en bemoedigende bladsye gevind. Omdat ons Rick Warren nie wou kritiseer of diegene wat oënskynlik baat by sy boek gevind het, wou verwar nie, het ons dit terug op die boekrak geplaas.
Teen die herfs het Rick Warren se handleiding vir die Christelike lewe die onderwerp van bespreking in kerke dwarsoor die wêreld geword. Die briewe van besorgde webbladbesoekers het vermenigvuldig. Nadat ons die boek weer gelees het, kon ons nie langer sy subtiele verdraaiings, sy halwe waarhede, sy teenstellende boodskappe of sy pragmatiese permissiwiteit ignoreer nie: “As dit werk (mense kerk toe trek), is dit goed! God het verskeidenheid lief!” [2]
Ook kon ons nie Pastoor Warren se “reëls vir groei”, wat ons aansê om “nooit te kritiseer wat God seën nie”, aanvaar nie. [3] Omdat dit impliseer dat kerkgroei en veranderde lewens God se vreugde in ons menslike metodes bewys, kanselleer dit sy oproep om “waaksaam te wees” en om misleiding te onderskei. Sommige mag sê: “Moenie God se gesalfde aantas nie,” maar ons glo nie dat enige leier só “gesalf” is, dat sy leringe Bybelse verantwoording oorskry nie. Terwyl slegs God iemand se hart kan oordeel, is dit ons plig om mekaar te help om sy riglyne te volg, en om nie deur hedendaagse bestuurstelsels gedryf te word nie. [kyk “driven or led”?] Biddende dat God ons sou lei, het ons ons reaksie met die volgende as agtergrond begin.
Soos die meeste van u weet, het Rick Warren, die stigter-pastoor van “Saddleback Church” in Suid Kalifornië, die leiding geneem en ’n nuwe koers ingeslaan met die hedendaagse Church Growth Movement. Met ’n lidmatetal van meer as 50 000 (2003), volg hy die voorbeeld van sukses van die proses van kerkbestuur, soos in sy vorige boek, “The Purpose-Driven Church” (Die Doelgerigte Kerk) uiteengesit.
(GGDD) 2
Hy het ook die webtuiste “pastors.com” gestig: “’n wêreldwye Internetgemeenskap wat geestelike leiers oral bedien en oplei.” Volgens hierdie webtuiste “het meer as 60 000 pastore ingeteken op “Rick Warren’s Ministry Toolbox, ‘n gratis weeklikse e-pos nuusbrief”. [4] Dit som sy bediening dan só op:
“Rick Warren is welbekend as die pionier van Die Doelgerigte (-gedrewe) Kerk paradigma (lewens- en wêreldbeskouing) – (“The Purpose-Driven Church paradigm”) vir ’n gesonde kerk. Meer as 250 000 pastore en kerkleiers van meer as 125 lande het al “Doelgerigte Kerk”-seminare in 18 tale bygewoon. Peter Drucker noem hom “die uitvinder van ewigdurende herlewing”. Van Rick se vorige boek, “Die Doelgerigte Kerk”, is meer as ’n miljoen eksemplare in 20 tale verkoop. As “Wenner van die Goue Medalje Bedieningsboek van die Jaar,” word dit as handboek in die meeste seminare gebruik, en is dit gekies as een van die “100 Christelike Boeke Wat die 20ste Eeu Verander Het.” [4]
Let op die verwysing na Peter Drucker! Wat hierdie legendariese bestuursguru (“management guru”) begin het om groot maatskappye dekades gelede reeds te leer, word nou in God se kerke, sowel as gemeenskappe en regerings wêreldwyd toegepas. Aangesien die nuwe metodes oënskynlik ewe suksesvol vir kerke, sowel as maatskappye ge”werk” het, en aangesien die gemete resultate die statistiese “bewys” van “sukses” gebied het, het geestelike leiers van talle volke Drucker se bemarkingstrategie omhels en in hulle kerke geïmplimenteer (“doing church!”).
In ’n 2002 artikel in “Business Week” getiteld “Peter Drucker’s Search for Community” beskryf Ken Witty die wêreldbeskouing wat die dryfkrag agter Drucker se planne en doelwitte is:
“Hy inkorporeer ’n gemeenskapsfilosofie in sy konsultering…. Hy sê hy soek na dit wat gemeenskaplik is; die soeke na daar waar mense en organisasies gemeenskaplikheid vind vir nie-ekonomiese bevrediging…
“Baie van sy idees is só algemeen aanvaar, dat dit moeilik is vir enige persoon om te verklaar hoe oorspronklik hulle was ten tye van hulle implimentering. Dit is byna soos in die geval van Freud en psigo-analise. Peter was bv die eerste om bestuurders te laat verstaan, dat hulle hul firmas vanuit ’n kliënt se perspektief moet definieer.” [5]
Om op die “kliënt se perspektief” te fokus, bring sukses. Mense voel tevrede. Hulle kom en hulle koop. Wanneer hierdie proses op kerke toegepas word, werk dit! Deur referendums en meningsopnames kan ’n kerk maklik die “aangevoelde behoeftes” van die ongelowiges in die plaaslike gemeenskap bepaal en dan hulle dienste toespits op hulle geïdentifiseerde verbruikers.
Waarom op die “aangevoelde behoeftes van ongelowiges”, eerder as op die ware behoeftes van God se familie fokus? Gooi hierdie strategie nie God se beginsels onderstebo nie? Ja, maar dit trek ook die geestelike diversiteit (“verskeidenheid”) wat nodig is vir die dialektiese proses (“redeneerkundige proses”) – die hart van die hedendaagse transformasie van kerke, sowel as sake-ondernemings, die onderwys, regering en ander organisasies. Dr Robert Klenck som dit as volg op in sy verslag oor “Die 21ste Eeuse Kerk:”
“… in hierdie beweging is dit imperatief dat ongelowiges teruggebring word in die kerk; so nie, kan die proses van ewigdurende verandering nie begin nie. Daar moet ’n antitese (ongelowiges) teenwoordig wees om die tese (gelowiges) te opponeer, om sodoende in die rigting van ’n konsensus (kompromie) te beweeg en die gelowiges weg van hulle morele absolutisme (weerstand teen verandering) te beweeg. As al die lidmate van die Kerk vasstaan op die Woord van God, en sy absolute gesag in alle leerstelling en tradisie, kan en sal die Kerk nooit verander nie. Dit is gewone geloof. Ons sal gou sien hoekom hierdie “agente vir verandering” (“change agents”) soveel druk uitoefen vir verandering in die Kerk.” (GGDD) 3
Pastoor Warren se huidige tutor in hierdie bestuursproses is CMS, ‘n “volledige-diens, op bestelling voorsiende bemarkings- en kommunikasie-agentskap, met hoofkantoor in Covina, Kalifornië.” Hulle webtuiste vertoon hulle missie:
“By CMS is ons missie, om ons kliënte te help om hulle maatskappye te laat groei. Dit doen ons, deur samewerking met elke kliënt in die identifisering van geleenthede en die ontwikkeling van innoverende, kreatiewe en winsgewende dienste wat hom bystaan in die uitvoering van effektiewe bemarking, verkope en ’n kommunikasieprogram…. Ons kan ons kliënte die beste dien, as hulle ons toelaat om as vennote op te tree…. CMS bestaan uit ’n span talentvolle individue, wie se toewyding en vakkundigheid vir hulle ’n soliede reputasie vir die skepping van resultate verdien het.” [6]
Behoort ons nie aan God, in stede van slim bemarking, die eer vir die skepping van resultate te gee nie? Die Bybel sê per slot van rekening, “die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.” Die “wyse” weë van die mens mag aan ons menslike doel voldoen, maar hulle bots met God se doel. [1 Kor 3:19-20; Spreuke 3:5-7].
Terwyl CMS se kliënte sulke sekulêre reuse soos “Quaker” en “Isuzu Motors America” insluit, bedien dit ook kliënte soos die stad Wes Covina, “Purpose-Driven Ministries”, “Saddleback Valley Community Church,” “Smalley Relationship Centre” en “Walk Thru The Bible.” [7] Laasgenoemde is gestig en onder leiding van Bruce Wilkenson, skrywer van die goedbemarkte topverkoper, “Die Gebed van Jabez”.
CMS se sukses lê deels in die meningsopnames en ondersoeke wat die 20ste eeuse bestuurstelsels kenmerk:
“…die inwin, organisering en bestuur van data is onontbeerlik vir die begrip, evaluering en beplanning van enige promosie…. CMS spesialiseer in hierdie verwerking van data, die bekendstelling van nuwe produkte en die loods van promosies.”
Dit is dus geen wonder dat nuuskierige besoekers na “Doelgedrewe Kerke” stroom nie! Geestelike leiers oor die wêreld heen kyk en luister; gereed om te volg!
Gedurende die afgelope herfs het “meer as 13 000 predikante en studente” geluister hoe pastoor Warren die funksionering van ’n “doelgedrewe kerk” tydens die “SuperConference 2003” by die “Jerry Falwell’s Liberty University” uiteengesit het. Warren het sekere basiese beginsels van “kerkgroei” verduidelik, veral aan diegene wat nog “in die verlede vasgeval het!”
“Ek glo dat een van die belangrikste kerkvraagstukke van die toekoms sal handel oor hoe ons die volgende geslag met ons musiek gaan bereik,” het hy gesê, en toegegee, “Jy kan meer mense in die kerk met musiek tot raserny dryf, as met enige-iets anders…”
“Om te beweer dat alle goeie musiek 200 jaar gelede uit Europa afkomstig was, is niks anders as rasisme nie… Moedig lidmate aan om (liedere) te herrangskik en te herskryf. Nuwe liedere sê, God is besig om iets ontsagwekkends te doen.”
Sê nuwe liedere werklik so? Of reflekteer die nuwe liedere dalk die begeerte om die massas tevrede te stel? Dit is baie maklik om ons pogings om die “begeerde behoeftes” te bevredig, te regverdig en te sê dat dit sukses demonstreer. Ons herdefinieer eenvoudig God se karakter en wil, en beweer dat ons doel sy doel is. Deur aan te neem dat Hy dieselfde dinge liefhet wat ons liefhet, dig ons aan Hom ’n beeld toe wat meer na ons eie lyk. Maar in Psalm 50:21 waarsku God ons teen sulke kortsigtige aannames tov God se karakter. “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen?” het Hy vir sy volk gesê. “Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!” (GGDD) 4
Pastoor Warren het weereens Goddelike goedkeuring vir sy siening tydens ’n “Hoe om ’n Doelgedrewe Kerk te Bou”- seminaar, wat in Januarie 1998 by die “Saddleback Community Church” gehou is, beweer. In sy onderstaande uitlating baseer hy kerkgroeistrategië op persoonlike behoeftes, nie op die riglyne van die Bybel nie:
“Wel, by die Saddleback Kerk is ons onapologeties kontemporêr… Ek het ’n vraekaartjie aan almal in die kerk uitgedeel en gesê, ‘Skryf die naam van jou gunsteling radiostasie neer, en sê van watter soort musiek jy hou.’ Ek het nie eers ongelowiges gevra nie. Ek het die mense in die kerk gevra. Toe ek die kaartjies terugkry, was daar nie een persoon wat gesê het, ‘Ek luister na orrelmusiek’ nie. Nie een nie… Ons het dus ’n strategiese besluit geneem dat ons onapologeties ’n kontemporêre-musiek-kerk is. Vandat ons daardie besluit geneem het en opgehou het om elkeen tevrede te stel, het Saddleback uit sy nate begin bars…
“Ek is eerlik met jou, ons musiek is luid. Ons is baie, baie luidkeels tydens ’n naweekdiens… Ek sê, ‘Ons gaan nie sagter musiek maak nie’. Die rede daarvoor is, dat mense die musiek wil voel en nie net hoor nie… God het variasie lief!”
Het God werklik die hedendaagse “variasie” lief? Ek betwyfel dit of God tevrede is, wanneer ons drange voed en ons “behoefte” aan emosionele stimulering versterk. Toe antieke Israel verveeld met Gods Woord geword het en ’n wye verskeidenheid kulturele en geestelike sensasies omhels het, het God hulle hard gestraf. Hy het selfs sy hardkoppige volk met ’n “bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif,…” vergelyk. [Jer 2:24].
Wanneer kerkleiers energiewekkende (polsende) musiek, emosionele stimulante en kort oppervlakkige boodskappe aanwend om die vlees met sy “behoeftes” te bevredig, neig hulle om ons diepere geestelike behoeftes te verduister. Om te lewe op ’n dieet van afgewaterde preke, ontwerp om elkeen tevrede te stel, laat beide soekers en gelowiges hulle aptyt verloor vir vaste, Bybelse leerstellings wat -- deur Sy Gees – oortuiging van sonde, egte berou, werklike weergeboorte, egte geestelike vernuwing en die volgehoue vreugde van ’n lewenswandel met Jesus voortbring.
‘n Wyer Poort na die Koninkryk
Die fenominale sukses van Rick Warren se boeke en bemarkingsvaardighede het beide die Kerkgroei- beweging gewild gemaak en dit versnel. (“Church Growth Movement”). Oral op aarde lees soekendes en gelowiges “Die Doelgerigte Lewe” en bespreek sy 40 hoofstukke.Deur die riglyne te volg, deel hulle hulle gedagtes, gee uitdrukking aan hulle gevoelens en “bons gedagtes teen mekaar”.” [1, p11]. Hulle teken “geloftes” en hou mekaar verantwoordelik aan die sosiale en geestelike ideale van die 21ste eeuse Kerkgemeenskap. En, sê pastoor Warren, hulle ondergaan ’n transformasie van hulle lewens.
Ek is seker baie ervaar dit. Pastoor Warren het baie bemoedigende bladsye oor God geskryf; oor Sy heerlikheid, ons wandel met Hom en ons gemeenskap met mekaar. Ek waardeer in die besonder die dele wat dui op die vreugde van ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus. Ek was egter effens ontsteld oor sy uitnodiging aan al sy lesers om “saggies die gebed wat jou ewigheid sal verander, te fluister: “Jesus, ek glo in U en ek ontvang U.” [1, p 58]
Jy mag vra, wat op aarde kan verkeerd wees met daardie kort gebed? Waarom Sy belofte bevraagteken, dat dit die poort tot die Koninkryk van God sal open en die “ewigheid … verander” vir almal wat bid? Wil ons dan nie soveel moontlik in God se ewigheid inbring nie?
Ja, natuurlik wil ons! En God kan sekerlik daardie woorde gebruik om Sy uitverkorenes na Hom toe te trek. Maar die beloftes en aannames wat die gebed vergesel, kan ook ernstige probleme in die kerk
(GGDD) 5
veroorsaak. Talle sal naamlik die gebed bid met min of geen besef van die heiligheid van God, of van die onheilige krag van sonde, of van die diep kloof tussen die twee nie. In ons tyd van kitsgeloof en Bybelse ongelettedheid, kan enige mens God se beloftes vir homself toe-eien, sonder enige aansporing deur die Heilige Gees, egte bekering (geestelike wedergeboorte) of standhoudende innerlike verandering. Waar mense leer om dit wat boos is, te verdra en saam met die stroom te gaan, is ware berou skaars en word geloof dikwels ’n veronderstelling. Steeds nie herskep nie, aanvaar baie doodgelukkig die groep se konsensus: “Jy het die gebed gebid, daarom moet jy ’n Christen wees.”
Pastoor Warren stem saam. “As jy daardie gebed van harte bedoel het, geluk!” vertel hy die leser. “Welkom in God se gesin! Jy is nou gereed om God se doel vir jou lewe te ontdek en dit te begin uitleef.” [1, p59]
Duisende klein groepies wat Saddleback se studiegids en onderrigvideo vir die “40 Dae van Doelgerigtheid” deurloop het, word met ’n effens langer gebed gelei. Hulle hoor pastoor Warren se volgende woorde:
“Het jy ’n verhouding met Jesus Christus? As jy nie seker daarvan is nie, wil ek graag die voorreg hê om jou in gebed te lei om die saak af te handel. Kom ons buig ons hoofde. Ek gaan ’n gebed bid, wat jy in jou gedagtes kan volg:
‘Liewe God, ek wil weet wat u doel met my lewe is. Ek wil nie die res van my lewe op dit wat verkeerd is, mors nie. Ek wil vandag die eerste tree neem om voor te berei vir die ewigheid deur U te leer ken. Jesus Christus, ek verstaan nie alles nie, maar sover as wat ek weet hoe, wil ek my lewe vir U oopmaak. Ek vra U om in my lewe in te kom en Uself ’n werklikheid vir my te maak. Gebruik hierdie reeks om my te help om te weet hoekom U my gemaak het. Ek dank U. Amen.’
“As jy so pas hierdie gebed vir die eerste keer gebid het, wens ek jou geluk. Jy het so pas ’n deel van God se gesin geword.”
Is dit ’n reaksie op die Evangelie? Waar is die berou, erkenning van nood, of belydenis van persoonlike sonde? Waar is die kruis? Die Bybel sê vir ons, reddende “geloof kom deur gehoor, en gehoor deur die Woord van God.” [Rom 10:17-18]. Geen gedeelte van die Bybel, wat die Evangelieweg aandui, word egter in hierdie eerste les genoem nie! Bybels ongeletterde vriende en bure wat by die groep aansluit, sal hierdie gebed sonder enige ware begrip van die kruis, of die Verlosser, of van God se siening van sonde bid. Om die waarheid te sê, die konsep van verlossing is nie in die eerste les ingesluit nie. En as dit daar was, sou die konteks van die les suggereer dat ons bloot van ’n doellose lewe, en nie van die bande van sonde nie, gered is! Die eerste les handel oor “die konsekwensies (gevolge) daarvan om nie jou eie doel te ken nie – nie oor Jesus Christus nie! Dit waarsku die groep dat, “deur nie die doel van jou lewe te ken nie, jou lewe VERMOEIEND, ONVERVULD, ONBEHEERBAAR sal wees.” Dit herhaal ook die positiewe (maar nie besonder Skriftuurlike) belofte dat, “kennis van die doel van jou lewe, die volgende resultate” vir jou sal inhou:
Goed en wel, almal wat die gebed bid, sal bevestig en geprys word as nuwe lede van God se gesin. Maar is hulle? Ons weet nie. Statistiek dui egter daarop dat die meeste mense wat hulleself Christene noem, maar weinig begrip van die Evangelie het. (GGDD) 6
Dit is geen verrassing nie. Vandag se “positiewe” evangelie beklemtoon liefde, ag leerstellings van minder belang en ignoreer Goddelike geregtigheid. Die kardinale Bybelse waarhede wat harte vir bekering voorberei, is nie meer toepaslik nie. ‘n Postmoderne “gelowige” mag oorloop van selfvertroue, maar jammerlik tekortskiet aan ‘n geestelike bewustheid. ‘n Onlangse studie deur die meningspeiler George Barna bevestig dit:
“… relatief min mense het ’n Bybelse wêreldbeskouing – selfs onder toegewyde godsdienstige mense. Die opname het ontdek, dat slegs 9% van weergebore Christene so ’n perspektief op die lewe het. Die getalle was selfs laer onder ander godsdienstige klassifikasies…
“Vir navorsingsdoeleindes is ’n Bybelse wêreldbeskouing gedefinieer as die geloof dat absolute morele waardes bestaan; dat sulke waarheid deur die Bybel gedefinieer word; asook ’n vaste geloof in die volgende ses spesifieke godsdienstige gesigspunte: Dat Jesus Christus ’n sondelose lewe gelei het; dat God die Almagtige en Alwetende Skepper van die heelal is; dat Hy dit steeds vandag regeer; dat redding ’n geskenk van God is, en nie verdien kan word nie; Satan is ’n werklikheid; Christene het die verantwoordelikheid om hulle geloof in Christus met ander te deel, en die Bybel is akkuraat in al sy leringe…
“Wanneer die perspektiewe van diegene met ’n Bybelse wêreldbeskouing met diegene wat dit nie het nie, vergelyk word, is die eersgenoemde groep 31 keer minder geneig om “saambly” te aanvaar; 18 keer minder geneig om dronkenskap goed te praat; 15 keer minder geneig om gay seks goed te keur; 12 keer minder geneig om vuil taal te aanvaar; en 11 keer minder geneig om egbreuk as moreel aanvaarbaar te beskou. Boonop beskou minder as ,5% van diegene met ’n Bybelse wêreldbeskouing vrywillige blootstelling aan pornografie as moreel aanvaarbaar (in vergelyking met 39% van ander volwassenes), en ewe min het aborsie goedgekeur (in vergelyking met 46% van volwassenes met ’n ontbrekende Bybelse wêreldbeskouing.” [10]
“Ten minste is Christene nie die enigstes wat so deur hulle kultuur verwar is, om teenstrydige gelowe aan te hang nie,” glo Gene Edward Veith. “Ateïste is net so deurmekaar oor hulle teologie. Hulle glo dat die aanneming van Christus die ewige lewe kan bring, selfs al glo hulle nie in Jesus Christus nie. Net soos ‘non-evangeliese weergeborenes’.” [11]
Maar hulle is almal besig om saam te kom onder die wêreldwye ekumeniese sambreel van die “Church Growth Movement” (“Kerkgroeibeweging”). Soos ek in “Re-Inventing The Church” geskryf het, is die 21ste eeuse visie van wêreldeenheid besig om verskillende kerke en mense in massiewe “Christelike” netwerke saam te trek, onder goed-opgeleide leiers en bestuurskonsultante. Rick Warren se gemeenskaps-bestuursguru, Peter Drucker, het dit raak beskryf. In ’n 1994 berig, die “Leadership Network”, word hy as volg aangehaal:
“Die Gees is besig om te beweeg… daar is ’n beduidende ‘kritieke massa’ (“critical mass”) mense en kerke wat al reeds aan die beweeg is.’ … Terwyl ons erken dat daar nog steeds baie ongesonde kerke is [die wat nie voldoen aan die nuwe, inklusiewe patroon nie), is daar ’n geregverdigde verandering in basiese uitgangspunte, basiese denkwyses, basiese gedagtegang… in die geheel genome, is ons aan die marsjeer…” [12]
Soos vroeër gesien, is hierdie diversiteit essensieel vir die denke-veranderende dialektiese proses wat Drucker in organisasies oral help vestig het. (Ons sal dit van nader beskou in deel 7 van hierdie reeks). Onthou Robert Klenck se woorde:
“….in hierdie beweging is dit imperatief dat ongelowiges in die kerk ingetrek word; anders kan die proses van voortdurende verandering nie begin nie. Daar moet ’n antitese (ongelowiges) teenwoordig wees om (GGDD) 7
die tese (gelowiges) te opponeer, om sodoende in die rigting van konsensus (kompromie) te beweeg. So word die gelowiges weg van hulle morele absolutisme (weerstand teen verandering) beweeg. As die kerklidmaat aanhou om hom teen verandering te verset, mag hy versoek word om die kerk te verlaat! Baie besorgde Christene, wat weier om kompromieë aan te gaan, kan getuig van die pyn om onder die vaandel van “kerkdissipline” uit die kerk geskop te word.
Anders as sommige hedendaagse kerkleiers, wend pastoor Warren tog ’n poging aan om sonde te definieer. Voordat hy sy verlossingsgebed voorlê, skryf hy: “Alle sonde is in wese om in gebreke te bly om aan God eer toe te bring. Dit is om enige iets anders liewer as God te hê. Om te weier om eer aan God te bring, is hoogmoedige opstandigheid, en dit is die sonde wat Satan se val veroorsaak het – en ons s’n ook. Op verskillende maniere het ons elkeen tot sy eie eer gelewe, nie God s’n nie. Die Bybel sê, ‘Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.’” [1, p55]
Dis waar. Maar hierdie algemene sonde, wat op die ganse mensdom van toepassing is, sal hoegenaamd nie by postmoderne ongelowiges enige egte sondebesef of ’n persoonlike behoefte aan die kruis opwek nie. Anders as vorige geslagte, is min mense die basiese waarhede van die God van die Bybel en Sy morele standaarde geleer. [14] Baie maak eenvoudig die gedagte aan “sonde” as outydse wettisisme af, en sluit hulle oë vir die bederwende krag daarvan in hulle lewens. Wanneer hulle te staan kom voor die hedendaagse “moenie-aanstoot-gee” siening van sonde, vertolk baie dit as ’n meer “gemaklike” halwe waarheid: “Sonde is ’n normale deel van die lewe, en ek is net so goed soos enige ander mens, miskien selfs beter. Buitendien; God verstaan my en aanvaar my soos ek is.” [15] Met ander woorde, daar is geen besef van sonde, vrees of gebrokenheid voor ons ewige Regter nie! Soos met ou Israel, “…skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie.” [Jer 6:13-15]
In teenstelling met hierdie postmoderne norm, wys Jesus ons ’n reaksie uit die hart van ’n mens, waarmee Hy ingenome was. Terwyl Hy by die selftevrede Simon aan huis geëet het, verduidelik Hy die seën van ’n opreg berouvolle hart:
“Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy my nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. ‘n Soen het jy my nie gegee nie, maar sy het, vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. My kop het jy nie eers met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” [Luk 7:37-47]
Hierdie kosbare vrou was bekend met God se morele wette – wat die Bybel beskrywe as “Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.” [Gal 3:24]. Terwyl daardie onbuigsame wet haar skuld en verdorwenheid ontbloot het, het dit ook veroorsaak dat sy God se wonderbare, vergewende genade met haar hele hart bewaar het. Anders as hulle wat God se standaarde en hulle eie sondige neigings ignoreer, was sy oorweldig met dankbaarheid teenoor die Een wat haar sonde vergewe en haar vrygemaak het van die druk van die wet en van die slawerny van haar vlees (sondige menslike natuur).
God het haar hart voorberei en sy het haarself in nederigheid aan haar geliefde Meester oorgegee – hart, verstand en siel. Jesus het haar weer op sy beurt as ’n voorbeeld aan ander voorgehou.
Haar reaksie op God se liefdevolle genade illustreer die vierde kategorie in Jesus se gelykenis van die saaier. Onthou, die saaier (God) saai die saad (die “Woord van die Koninkryk”), wat in vier tipes grond val (toestande van hart):
Tipe 1: Op die pad: Die persoon “hoor die woord van die koninkryk, maar verstaan dit nie. Die Bose… vat dan weg wat in sy hart gesaai is.” (GGDD) 8
Tipe 2: Op die klipbanke: “…hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortelskiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig.”
Tipe 3: Tussen die dorings: “... hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die wêreld en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” Die Evangelie volgens Lukas voeg “die genietinge van die lewe” by.
Tipe 4: Op die goeie grond: “... hy wat die woord hoor en dit verstaan, hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” [Mat 13:20-23]
Al vier hoor die lewegewende woord van waarheid, maar slegs twee ontvang dit. Dit blyk asof beide die tweede en die vierde die Koninkryk binnegegaan het, maar slegs die vierde word getrou bevind en wen die prys: God se genadige voldoening en Sy oorvloedige vrugbaarheid. Net die laaste groep “verstaan” God se Woord, demonstreer Sy volhardende krag en ken die hoop op die ewige lewe met Christus. Daardie gawes word slegs aan diegene gegee wat waarlik “gebore is, nie uit bloed, of uit die vlees, of uit die wil van ’n man nie, maar uit God.” [Joh 1:13].
Die reddende geloof sal getoets word. Nuwe gelowiges sal worsteling, versoeking, lyding en vervolging in die gesig moet staar – heel normaal vir diegene wat geroep word om in die lyding van Christus te deel. Hulle sal val, misluk, treur en berou hê, maar hulle sal altyd terugkeer na die Een wie se Woord en Gees hulle harte hervorm het. In teenstelling met hulle, sal ander hierdie nou pad verlaat wanneer die lewe moeilik raak, of die lewe te verleidelik – nie omdat God Sy reddende genade onttrek het nie, maar omdat hulle nooit werklik in die eerste plek verander het nie. Kyk na die volgende Skrifgedeelte:
“Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle te heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof...” [Kol 1:21-23].
Dit lyk of pastoor Warren die nugtere realiteit agter God se waarskuwings geringskat en slegs op God se beloftes groot klem lê. Om terug te keer tot sy belofte dat almal wat sy gebed bid, outomaties deur die Heilige Gees herskep word, haal hy ’n frase aan uit ’n “Skrifgedeelte” van “The Message” (Die Boodskap), ‘n geparafraseerde Bybel“vertaling” deur Eugene Peterson, wat belowe: “Whoever accepts and trusts the Son, gets in on everything, life complete and forever!” [Joh 3:36a] Die onderstaande kolomme gee die hele vers in drie standaardvertalings. Die “The Message” weergawe is in kolom vier:
Wonder u wat die frase, ...“gets in on everything,...” beteken? In die teenwoordige tyd gestel, kan dit enige ding denkbaar beteken! Vir kontemporêre soekers wat dink hulle ken God, kan dit ’n opwindende en onweerstaanbare hemelse lewe hier op aarde beteken; ‘n salige aanbod wat min mense sou weier. (GGDD) 9
Maar wanneer jy daardie weergawe van Joh 3:36 met enige standaardvertaling vergelyk, vind jy dat Mnr Peterson daardie aanloklike frase bygevoeg het, ten spyte van God se herhaaldelike opdrag om nie iets van Sy onveranderlike, Geesgeademde Woord uit te laat – of by te voeg nie. [16] Die resultaat is nog ’n misleidende halwe waarheid wat die feit verdoesel dat, om met Jesus te wandel, beteken om in Sy lyding te deel. Ons vergeet dat sommige van God se mees getroue diensknegte armoede, ontberinge en martelinge in die gesig gestaar het, wat ons gemakgesentreerde Westerse begrip te bowe gaan, en nogtans die pyn ter wille van die groter vreugde om hulle geliefde Koning nou, en tot in ewigheid te dien, verduur het.
Pastoor Warren begin die volgende hoofstuk (8) in sy boek met hierdie “voel-goed” versekering aan almal wat die gebed gebid het:
“Die oomblik toe jy in hierdie wêreld gebore is, was God daar as ’n onsigbare getuie, wat jou geboorte toegeglimlag het... Jy is ’n kind van God en jy verskaf God soveel plesier soos niks anders wat Hy ooit geskape het nie.” [1, p 63]
Hierdie “positiewe” Evangelie sal ongetwyfeld die mens se begeerte (‘felt need’) na vastigheid, identiteit en begeerte om iewers tuis te voel, bevredig. Die massas is meer as gewillig om aan hierdie verdraagsame, nie-veroordelende God, wat by hulle postmoderne kultuur inpas, te glo. Maar God belowe nie om ons gemaklik te laat voel en ons emosies te pamperlang nie. Terwyl Hy wel belowe om die toerusting wat nodig is om elke dag se uitdagings die hoof te kan bied, te voorsien, het party van daardie toerusting weinig te doen met die hedendaagse mens se begeertes. Sy pad vir ons mag dalk eensaam en hobbelrig wees, vol kwaai steiltes en “onmoontlike” uitdagings. Tog, as ons volhard in die geloof, sal ons sy soet stem hoor fluister: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” [2 Kor 12:9].
Het u dit gehoor? God sal ons swakhede gebruik, nie ons krag nie! Geen vereiste vir bestuurs- konsultante en meningsopnames om ons menslike vermoëns te bepaal, om sodoende ons geestelike gawes en God se doel vir ons te bepaal nie! [1, p 57] Die Herder sal ons op Sy gekose weë lei; smal en kronkelende paaie wat radikaal van ons menslike planne en doeleindes mag verskil!
Maar diegene wat nog nie “saam met Christus gekruisig” is en met die Helige Gees vervul is nie, sal nóg die Herder hoor, nóg “die Skrifte verstaan.” [17] Dit is een van die redes waarom vandag se “geestelike diversiteit” op afgewaterde Bybels, wat geparafrasseer, hergeïnterpreteer en aanloklik vir die menslike verstand gemaak is, aandring.
Die Afwatering van God se Woord
Onwedergebore “gelowiges” wat die weë van die wêreld liefhet, sal ’n kerk wat by daardie wêreld aanpas, wil hê. Om hulle tuis te laat voel – en om nuuskierige soekers te bevredig – moet die kerk haarself nou herontwerp. Aangesien niemand God se waarheid werklik kan verstaan nie, tensy die Heilige Gees dit aan hulle harte openbaar, [1 Kor 2:9-16] moet God se Woord afgewater word sodat elkeen – Christen of nie-Christen – daarmee “gemaklik” kan voel.
Dit is geen verrassing nie, dat pastoor Warren uittreksels uit “The Message” (‘n geparafrasseerde “weergawe” van die Bybel, deur Eugene Peterson) meer as negentig keer aanhaal. Baie van daardie afgewaterde gedeeltes verander sowel die bewoording, as die betekenis van die Skrif. Hulle ondersteun egter die punte wat pastoor Warren wil maak. Dit is ook die geval met ander geparafrasseerde Bybels wat hy gebruik. Vergelyk asseblief “Today’s English Version” se interpretasie van Jesaja 26:3 met die ooreenstemmende gedeeltes in drie algemeen aanvaarde Bybelvertalings (*): Die Nuwe Afrikaanse Vertaling, die “New (GGDD) 10
King James Version”(NKJV) en die “New International Version” (NIV). [(*) Ter wille van ons Afrikaanssprekende lesers en ter wille van groter duidelikheid, het ek die vrymoedigheid geneem om in plaas van die “King James Version”, wat weinig van die “NKJV” verskil, ons eie Nuwe Afrikaanse Vertaling aan te haal. CPP Pretorius, Pleinstraat 137 b, Utrecht 2980]. Hoewel ek persoonlik nie die NIV gebruik nie, illustreer die aangehaalde vertalings die gaping tussen standaard vertalings en moderne parafrases. “Today’s English Version” beantwoord klaarblyklik hier aan pastoor Warren se behoeftes – moontlik omdat dit die woord “doel” gebruik:
“Knowing your purpose focuses your life,” he assures us. It concentrates your effort and energy on what’s important. You become effective by being selective.” [1, p 32].
Die vroeëre Hebreeuse dokumente het egter vrede aan hulle belowe “(wat) hulle vertroue in U gestel (het) (God), nie hulle wat “hulle doel bestendig voor oë hou” nie. Dink daaraan: Sal God se ware Woord nie ’n meer betroubare fokus vir ons lewens bied nie? Sal Hy ons dan nie deur Sy Woord en Gees lei, as ons ons vertroue in Hom stel nie? Bedoel Sy Woord nie dat ons deur ons wonderbare Herder gelei, nie gedryf moet word nie?
Pastoor Warren mag saamstem, aangesien hy ons aanspoor om God se Woord te memoriseer en daaroor te mediteer. Maar hy stel voor, dat ons Bybelverse uit sy boek kies, wat begin en eindig met aanhalings uit “The Message”. Op bladsy 325 verduidelik hy waarom:
“...ons mis dikwels die volle trefkrag van bekende Bybelverse, nie weens swak vertalings nie, maar bloot omdat hulle so bekend geword het! Ons dink ons weet wat ’n vers sê, omdat ons dit al so dikwels gehoor of gelees het. Wanneer ons dit dan as aanhaling in ’n boek vind, lees ons dit net vlugtig en mis dan die diepere betekenis daarvan. Dit is waarom ek van parafrases gebruik gemaak het, om jou te help om God se waarheid in ’n nuwe, vars lig te sien... [klem – oorspronklik].
“Verder, aangesien versverdelings en numerering nie voor 1560 nC in die Bybel ingebring is nie, het ek nie altyd die hele vers aangehaal nie, maar eerder op die toepaslike frase gefokus. My voorbeeld hiervoor is Jesus, en hoe Hy en die apostels die Ou Testament aangehaal het. Hulle het dikwels net ’n frase aangehaal, ten einde ’n punt te staaf.” [1, p 325]
Sy eerste argument hou nie tred met die werklikheid nie. Vir diegene wat werklik “weergebore” is, is God se Woord kosbaar soos dit geskrywe is. Hoe bekender dit word, hoe kosbaarder word dit! Die Heilige Gees bring die woorde wat ons “in ons hart gebêre het”, dag en nag in ons gedagtes op, soos ons behoefte daaraan het vir vertroosting, krag en vreugde in Hom. “Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het,” het Jeremia gesê, “hulle was vir my ’n vreugde; ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is, Here, almagtige God.” [Jer 15:16].
Tweedens; Mag ons die gesag van die ware Skrif aan kort klankgrepe van geparafrasseerde gedeeltes toedig, om ons eie argumente te staaf? Ja; Jesus, wat Self die Lewende Woord was, het die absolute gesag gehad om Sy eie boodskap soos Hy wou, oor te dra. Maar ons is nie God nie! Dit is waarom Hy ons herhaaldelik waarsku om hoegenaamd nie aan Sy Heilige Woord te verander of daaraan by te voeg nie.
(GGDD) 11
“As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is,” sê Hy vir ons in Openbaring 22:18 en 19, en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe...wegneem...”
Dit is kragtige woorde. Dis hoekom baie postmoderne leiers dit as “onverdraagsaam” beskou en dit uit hulle leringe weglaat. Maar God beskou die akkuraatheid van Sy Woord as só belangrik vir ons wandel met Hom, dat Hy hierdie waarskuwing verskeie kere dwarsdeur die Bybel herhaal.
“Moenie iets byvoeg by wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie,” het Hy ons by monde van Moses in Deutronomium 4:2 beveel. En in Spreuke 30:6 het Hy gewaarsku: “Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ’n leuenaar.”
Nogtans het die mens se knaende soektog na hierdie “nuwe, vars lig” ons kwesbaar vir versoeking gemaak. Van die begin af het Satan sowel plesier as wysheid aan diegene belowe, wat God se tydlose Woord sou herfraseer of hersien, om sodoende leuens met die waarheid te vermeng, op ’n wyse wat die misleiding sou verbloem. In die Tuin van Eden het dit tot Eva se ongehoorsaamheid en die vervreemding van die menheid gelei. Deur die Middeleeue het dit tot gruwelike dwalinge en die wrede vervolging van diegene wat hulle geloof op die onveranderlike Woord van God gegrondves het, gelei. In ons tyd het die opkoms van pragmatisme en posmodernisme tot nog ’n reeks hersienings gelei. En, met die postmoderne verwerping van die onveranderlik absolute, is daar eenvoudig geen einde in sig nie.
In die hieropvolgende gedeeltes blyk duidelik hoe “The Message” die ware betekenis van die Woord van God verander. Hoewel die eerste twee verwysings nie in “Die Doelgerigte Lewe” genoem word nie, help hulle kosbare bekendheid ons om die teenstelling te onderskei en te besef hoe menslike byvoegings en weglatings Sy waarheid verdraai. Die derde verwysing is die laaste “Bybel”vers wat pastoor Warren in sy boek aanhaal. Neem kennis van die nuwe gees en houding daarvan:
(Tov Romeine 8:6 sê die Ou Afrikaanse Vertaling: “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.” [CPP Pretorius]).
(GGDD) 12
Oordink die laaste gedeelte ’n bietjie. Om “vleeslik” ingesteld te wees, beteken veel meer as om ’n “obsessie met jouself” te hê. Dit sluit die geestelike blindheid in van iemand wat in ooreenstemming met sy wispelturige menslike natuur lewe en dink – geskei van God se genade en Gees. Hy mag voorgee om ’n Christen te wees, maar sy beperkte verstand kan nie God se waarhede, hart of wil begryp nie. ‘n “makliker”, aangepaste Bybel, gestroop van sy dieper en harder feite, werk net nie. God het nooit bedoel dat die Bybel afsonderlik van Sy bonatuurlike werk in die harte van Sy uitverkorenes verstaan moes word nie. [Mat 13:13; Luk 8:10; Jer 5:21; Hand 26:18].
Die ander parallel volg hierop. Om “geestelik te dink” beteken dat, deur die Heilige Gees, die gelowige se verstand geopen is om die Skrif te verstaan. God se lewensveranderende Waarheid het sy hart vernuwe en hom in staat gestel om God te ken en lief te hê. Dit het hom die vreugde en volharding gegee om die Herder te volg – nie op die breë hoofweg wat die skares trek nie -- maar op die smal, ongewilde pad wat ons altyd nader aan Hom trek. [Mat 7:13-14].
Aangesien die Bybel die fondament van ons geloof is, is dit vir ons die beste om liewer sy duidelike en tydlose riglyne te volg. Slegs hulle stel ons in staat om die reinheid en akkuraatheid van Sy Woord te handhaaf, ook wanneer ons dit in die hele wêreld se verskillende tale te vertaal. In sy totaliteit openbaar die Bybel die kenmerke van God, die kenmerke van die mens -- beide in Christus en sonder (buite) Hom. Lewend gemaak deur Sy Gees, openbaar dit Sy riglyne vir ons lewens, Sy beloftes vir elke dag se uitdagings, Sy hoop vir die ewigheid. Dit is die fondament van ons geloof en die standaard vir ons lewens.
Maar pastoor Warren sien ’n effens ander grondslag. Soos in “The Purpose-Driven Church,” dui sy formaat vir ons vyf doelstellings aan:
Daardie verklarings is almal waar, maar hulle is onvolledig as riglyne vir al die lewensuitdagings. Later sê hy:
“Om jou doel te ken, vereenvoudig jou lewe. Dit definieer wat jy doen en wat jy nie doen nie. Jou doel word die standaard wat jy aanwend om te bepaal watter aktiwiteite noodsaaklik is en watter nie. Jy vra eenvoudig, ‘Help hierdie aktiwiteit my om een van God se doeleindes vir my lewe te vervul?’”
Sonder ’n duidelike doel voor oë, het jy geen fondament waarop jy jou besluite kan baseer, jou tyd kan toeken en jou hulpbronne kan gebruik nie.” [1, p 31].
Wat bedoel pastoor Warren met “’n duidelike doel?” ‘n Mengelmoes van sy vyf verklaarde doelstellings?
Nóg die vyf doelstellinge, nóg enige ander enkele doelstelling, kan Jesus Christus, die Lewende Woord, as die “fondament waarop jy jou besluite kan baseer, jou tyd kan toeken en jou hulpbronne kan gebruik,” vervang. Christus se lewe in ons – sprekend deur Sy Woord wat aan ons geopenbaar is – is ons oppermagtige, ongeëwenaarde fondament en gids. Die Lewende Woord bly “’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad”, ongeag waarheen Sy gekose doelstellings of ongesiene paaie jou en my mag lei, vir die res van ons lewens op aarde.
(GGDD) 13
Die Gees van Aanbidding
In “The Purpose-Driven Life” klink Rick Warren heel wys, as hy die belangrikheid van aanbidding en oorgawe beklemtoon. “Aanbidding moet op die waarheid van die Skrif gebaseer wees, nie op ons opinie van God nie,” skryf hy.” Dit is so waar! Nogtans bevat sy boek sienings, sowel as illustrasies wat daardie waarheid ondermyn – insluitend sekere misleidende aannames in verband met God en wat Hy liefhet.
“Aanbidding moet sowel akkuraat as eg wees,” skryf hy op p 102. “God-welgevallige aanbidding is sowel diep emosioneel, as diep leerstellig (dogmaties).... Die beste styl van aanbidding is die een wat jou liefde vir God op die egste moontlike wyse illustreer, gebaseer op die agtergrond en persoonlikheid wat God jou gegee het.” Hy illustreer dit dan as volg:
“My vriend, Gary Thomas, het opgemerk dat baie Christene oënskynlik in ’n aanbiddingsgroef vasgevang is – ‘n onbevredigende roetine – in plaas daarvan om ’n sprankelende vriendskap met God te hê, omdat hulle hulself dwing om godsdienstige metodes of aanbiddingsvorme te beoefen, wat nie pas by die unieke kenmerke waarmee God hulle geskep het nie.’
“Gary het gewonder; as God ons almal doelbewus verskillend gemaak het, waarom daar dan van elkeen verwag moet word om God op dieselfde wyse lief te hê?... In sy boek “Sacred Pathways”, identifiseer Gary nege van die wyses waarop mense nader aan God beweeg: Naturaliste word die meeste geïnspireer deur God in die buitelug, in natuurlike omgewings, lief te hê. Sintuiglikes het God met hulle sintuie lief en waardeer aangrypende aanbiddingsdienste wat hulle sig, smaak, reuk en gevoel, nie net hulle gehoor nie, betrek.... Askete verkies om God in afsondering en eenvoud lief te hê. [Later in die boek vertel Warren ons, dat net diegene wat aan die hedendaagse georganiseerde kerk deelneem, geestelik kan groei.]...Aktiviste het God lief, deur boosheid te konfronteer, onreg te beveg, en hulle daarvoor te beywer om van die wêreld ’n beter plek te maak....” [1, p 103].
Stel pastoor Warren “aktiviste” gelyk aan die sosiale en politieke aktiviste, wat kerke en volkere in die rigting dwing van ’n globale (wêreldwye) welsynstelsel, gebaseer op die VN se standaarde vir sosiale solidariteit? Liberale kerke en die Wêreldraad van Kerke is massiewe kragte in hierdie vesnellingsbeweging van “geloofsgebaseerde vennootskappe” wat – onder die vaandel van liefde en verdraagsaamheid – die behoeftiges help, terwyl hulle die Evangelie die swye oplê. [18] Maar Jesus het gesê, “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.” [Joh 18:36].
“Daar is geen ‘een-plan-pas-almal’ benadering tot die aanbidding en vriendskap van God nie,” gaan pastoor Warren voort. “God wil hê dat jy jy moet wees.” Dis waar. Hy staaf dan sy argument met ’n aanhaling uit “The Message”: “Dit is die soort mense na wie die Vader op soek is: hulle wat eenvoudig en opreg hulleself is voor Hom in hulle aanbidding.” Vergelyk die drie standaard Bybelvertalings hieronder met Eugene Peterson se geparafraseerde “Message”. Let op die botsing van die bewoording en betekenis:
NAV: “Maar daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen.” [Joh 4:23].
NKJV: “...the hour is coming, and now is, when the true worshipers will worship the Father in spirit and truth; for the Father is seeking such to worship Him.” [John 4:23].
NIV: “...a time is coming and has now come when the true worshipers will worship the Father in spirit and truth, for they are the kind of worshipers the Father seeks.” [John 4:23]. (GGDD) 14
“Message”: “That’s the kind of people the Father is looking out for: those who are simply and honestly themselves before him in their worship.” [p 103].
Terwyl God sekerlik absolute eerlikheid van Sy mense vereis, impliseer die woord “waarheid” hier veel meer as om “eenvoudig en opreg hulleself” te wees. Die kernwaarheid vertel ons van ons wonderbare Here. Aanbidding is ons reaksie op wat Sy Woord en Gees aan ons van Sy heerlikheid en goedheid geopenbaar het. En pastoor Warren is wel deeglik daarvan bewus. Ten spyte van sy pragmatiese reklame van kulturele kompromie onder die vaandel van kerkgroei, sluit hy ook enkele pragtige beskrywings in:
“Waar is die heerlikheid van God? Kyk net rond. Alles wat deur God geskape is, weerkaats Sy heerlikheid op een of ander wyse. Ons sien dit oral, van die kleinste, mikroskopiese vorm van lewe, tot by die ontsaglike Melkweg, van sonsondergange en sterre, tot storms en seisoene... Die Bybel sê, ‘Die hemele verkondig die heerlikheid van God...” [1, p 54].
“Ons kan niks by Sy heerlikheid voeg nie, net soos dit onmoontlik vir ons sou wees om die son helderder te laat skyn. Maar ons word beveel om Sy heerlikheid te erken, te eer, te verklaar, te prys, te weerkaats en daarvoor te lewe. Waarom? Omdat God dit verdien! Ons is alle eer aan Hom verskuldig, wat ons moontlik kan betoon.” [1, p 56].
Dis so waar! Maar hoewel Warren ons daaraan herinner dat “aanbidding ’n lewenswyse is,” baseer hy sy beskrywing van God op sy eie aannames, nie op Bybelse openbaring nie:
“Aanbidding het niks met die styl of volume of tempo van ’n lied te make nie. God hou van alle soorte musiek, omdat Hy dit alles uitgevind het – vinnig en stadig, hard en sag, oud en nuut. Waarskynlik hou jy nie van alles nie, maar God hou daarvan!” [1, p65].
Hou Hy werklik van alles? Insluitend die polsende ritme van “hard rock”? [Verwys na “Popular Music with Pagan Roots” op Berit Kjos se webtuiste]. Of van die polsende sensualiteit van ander vorms van “rock” en “hip hop”? Of die hipnotiese klanke van “New Age” musiek?
Terwyl alle dele van die heelal deur ons soewereine Here geskape is, laat Hy ons toe om Sy “rou materiaal” volgens ons eie neigings te gebruik – of dit Sy Naam eer of ontheilig. Wanneer ons egter deel van Sy familie en Koninkryk word, hou Hy ons verantwoordelik aan Sy hoë en heilige standaarde – en aan wat Hy oor Homself in Sy Woord geopenbaar het.
Weereens kom dit voor of pastoor Warren saamstem. Hy sê, “Ek moet kies en waardeer wat God as waardevol ag. Dit is wat vriende doen – hulle gee om vir wat vir die ander persoon belangrik is. Hoe meer jy God se vriend word, hoe meer sal jy omgee vir die dinge waarvoor Hy omgee, treur oor die dinge waaroor Hy treur, en jou verheug oor die dinge wat vir Hom plesier bring.”
Dit is ’n wonderlike samevatting. Warren gaan voort deur te sê, “Paulus is die beste voorbeeld hiervan. God se agenda was sy agenda en God se passie was syne.” Dan staaf hy sy verklaring met nog ’n aanhaling uit “The Message”, een wat ’n kernpunt uitlaat: dat God ’n “jaloerse God” is. Sy heilige jaloersheid word deur Paulus in sy besorgdheid oor die Kerk uitgedruk. Om die tekste in die regte verband te stel, sluit ons die daaropvolgende vers ook in:
NAV: “Ek waak oor julle met ’n ywer [“jaloersheid”] wat van God kom, want julle is soos ’n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus. 3 Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang.” [2 Kor 11:2+3].
(GGDD) 15
NKJV: “For I am jealous for you with godly jealousy. For I have betrothed you to one husband, that I may present you as a chaste virgin to Christ. 3 But I fear, lest somehow, as the serpent deceived Eve by his craftiness, so your minds may be corrupted...” [2 Cor 11:2-4].
NIV: “I am jealous for you with a godly jealousy. I promised you to one husband, to Christ, so that I might present you as a pure virgin to him. 3 But I am afraid that just as Eve was deceived by the serpent’s cunning, your minds may somehow be led astray...” [2 Cor 11:2-4].
Message: “The thing that has me so upset is that I care about you so much – this is the passion of God burning inside me! [2 Cor 11:2] (p 97). {beklemtoning bygevoeg}.
In sy peiling van God se “passie”, vra Warren: “Waarvoor gee God die meeste om? Vir die redding van sy mense (volk). Hy wil hê al sy verlore kinders moet gevind word! Dit is die groot rede waarom Jesus aarde toe gekom het. Die kosbaarste ding vir die hart van God, is die dood van sy Seun. Die tweede-kosbaarste ding is wanneer sy kinders daardie nuus met ander deel. Om ’n vriend van God te wees, moet jy omgee vir al die mense rondom jou, vir wie God omgee.”
Ja, dit klink reg. Maar dis net ’n halwe waarheid. Pastoor Warren haal blykbaar die bogenoemde woorde uit “The Message” aan, om sy stelling tov “passie” te staaf. [19] Maar die standaard Bybelvertalings, gebaseer op vroeë Griekse bronne, verwys in werklikheid na ’n ander aspek: God se ywer vir suiwerheid en heiligheid in die Kerk. Paulus het die Korinthiërs teen korrupsie in die Liggaam van Christus gewaarsku – ‘n groot bron van kommer in beide die Ou en Nuwe Testament. Die apostel beklemtoon hierdie doel weer in sy brief aan die Kerk in Filippi:
“Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie, en nie verniet geswoeg het nie.” [Fil 2:15 en 16]
Met ander woorde, God roep ons om anders as die korrupte wêreld rondom ons te wees. Hy het ons ’n heilige volk gemaak – vir Homself opsy gesit.””Hulle behoort nie tot die wêreld nie,” het Jesus gesê, “net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.” [Joh 17:15 tot 17].
Pastoor Warren se klem op passie verbloem hierdie stelling. Die aspek van suiwerheid word vervang met die meer kontemporêre aspek van persoonlike verhoudings. Daardeur word die strelende (“voel goed”) verhoudingsriglyne as belangriker beskou as die geestelike behoefte aan skuldbelydenis en heiligheid in Christus.
Moet asseblief nie dink dat ek afbreuk wil doen aan die uiters belangrike opdrag om “mekaar lief te hê”, soos Christus ons liefgehad het, nie. Maar wanneer korrupsie en verwêreldliking die Kerk insypel, blus dit God se “agapé’-liefde – die uitdrukking van die Heilige Gees in ons. Ons vervang dit dan moontlik met meer menslike liefde, soos bv “filé-o” (vriendskaplike, aangetrokke, broederlike) –liefde, maar dit is nie meer ’n vervulling van die bg opdrag nie. (Ten spyte van pastoor Warren se herhaaldelike verwysing na ons “vriendskap met God,” gebruik die Bybel nêrens die woord “filé-o” in enige van die opdragte om God lief te hê nie. Dit gebruik altyd die woord “agapé”, God se bonatuurlike liefde, wat deur sy getroue kinders vloei.).
In die konteks van Peter Drucker se bestuurs- en bemarkingsfilosofie, maak pastoor Warren se beklemtoning volkome sin. Die nuwe verhoudingsriglyne is ontwerp om ’n groepslojaliteit te bou, “respek” vir alle opinies te kweek, en ongewilde waarhede, wat dwaling en korrupsie ontbloot, te stuit. (GGDD) 16
Laasgenoemde is eenvoudig te verdelend. “Gemeenskaplikheid” tussen geestelik diverse mense is allerbelangrik, selfs al bots dit met God se Woord [2 Kor 6:14-18], en al dwing dit gelowiges tot kompromie. Dit is waarom baie toegewyde, maar gebroke Christene die “soeker-vriendelike” kerke, wat hulle getrou gedien het, verlaat. Hulle kan eenvoudig nie inwillig om “aanstootlike” Bybelse riglyne oorboord te gooi, om sodoende die nuwe visie van eenheid en gemeenskaplikheid na te streef nie.
God se kinders moet hulle gewete, soos deur die Heilige Gees onderrig, gehoorsaam. As ons Sy Naam en beloftes vir ons toe-eien, moet ons eenvoudig in Sy weë wandel, eerder as om ons emosies en gewilde bemarkingskemas na te jaag. As ons aanbidding ’n uitdrukking van ons menslike natuur, eerder as van Sy waarheid en Gees is, is dit waardeloos. Dis maar al te maklik om “die Gees uit te blus” en verblind te word vir Sy lig. Deur te probeer om die Christendom meer aanvaarbaar vir die wêreld te maak, mag ons Jesus se nugtere waarskuwings aan Sy dissipels vergeet:
“As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle...” [Joh 15:19 tot 21].
“Moenie die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie uitsprake van dié wat die boodskap van God verkondig, geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is. Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou.” [1 Tess 5:19 tot 24].
Musiekgedrewe Evangelisasie
“Die musiekstyl wat jy vir jou kerkdienste kies, sal een van die kritiekste (en mees kontroversiële!) besluite in die lewe van jou kerk wees,” skryf Rick Warren in ’n artikel getiteld “Die Keuse van Aanbiddingsmusiek”. “Jy moet jou musiek aanpas by die tipe mens wat God wil hê jou kerk moet bereik....Die musiek wat jy gebruik, bepaal jou kerk se ‘posisie’ in jou gemeenskap. Dit definieer wie jy is.... Dit sal die tipe mens wat jy aantrek, bepaal, (asook) die tipe mens wat jy behou, en die tipe mens wat jy verloor.” [20] (Beklemtoning bygevoeg).
Pastoor Warren se musiekkeuse skakeer in by die hedendaagse hoofstrominge van verandering -- in kultuur en besigheid, asook kerke. Ons wêreld word toenemend eenvormig, selfs al vermenigvuldig ons keuses. In teenstelling daarmee dat ons tallose opsies tov kos, klere, godsdienste en musiek het, volg die korporatiewe bestuurstelsels dwarsoor die wêreld dieselfde bemarkingstrategieë. Hulle sleutel tot “meetbare sukses” is om die “aangevoelde behoeftes” van die massas te monitor en te manipuleer – ‘n listige strategie wat voortdurende meningspeilings, opnames, assesserings en digitale datastelsels vereis. Tesame, as deel van ’n holistiese stelsel, ontbloot hulle nie net die begeertes en kwesbaarhede van “verbruikers” nie, maar voed en manipuleer ook daardie “behoeftes” en begeertes.
En dit werk! Dit is waarom regerings, skole, mediese stelsels en groot kerke almal besig is om hulleself te “herontwerp,” om sodoende die gevestigde spore van korporatiewe Amerika na te volg. Hulle noem moontlik hulle besondere weergawe van hierdie stelsel “Omvattende Kwaliteitsbestuur, Uitkomsgebaseerde Onderwys” of “Doelgedrewe Kerke”; daar is geen verskil nie! Almal volg dieselfde pragmatiese bloudruk, mik na “meetbare resultate,” dring aan op spanwerk, dialoog, fasiliteerders, “lewenslange studie,” kontrakte en deurlopende assessering van “vordering” na die beplande uitkoms. Almal moet by die stelsel aanpas, of padgee! (GGDD) 17
In Deel 1 het u gelees dat pastoor Warren sy gemeente gepols het, om die gewildste kontemporêre musiek onder hulle te bepaal. [2] Nou gebruik hy meer gesofistikeerde meningspeilings en opsporingssagteware vir rekenaars. Soos uit Deel 1 blyk, is een van sy bestuurskonsultante CMS, ‘n “volledige-diens, op bestelling voorsiende bemarkings- en kommunikasie-agentskap,” om sy kliënte te help om hulle maatskappye te laat groei.” [6] Dit verduidelik dat die “insameling, rangskikking en bestuur van data essensieel is vir die begrip, evaluering en beplanning van enige suksesvolle promosie.” [8]
Toe pastoor Warren die musiek aanbied wat die meerderheid wou hê, het hulle kerk toe gestroom. “Meetbare sukses” bewys egter nie dat God hierdie spesifieke plan geseën of geïnspireer het nie. God waarsku ons inderwaarheid om “nie die guns van mense te soek nie.” [Gal 1:10; 1 Tess 2:4]. Gewildheid in die wêreld was nog nooit ’n teken van God se goedkeuring nie. Meer dikwels – regdeur die Bybel en die Geskiedenis – bewys gewildheid die teendeel. “As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het,” het Jesus gesê. “Maar, omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.” [Joh 15:19].
Wanneer pastoor Warren ons vertel dat “God alle musiek liefhet,” en dat “God verskeidenheid liefhet,” [2] wonder u nie waar hy die streep sou trek nie? Sal daardie uiters belangrike skeidslyn saam met ons veranderende kultuur buig? Of met die toenemende verdraagsaamheid van alle soorte geestelike en Skriftuurlike variasies? Dit is deurslaggewende vrae, omdat musiek ’n kragtige dryfveer in die “Church Growth Movement” (Kerkgroeibeweging) geword het. Soos pastoor Warren sê:
“Musiek is ’n integrale deel van ons lewens. Ons eet daarmee, bestuur motor daarmee, doen inkopies daarmee, ontspan daarmee, en sommige nie-Baptiste dans selfs op die maat daarvan! Die groot Amerikaanse tydverdryf is nie bofbal nie – dis musiek en die deel van ons menings daaroor!”
“...wanneer ek van Bybelse aanbidding in die Psalms lees, sien ek dat hulle dromme, klinkende simbale, luide trompette, tamboeryne en snaarinstrumente gebruik het. Dit klink vir my baie na kontemporêre musiek!”
“Saddleback is onapologeties ’n kontemporêre-musiek-kerk. Ons is al dikwels deur die pers beskryf as ‘The flock that likes to rock’.” Ons gebruik die musiekstyl waarna die meerderheid van ons kerk oor die radio luister.” [20].
Hierdie stellings vereis minstens twee reaksies. Eerstens skryf pastoor Warren: “...in die Psalms sien ek dat hulle dromme gebruik het...” [20] Nie een van die standaard Bybelvertalings maak melding van dromme nie, hoewel hulle “timbrels,” (*) wat soms met “tabrets” (*) of “tamboeryne” vertaal word, genoem word. {(*) uit die Amerikaanse of Engelse vertalings, soos deur Berit Kjos in haar artikel “Spirit-Led or Purpose-Driven” genoem}. Vermoedelik was hulle klein, ronde houtringe of –rame wat met diervelle oorgetrek is en gewoonlik deur vroue of “maagde” met danse, lofprysing of vir vermaak gedra is. Sommige Bybelkommentare beskryf hulle as klein handdromme, “waarvan voorbeelde in Egipte en in Mesopotamiese uitgrawings gevind is.” Klaarblyklik was hulle nie soos vandag se groot, polsende slaginstrumente nie, wat die Bybel nóg verbied, nóg goedkeur. Hulle word ook nie in 1 Kronieke saam met ander voorgeskrewe instrumente vir tempel-aanbidding gemeld nie, [21].
Tweedens: ons Vader Self berei die harte van Sy uitverkorenes voor om te reageer op die reddende waarheid van die Evangelie en die bewys van Sy liefde. Hy benodig nie ons slim sakevernuf nie. “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie,” het Jesus gesê. [Joh 6:44].
Maar kan God nie kontemporêre musiek gebruik om ons na Hom toe te trek nie? Natuurlik kan Hy! Hy kan enige-iets van Sy keuse gebruik! Weer en weer bring Hy seëninge uit ons menslike keuses na (GGDD) 18
vore, of ons keuses wys of dwaas, of tussenin mag wees! Maar Sy wonderbare guns en genade regverdig nooit ons onbehoorsaamheid nie! Hy waarsku Sy kinders herhaaldelik om waaksaam te wees teen die verleidelike magte van die wêreldstelsel [Rom 12:2; 1 Joh 2:15; Ps 1:1-3], en “Christelike” musiek is nou vierkantig in die hande van die wêreld se korrupte vermaaklikheids- orde.
Twee van die gewildste Christenmusikante is Michael W Smith en Amy Grant. Beide is onder kontrak by die “Word Music Company”, wat weer deur “Word Entertainment”, die Christelike musiekafdeling van “Warner Music Group”, ‘n “Time Warner” maatskappy, besit word. Dit mag verklaar waarom die gewilde sogenaamde “fluitspelers” (“pied pipers”) van die Kerk na die ander kant toe oorstap, terwyl hulle miljoene aanhangers met hulle saamvoer. Wat dan plaasvind, is dat die emosionele hoogtepunte wat met God geassosieer word, na die nuwe temas wat God uitsluit en sinlike lus ophemel, oorgedra word.
Steven Curtis Chapman is waarskynlik die beroemdste kunstenaar van “Sparrow Records”, deel van die “Sparrow Label Group”, wat deur “British EMI Music Publishing”, die wêreld se grootste sekulêre musiekpubliseerder, besit word. In die sestigerjare het dit die “Beatles” in Amerika bekendgestel. Dit besit nou firmas soos “Capitol, Angel, Blue Note, Priority” en “Virgin.” Met ongeveer 1500 kunstenaars, bemark dit nou enige tipe musiek denkbaar: rock, rap, jazz, Christelik, country...[23]. Volgens “Music Publishing”,
“...besit EMI die kopiereg op meer as ’n miljoen musikale komposisies en het kantore in meer as 30 lande... Komponiste en liriekskrywers wat deur EMI verteenwoordig word, sluit David Bowie, Janet Jackson, Carole King, Queen, Savage Garden, Sting en Aerosmith in. “A&R”, die kuns om die volgende groot skrywer te identifiseer, asook die volgende groot treffer, is die grootste enkele funksie van EMI.” [24].
EMI se webtuiste “spog” met ’n bladsy oor “Sosiale Verantwoordelikheid”, wat as volg lui:
“By EMI glo ons dat ’n sake-onderneming winsgewend sowel as voordelig vir die gemeenskap moet wees. ...Ons is verbind tot gelyke geleenthede vir alle werknemers, ongeag geslag, etniese of nasionale herkoms, godsdiens, gestremdheid, ouderdom, huwelikstaat of seksuele oriëntering....Ons ondersteun en handhaaf die beginsels wat in die Universele Verklaring van Menseregte vervat is...” [25]
In ons artikel, “Trading US Rules for UN Rules”, sal u vind dat die “Universele Verklaring van Menseregte” baie vyandig is – geen hulp nie – teenoor Christene en ander wat die VN se filosofie en sy bloudruk vir globale solidariteit bevraagteken.
In April 2003 het van beide EMI en Time-Warner se uitvoerende bestuurslede aan ’n konferensie deelgeneem, waar onderwerpe soos “Dinge wat jy moet weet om raakgesien te word”, en “Die Geestelike Toekoms van Christelike Musiek” behandel is. Die doel van die samesprekings, wat deur die “Senior Director of A&R, Warner Brothers Records, Christian Division”, gemodereer is, was, om te bepaal “waarvoor soek hulle deesdae in ’n gekontrakteerde kunstenaar.” [26]. Wonder u, of die paneellede – insluitend die Algemene Bestuurder van “Simple Records”, ‘n Senior Direkteur van “Sparrow Label Group”, en die Direkteur van “Gospel A&R” en “Warner Brothers Records” – lirieke wat sommige van die meer “aanstootlike” Bybelse waarhede bevat, sal toelaat? Sal hulle God se wil vir Christelike musiek en aanbidding selfs oorweeg?”
Waarskynlik nie. Dit gaan vir hulle om die bemarking van musiek in kulture oor die ganse wêreld. Ons moet Skrifgedeeltes soos 2 Kor 6:14-17 ken, wat ons waarsku: “Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? (GGDD) 19
Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan ’n gelowige dieselfde belange hê as ’n ongelowige? ...Gaan van hulle af weg en sonder julle af,...” [2 Kor 6:14-17].
In die artikel, “A New Song – Part 2,” som die skrywer en voormalige musikant, Paul Proctor, die betekenis en doel van Christelike aanbidding as volg op:
“Soos ek dit verstaan, is aanbidding om as ’n heilige en uitverkore volk voor die Here te kom, in gehoorsaamheid, nederigheid, opregte berou en geloof, met ’n gesindheid van dankbaarheid, om Sy lof te besing, Sy Woord te hoor, Sy Naam te verheerlik en om Hom met ons hele wese te eer vir wie Hy is en wat Hy gedoen het.
“In teenstelling met die gewilde neiging, is aanbidding NIE om saam met elke Jan Rap en sy maat in Jesus se Naam te “party” en in ons skik met onsself te wees, met bedwelmende musiek en psigoterapie nie.” [27].
Saddleback gemeentelede mag moontlik nie hulle musiek “bedwelmend” noem nie, maar dit is nie hier ter sake nie. Wat wel saakmaak, is die aard van die dryfkrag in die kerk. Dit is maklik om ’n lys te maak van ’n stel Bybelse doelwitte wat blyk aan te dui waarheen die kerk op pad is. Maar regverdig die goeie doelwitte of oogmerke die middele of metodes, wat die standaarde wat God ons in Sy Woord gegee het, oortree?
Die anwoord maak nie saak vir diegene wat pragmatisme voorstaan nie – die geloof dat waarheid relatief is en dat die doel wel die middele heilig. Dit is hartseer om te sien dat in soveel van die “Church Growth Movement” [Kerkgroeibeweging] die hoofmaatstaf vir goeie of slegte metodes – of vir wat “God besig is om te seën” – “meetbare sukses” blyk te wees, nie gehoorsaamheid aan Sy onfeilbare Woord nie. Die fundamentele vraag, uit ’n bestuursoogpunt, blyk te wees: “Werk dit?” Wat ons egter behoort te vra, is: “ Wat sê die Bybel (nie voorkeurparafrases nie) vir ons?”
Die antwoord op die eerste vraag is, Ja, dit werk wel, maar min kerklidmate verstaan die “algemene stelsels teorie” werklik; die filosofie en wêreldbeskouing agter die beheerstelsels wat hierdie wêreldwye transformasie stuur. Baie van die toegewyde ondersteuners van hierdie teorie besef nie hoe dit die Heilige Gees uit die besluitnemingsproses druk nie. Ons kan egter wel deeglik sy denke-veranderingsproses aan sy onskadelike etikette (wat einlik rooi vlae moes wees!) soos assessering, databanke, fasiliteerder, dialoog en beplande of voortdurende verandering herken. Lynn Stuter, ‘n befaamde navorser-artikelskrywer by “NewsWithViews”, som dit uitstekend op:
“Stelselfilosofie of “algemene stelsels teorie”...sê dat ons ons toekoms kan skep deur stelsels te skep en dit dan in balans met alle ander stelsels te skuif, in ’n konseptueel holistiese model (ook na verwys as stelselmatige verandering), deur van ’n stelsel-infrastruktuur, soortgelyk aan alle stelsels, gebruik te maak. Wetenskaplikes verwys na stelselfilosofie as ’n sluitrede (sillogisme) – hoe om beplande verandering stelselmatig teweeg te bring. In die stelsel- filosofie is die stelsel en die verskuiwing van die stelsel in balans met alle ander stelsels, van oorheersende belang. Die verskuiwing word bewerkstellig, deur DATA-TERUGVOER wat bekom word van die gevestigde stelsel (‘n agentskap, ‘n klaskamer, of ’n individu), te ontleed. Dit verklaar die inbreuk op die privaatheid van databanke, wat aan alle stelsels gekoppel word – gesondheidsorg, onderwys, justisie, militêr....[en Kerke].
“....dit begin met die ontwikkeling van jou visie van die voltooide toekoms... Die visie word dan gedefinieer in terme van die finale uitkomstes. In die geval van onderwyshervorming, is die finale uitkomstes die vir die staat essensiële “akademiese” leervereistes (“EARLs” – “Essential Academic Learning Requirements”). [In die “Doelgedrewe” sin is dit “doel”]. (GGDD) 20
“In die “Skole vir die 21ste Eeu” (die fondament vir onderwyshervorming in die staat van Washington en die grondslag vir ‘America 2000’) hulpbrondokument word “inhoud” gedefinieer as uitmuntendheid in terme van die agenda van verandering; die proses as die produk.... die bestemming.... wat “leer” alles behels; en emosionaliteit en affektiwiteit (die emosionele) as die middele waardeur inhoud en proses bereik sal word...
Die maatstaf vir daardie vaardigheid is die assessering.... As ’n paar kinders onsuksesvol met die assessering is, word hulle geremedieer, om hulle weer “in lyn” te bring. Ook die onderwysers word geassesseer. Die assessering voorsien DATA-TERUGVOER na die stelsel....” [28]
Dit is gerusstellend om aan te neem dat God alle groeiproduserende metodes en “goed-voel” stimuli liefhet, wat ons liefhet. Maar dis nie waar nie!
“My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” [Jes 55:8+9].
Dan gee Hy ons ’n ontnugterende blik op wat vir Hom verblydend is om in Sy kinders te sien: “Ek slaan ag op die mens in sy nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” [Jes 66:2b].
“Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ’n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë.” [Jes 64:4-5; OAV].
Die Vrese (dien) van die Here
Lank voordat Dawid sy kosbare Psalms geskryf het of koning Salomo die Spreuke neergepen het, het Job al die geheim van wysheid en vriendskap met God geken. Te midde van folterende pyn en verlies het hy gesê: “Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.” [Job 28:28]. (OAV). Job se woorde vind weerklank in die woorde van die wyse manne wat Ps 111:10 en Spr 9:10 geskryf het: “Die vrese van die Here is die beginsel van die wysheid.” [OAV].
Eeue gelede het God se opstandige en verwaande volk gedink hulle kan maar hulle eie sensuele neigings volg, aan die rituele van hulle afgoddienende bure deelneem, en hulle kinders offer om persoonlike gunste te verkry – sonder om God se guns en beskerming te verloor. Selfs die priesters het gedink hulle het in die weë van die Here gewandel. Hulle was verkeerd. Ons Heilige God, wat dieselfde is, “gister, vandag en tot in ewigheid,” het Sy dwase en vermetele volk gewaarsku,
“Ek gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaarsak en doodgesteek word, omdat julle nie geantwoord het toe Ek geroep het nie, nie geluister het toe Ek gepraat het nie. Julle het gedoen Wat verkeerd is in my oë, julle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.” [Jes 65:12]. [NAV] (GGDD) 21
Pastoor Warren het weinig te sê oor sulke goddelike vrese – die geseënde vrug van ’n diepe bewussyn daarvan dat God sowel ons Regter en Wreker, as ons Vader en Liefde is. God se toorn en wraak pas net nie in vandag se regstellende, soeker-vriendelike kerkmilieu in nie!
Aangesien “Today’s English Version”, soos die “JB Phillips-vertaling”, as ’n vertaling, eerder as ’n parafrase beskou mag word, mag die ondergemelde verskille minder opvallend wees. Nogtans illustreer dit ’n traagheid onder baie kontemporêre Christenleiers om die woord “vrese” te gebruik, wanneer hulle na God verwys. Terwyl ons sekerlik (deur Sy Gees) ons heilige en almagtige God alle eer waardig moet ag, verwyder hierdie meer “positiewe” woord enige subtiele (of lastige) herinnering, dat ons liefdevolle Vader ook ’n “jaloerse” God is – ‘n ontoegeeflike Regter, wat min verdraagsaamheid vir ons louwarm “gehoorsaamheid” en selfingenome “aanbidding” het.
OAV: “Die verborgenheid van die Here is vir dié wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.” [Ps 25:14].
NKJV: “The secret of the Lord is with those who fear Him; and He will show them His covenant.” [Ps 25:14].
NIV: “The Lord confides in those who fear Him; he makes his covenant known to them.” [Ps 25:14].
Living Bible: “Friendship with God is reserved for those who reverence him.” [Ps 25:14a].
OAV: “Die Here het ’n welgevalle in dié wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.” [Ps 147:11].
NKJV: “The Lord takes pleasure in those who fear him, in those who hope in his mercy.” [Ps 147:11].
NIV: “The Lord delights in those who fear Him; who put their hope in his unfailing love.” [Ps 147:11].
Today’s English Version: “He takes pleasure in those that honour Him; in those who trust in His constant love.” [p 71].
Met ander woorde, die woord “vrese” (“vrees”) bots met die hedendaagse poging om God aan die post-moderne massas te bemark. In ’n mindere mate is dit ook die geval met woorde soos “regverdig” en “genadig”. Beide herinner ons aan ons sonde en tekortkominge. Hulle bring die ongemaklike gedagte dat God inderdaad “heiliger as jy” (“holier-than-thou”) is, na vore; ‘n onaangename gedagte vir hulle wat verkies om te glo dat God soos ek is en dink.
In teenstelling hiermee, stel pastoor Warren ’n meer “genaakbare” God voor – ‘n glimlaggende pa, wat meer die indruk wek van ’n hedendaagse permissiewe ouer, as van die regverdige en genadige God van die Bybel. Of jy nou deel van God se gesin is of nie – Warren raak verwarrende halwe waarhede kwyt, wat jou verseker dat:
(GGDD) 22
Voel jy al goed oor jouself? Voel jy op jou gemak voor jou heilige God?
Miskien voel ons te gemaklik. Miskien “geniet God dit” nie “om elke detail van ons lewens te sien” nie. Hoewel Sy Woord ons verseker dat Hy vreugde in ons vind, wanneer ons Hom vertrou en volg, wys dit ons ook, dat ons dwase keuses Hom grief. En as ons inderdaad “weergebore” is deur Sy Gees, sal dit ons saam met Hom grief as ons eerder ons eie luste as Sy Woord gehoorsaam! Ons sal berou toon, omdraai en terug in Sy arms in hardloop!
Ja; Hy wag op ons. Ja; ons geduldige en genadige Heer het ons voortdurend, inniglik en ewiglik lief. Ja; in Christus is al ons sondes aan die kruis vasgenael. Maar Hy maak nie ons vleeslike rebellie, soos ons, as ’n nietigheid af nie. Inteendeel; Hy sê ons aan, om “ons eie heil met vrees en bewing uit te werk, want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” [Fil 2:12-13].
In die Nuwe Testament vind ons ’n paar ontnugterende herinnerings aan ’n sy van God wat ons dikwels verkies om te vergeet, bv die verhaal van Ananias en Saffira. Hulle was deel van die vroeë kerkgemeenskap, waar mense hulle besittings met mekaar gedeel het. Waarskynlik onthou u die verhaal:
“Maar daar was ook ’n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat ’n eiendom verkoop het. 2 Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys vir hulleself agtergehou en net ’n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee. 3 Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? ....Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.” 5 Toe Ananias dit hoor, het hy dood neergeval; en al die ander wat dit gehoor het, het baie bang geword.... {OAV: “...en ‘n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.”}.
7 “Omtrent drie uur later het sy vrou daar aangekom, onbewus van wat gebeur het. 8 Petrus vra toe vir haar: “Sê vir my, het julle die grond vir soveel verkoop?”
“Ja,” sê sy, “vir soveel.”
9 Toe sê Petrus vir haar: “Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here uit te tart? Die mense wat jou man begrawe het, is nou net weer by die deur, en hulle sal jou ook uitdra.”
10 Sy het onmiddellik voor Petrus dood neergeval. Die jongmanne het ingekom, gesien sy is dood, en haar by haar man gaan begrawe. 11 Die hele gemeente en al die ander mense wat hiervan gehoor het, het baie bang geword.” {OAV: 11 “En ‘n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.”}.
12 “Deur die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind.... 13 maar van die ander mense het niemand dit gewaag om by hulle aan te sluit nie, al het die volk hulle hoog geag. Tog is baie mense wat in die Here geglo het, mans sowel as vrouens, algaande by hulle getal gevoeg.” [NAV: Hand 5:1-14].
God het nie gehuiwer om ’n sonde, wat ons maklik sou oorsien, te oordeel nie. Per slot van rekening het Ananias ’n ruim bydrae aan die kerk gemaak, nie waar nie?
Maar God se standaard vir heiligheid onder Sy kinders is veel hoër as die indruk waaronder ons in ons kerke gebring word. Hy vereis ’n rein Liggaam, ’n heilige Bruid – gewas en (GGDD) 23
gereinig in Sy vergote bloed. “Soeker-dienste”, wat die wêreld in Sy heilige plekke inbring, kompromitteer Sy geopenbaarde doelwitte. So ook die konsensusgebaseerde “broederskap” tussen gelowiges en ongelowiges, tussen Sy reinheid en die wêreld se goddeloosheid.
In die vroeë Kerk het God se oordele groot vrees versprei (van Omhoog). Die omliggende gemeenskap het twee tipiese soorte reaksies getoon. Hoewel “die volk hulle hoog geag het,” is slegs dié wat God na Hom toe getrek het, by die Kerk gevoeg. “...van die ander mense het niemand dit gewaag om by hulle aan te sluit nie.” Dit klink nie juis baie na die hedendaagse bemarkingstrategië nie, of hoe?
Die probleem is nie dat pastoor Warren die “vrese van God” uitgelaat het nie. Hy kan onmoontlik nie al God se verordeninge in een boek behandel nie. Die probleem is ’n gebrek aan balans. Deur God se behae in “elke detail van jou lewe” in die grootste deel van die boek te beklemtoon, terwyl hy skaars melding maak van God se toorn, heilige standaard of oordeel, ontken hy vir alle praktiese doeleindes die minder troosvolle sy van God se wese. [29]
Alhoewel God se liefde onvoorwaardelik is, is Sy beloftes nie. Die meeste daarvan word – dikwels in dieselfde gedeelte waarin dit voorkom – aan riglyne en voorwaardes vir hulle vervulling gekoppel. Maar daardie voorwaardes en waarskuwings word oor die algemeen uitgelaat. Soos dit in hierdie boek aangebied word, word baie van God se beloftes aan diegene wat Hom – deur Sy genade en Gees – volg, egter universele en onvoorwaardelike waarborge vir elkeen wat die boek lees. Geen berou oor ons sondes, of “bewe vir Sy woord” [OAV, Jes 66:2,5], of berou oor ons verslawing aan nuwerwetse ekstases nie, want elkeen is regverdig in die oë van Hom wat ons “hartstogtelik” liefhet net soos ons is.
Maar God roep ons op om Sy weë te ken en te volg, nie ons s’n nie – om onsself te verloën en te sterwe na die vlees. In ons swakheid sal Hy ons daarvoor toerus! Ons doel moet Sy doel wees: dat ons heilig sal wees soos Hy heilig is. Pastoor Warren beaam daardie waarheid, maar deur God se openbaring van Homself en Sy weë af te water, misvorm hy ons begrip van heiligheid. Deur die gesag van God se Woord as onbeduidend af te maak, versteur hy ons visie van God se hoë standaard vir ons lewens in Hom. Laastens; wanneer hy God se beloftes (in verskillende vorme) aanhaal, terwyl hy Sy waarskuwings ignoreer, kweek hy verwaandheid, nie egte, gehoorsame geloof nie. Baie lesers sal beswaarlik weet wat om te gehoorsaam!
Hulle sal ook nie die antwoorde in die besprekingsvrae aan die einde van die boek vind nie. Daardie vrae is só bewoord, dat hulle inpas by vandag se konsensusproses. Hierdie proses om die individu te dwing om met die siening van die groep saam te stem, gebruik riglyne soos:
Die meeste vrae stem ooreen met hierdie patroon. Omdat hulle subjektief en ope vrae is, lok hulle gevoelsgebaseerde opinies, nie Bybelgebaseerde waarhede nie. Sommige van die vrae ontlok antwoorde wat meer by vandag se gemeenskapsideale pas, as by die waarheid.
Die eerste twee vrae pas presies hierby in: “Wat dink jy...” en “Hoe voel jy...” Nie een noem die Bybel as verwysingspunt nie. Nie een moedig die leser aan om antwoorde in God se Woord te soek nie.
Die natuurlike uiteinde van hierdie gemaklike verhoudings-dialoog is ’n groepsintese van die verskillende menings. Aan die einde sal elkeen goed voel oor homself, oor mekaar en oor God, hoe Hy (GGDD) 24
ookal voorgestel word. Geen koste, geen selfverloëning, geen verdeeldheid, geen aanstoot! Die postmoderne Christendom pas volmaak by die veranderende wêreldstelsel in! (Hierdie verhoudingsproses sal meer breedvoerig in Deel 2 van hierdie reeks bespreek word).
Onthou, Sy weë is nie ons weë nie! Hy is die soewereine Koning van die heelal! Om Hom te ken en te volg, is dit vir ons nodig om ons denke met Sy ware Woord te vul, nie met populêre interpretasies of die “voel-goed” bevestigings van die groep nie. Ons alwyse en wonderbare Here sê:
“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. ... As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie;....” [Joh 14:21-24]. ***************************************************************************
In Deel 2 sal ons kyk na:
Ø Eensgesindheid en Gemeenskap (“Unity and Community”). Pastoor Warren beklemtoon blykbaar ’n model wat Peter Drucker se gemeenskapsvisie en Dr Bernie Siegel se “New Age” siening van die genesende gemeenskap beklemtoon. Hierdie nuwe manier om die kerk te bedryf (“doing church”), gebaseer op bemarkingstrategië, menseverhoudings en groepsdiversiteit, is besig om kerke regoor die wêreld volgens ’n spesifieke plan te verander. “Tradisionele” Christene – hulle wat God se Woord liefhet en die gemeenskap wat op die eenheid in die Gees gebaseer is, soek, nie dié wat op menslike konsensus gefundeer is nie – sal óf hulle veranderende kerk verlaat, óf gevra word om dit te verlaat. Hulle pas nie langer in nie! Omdat hulle ’n onwrikbare standpunt op Bybelse absolutes inneem, blokkeer hulle die beplande transformasie en verhinder die nodige “eenheid-in-verskeidenheid:” ‘n nuwe soort gemeenskap, nie in Christus nie, maar deur Christene en nie-Christene wat saam dialoog voer in die rigting van ’n evolusionêre globale konsensus. Ø Transformasie Rick Warren het belowe, “Die volgende 40 dae sal jou lewe transformeer” (verander). [1, p 10] Vir baie postmoderne denkers het hierdie transformasie weinig te doen met weergeboorte deur die Heilige Gees. Binne die CGM (“Kerkgroeibeweging”) verwys die woord “transformasie” dikwels na mense en kerke wat na die “verwantskapsvisie” van “die gemeenskap” gekonformeer moet word. Hierdie veranderingsproses gebruik die nuutste psigo-sosiale strategië en indringende tegnologië om verandering en individuele onderworpenheid aan die gestelde “visie” te meet. Ons sal so gou moontlik met ’n woordelys van terminologie begin, wat deur hedendaagse selfverklaarde “veranderingsagente” (“Change agents”), wat die leiding neem in kerktransformasie, gebruik word. Ø Geestelike gawes Pastoor Warren sê, “Begin deur jou gawes en vermoëns te bepaal (“assesseer”). Dink lank en eerlik na oor jou sterk en jou swak kenmerke. Vra ander mense... Geestelike gawes en natuurlike vermoëns word altyd deur ander bevestig.”
Om sy bewering te staaf, haal hy Rom 12:3(b) in die “Phillips”-vertaling aan. [1, p 31]. Terwyl dit wel mag voorkom of die Phillips Vertaling sy gevolgtrekking staaf, doen die Standaardvertalings dit nie. Hulle maan ons om te waak teen oordrewe selfbeelde (verwaandheid) – ‘n bedekte sonde wat deur die hedendaagse klem op selfbeeld, onderlinge bevestigings en onwilligheid om waarhede te spreek wat aanstoot mag gee. Die Standaardvertalings ondersteun ook nie die kontemporêre mening, dat geestelike gawes deur ons natuurlike vermoëns of subjektiewe opinies geïdentifiseer, getoets en gemeet kan word nie. God gee hierdie bonatuurlike gawes! Wanneer ons, Sy skape, “Sy stem hoor” en die geloof het om Sy persoonlike leiding te volg, sal ons sekerlik weet waar ons Hom die beste kan dien, en Hom al die eer gee.
(GGDD) 25
God gee dikwels aan ons geestelike gawes wat min of niks te doen het met natuurlike vermoëns nie, sodat ons Hom sou dien in ons swakheid, eerder as in ons krag. Dit is wat Hy my geleer het. Om te skryf en te praat, was geheel en al onnatuurlik en baie pynigend vir my, toe God my die eerste keer geroep het om Sy Evangelie aan kinders oor te dra. Ek, ’n skaam, stil introvert, het geleer om ten volle op Hom staat te maak, en deur die jare het my wonderbare Herder Sy getrouheid weer en weer op verstommende maniere bewys. Paulus het gesê:
“Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2 Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 3 Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. 4 Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5 Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.” [1 Kor 2:1-5]
************************************************************************************* Enkele Slotgedagtes deur die vertaler:
Hierdie artikel mag in sy geheel gedupliseer en onveranderd GRATIS versprei word! Deur die Gees Gelei of DoelgeDrewe?
Deel 2
Deur Berit Kjos, Januarie 2004
“God sê verhoudings is waaroor die lewe werklik gaan.” Rick Warren. [1, p 125]
“Verhoudings is die gom wat ’n kerk aanmekaar hou. Vriendskap is die sleutel om lidmate te behou. ‘n Vriend het my op ’n keer vertel van ’n opname wat hy in ’n kerk gemaak het. Op sy vraag: “Hoekom het jy by hierdie kerk aangesluit?”, het 93% van die lidmate gesê: “Ek het ter wille van die predikant aangesluit.” Toe hy vra, “Sê nou die predikant gaan weg? Sal jy ook weggaan?”, het 93% gesê: “Nee.” Toe hy gevra het waarom nie, was die reaksie: “Omdat ek vriende hier het!” Let u die verskuiwing in lojaliteit op? Dit is normaal en gesond... Dink in terme van verhoudings!” [2] Rick Warren, “Relationships hold your church together.”
“Ek wil die belangrikheid daarvan beklemtoon, om voortdurend die korporatiewe karakter van die Christelike lewe by julle lidmate te onderstreep,” het pastoor Warren in sy kerkbestuurshandboek, “The Purpose-Driven Church”, gesê. “Preek dit, onderrig dit en praat daaroor met individue. Ons behoort bymekaar. Ons het mekaar nodig. Ons is aan mekaar verbind as lede van een liggaam. Ons is familie!” [3, p 328].
Ja, diegene wat werklik aan Christus behoort, is een in Hom! Ons is deel van ’n enorme, wonderlike gesin wat rondom die aarde strek, deur die tyd, tot in die ewigheid! Om die waarheid te sê, die gemeenskap wat ons in Christus het – saam met almal wat dieselfde Gees deel, dieselfde Herder volg en hulle in dieselfde Skrifte verlustig – bring vir ons ’n klein voorsmakie van die vreugde wat ons sal deel met ons hemelse familie tot in ewigheid.
Pastoor Warren voeg egter ’n aantal twyfelagtige organisatoriese redes by vir die beklemtoning van gemeenskap en eenheid. Soos hy in sy artikel, “Relationships hold your church together”, verduidelik: “gemeenskap onder lidmate is moontlik die effektiefste manier om groot en sterk kerke te kweek. In die “Church Growth Movement” (CGM) word ‘mensbehaende’ gemeenskap (“fellowship”) – spesiaal met die doel om geestelik uiteenlopende mense aanmekaar te bind, ‘n hoofdoel. Hierdie proses sluit die volgende stappe in:
(GGDD2) 2
4. Verpak die waarheid op maniere wat dit smaaklik en aangenaam vir almal maak, lidmate, ongelowiges en soekers. Vermy aanstootlike Skrifgedeeltes en verdeeldheidskeppende waarskuwings. Verwyder enige beklemtoning van Bybelse absolutes of leerstellings. Dit verhinder eenheid en “voortdurende verandering”. 5. Gebruik ondertekende ooreenkomste (kontrakte), die dialektiese proses (“redeneerkunde”) en“deurlopende assessering” (evaluering), ten einde alle lidmate te bind aan die soort gemeenskap wat deur die “doelgedrewe” bestuurstelsel verplig (afgedwing) word.
Saddleback Kerk gebruik hierdie vyf punte, asook vele ander praktiese riglyne vir kerkgroei en –eenheid, wat ons later sal bekyk. Maar laat ons eerstens pastoor Warren se leerstellings oor die Liggaam van Christus – die gemeenskap van die gelowiges – in oënskou neem. Hoewel sy boek vol bemoedigende versekerings en beloftes is, verdoesel dit ook ’n aantal vreemde halwe waarhede en ontstellende suggesties. Die eerste aanhaling hieronder pas perfek in die nuwe kollektiewe of holistiese oogpunt in, dat alle dele van ’n organisasie (die stelsel) interafhanklik moet wees – en dat individue net waarde en betekenis het ooreenkomstig hulle plek in die hele stelsel. (Hierdie holisme deurtrek, rig en verenig nou organisasies wêreldwyd). Hou dit in gedagte, terwyl u pastoor Warren se volgende vyf verklarings oordink:
“Jy ontdek jou rol in die lewe deur jou verhouding met ander. Die Bybel sê vir ons, “elke lid ontvang sy betekenis van die liggaam as geheel, nie anders om nie....Maar as ’n afgekapte vinger of toon sou ons nie veel werd wees nie, sou ons?” [1, p131]
“Die Bybel weet nie van so iets soos alleenstaande heiliges of geestelike kluisenaars, geïsoleer van ander gelowiges en ontsê van gemeenskap nie.” [1, p 130]
“Hoe jy ander mense behandel, en nie jou rykdom of suksesse nie, is die blywendste impak wat jy op aarde kan nalaat. Soos Moeder Teresa gesê het, “Dis nie wat jy doen nie, maar hoeveel liefde jy daarin sit, wat saakmaak.” [1, p 125]
“God wil hê sy gesin moet bo alles vir hulle liefde bekend wees. Jesus het gesê ons liefde vir mekaar – nie ons leerstellige geloof nie – is ons grootste getuienis aan die wêreld.” [1, p124]
“Elke keer as jy van jou tyd gee, bring jy ’n offer en ’n offer is die essensie van liefde. Jesus het as voorbeeld voorgehou: “Wees vol liefde vir andere, in navolging van die voorbeeld van Christus, wat julle liefgehad het en Homself as ’n offer aan God gebring het om julle sondes weg te neem.” [1, p 128] (Ef 5:2 – LB).
Sien u die teenstrydige boodskappe? Die gevange apostel Paulus, ‘n “alleenstaande heilige”, afgesonder van sy medegelowiges teen die einde van sy lewe, is maar een van die talle Bybelse voorbeelde van getroue manne en vroue wat sterk in die geloof gegroei het, terwyl hulle alleen gestaan het en in die lyding van Jesus gedeel het. Lees maar die Psalms, Jesaja, Jeremia en ander vervolgde profete, die vier weergawes van die Evangelie,.... Onthou dat in baie Kommunistiese tronke die ongekompromitteerde Bybelse geloof van gemartelde gelowiges talle medegevangenes – selfs koudhartige ondervraers en folteraars – na Christus gelei het. Ja, ons sigbare, godgegewe liefde vir mekaar demonstreer ’n goddelike gawe, wat die wêreld na smag, maar nie kan dupliseer nie. Slegs die waarheid van die Evangelie (dogma), lewend gemaak deur die Heilige Gees, kan daardie selfde goddelike lewe en –liefde in ’n ander persoon laat ontbrand. “Liefde” sonder Waarheid kan nie ongelowiges in God se Koninkryk inbring nie.
In die laaste van die vyf aanhalings stel pastoor Warren die “tyd” wat ons aan ons vriende spandeer, gelyk aan Christus se lewe-veranderende offer vir ons. Dit laat vrae ontstaan soos: Moet ons “offer” deur die Heilige Gees geïnspireer en volbring word, of is enige soort “tydsoffer” voldoende? Wat gebeur, as hierdie offer die menslike gewer verheerlik, en nie God nie? Kan dit ons in versoeking lei om (GGDD2) 3
“goeie dade” soos die onselfsugtige dade van Moeder Teresa, ‘n Katolieke non wat ’n universalistiese siening van God en die kruis omhels het, te idealiseer? Sy het gesê sy het “Jesus in elke persoon” gesien (die meeste van haar pasiënte was siek en sterwende Hindoes) – ‘n deernisvolle gedagte, maar geheel en al strydig met God se Woord.
Sonder Bybelse leerstellinge en ’n duidelike begrip van God se Woord, is dit maar te maklik om liefde (liefde vir God, liefde vir mense...) in menslike terme te definieer, wat God se eie lering oor Homself en Sy ewige morele wette weerspreek. [4] Ons loop gevaar om eenvoudig wêreldse definisies vir liefde, deernis, verhoudings en meegevoel aan konsepte wat betrekking op geestelike realiteite het, te koppel. Dan juig ons mekaar toe, omdat ons aan ons eie, mooi-klinkende standaarde voldoen, terwyl ons vergeet dat ons eie, menslike pogings niks anders as “vuil klere” in God se oë is nie. (Jes 64:6).
Die profeet Jesaja het dit wel deeglik verstaan. Wat van belang is, is nie ons kulturele siening van wat reg is nie, maar om God se weë te ken en te volg, wat radikaal van ons eie verskil. Onthou Jes 55:8 + 9 en Jes 64:4 + 5, waar God ons herinner om Hom op Sy voorwaardes te volg – ooreenkomstig dit wat Hy van Homself geopenbaar het, nie volgens ons kortsigtige opvattings, goeie bedoelings, wensdenkery of edele ideale (of visioene) nie. As ons verhoudings op menslike doelwitte en organisatoriese strategieë, eerder as op Bybelse geloof en die Heilige Gees berus, is hulle waardeloos vir Sy koninkryk.
Wanneer ons God se Heilige Woord en riglyne gering skat, verblind ons onsself. Wanneer ons die skeidslyn tussen wat God reg en verkeerd noem, gerieflikheidshalwe verdof, sal ons nie eens bewus wees daarvan dat ons die spoor byster geraak het nie. En wanneer ons Bybelse riglyne as outydse “dogma” afmaak, word ons kwesbaar vir tydlose misleidings, wat die basis van ons denke van Sy absolute waarhede na gelykklinkende mites en illusies verskuif – soos God in 2 Tim 4:3 + 4 gewaarsku het.
Pastoor Warren se verklarings maak egter sin vir ’n postmoderne geslag, wat menslike verhoudings hoër ag as die waarheid. Per slot van rekening bring God se absolute, onbuigsame Woord (dogma) skeiding. Dit sny ’n skeidslyn tussen waarheid en dwaling. “Die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” (Heb 4:12).
So ’n deurdringende waarheid is onversoenbaar met die “een-heid” (“oneness”) wat vir die nuwe “stelseldenke” (“systems thinking”) en vir kollektiewe kerkbestuur nodig is. Soos pastoor Warren sê: “Ter wille van eenheid moet ons nooit toelaat dat verskille ons verdeel nie. Ons moet gefokus bly op wat die meeste saak maak – om te leer om mekaar lief te hê soos Christus ons liefgehad het, en om God se vyf doelstellings vir elkeen van ons en vir sy kerk te volbring. Konflik is gewoonlik ’n teken dat die fokus na minder belangrike dinge verskuif het, dinge wat die Bybel “aanvegbare sake” noem. As ons op persoonlikhede, voorkeure, interpretasies, style of metodes fokus, vind verdeeldheid altyd plaas.” [1, p 161-162]
Dit klink goed. Ons behoort nie op persoonlikhede, voorkeure, style of metodes te fokus nie. Tog blyk pastoor Warren intens op sy gestruktureerde metodes vir kerktransformasie gefokus te wees, en hy kommunikeer daardie metodes aan kerke dwarsoor die wêreld, asof dit uit die Bybel afkomstig is, en nie uit Harvard Universiteit se besigheidskool en MIT nie.
Die grootste probleem met die bogenoemde verklaring is nog ’n woord wat pastoor Warren in sy lys van “minder belangrike sake” laat inglip het: die woord “interpretasies”. Die hedendaagse neiging na kontekstuele interpretasies van God se Woord (aangepas om in die konteks van die “in-kultuur” in te pas), verdraai sy betekenisse tot aangename boodskappe, pasgemaak vir die ongelowige wêreld en vir die wêreldwye ekumeniese beweging. En pastoor Warren se pragmatiese “interpretasies” skyn ontwerp te wees om enige Bybelse argument teen óf die denke-veranderingsproses wat die gemeenskap (“fellowship”) dryf, óf die bestuursmetodes wat sy kerk dryf, te stuit. (GGDD2) 4
Ek herhaal sy misleidende verklaring tov die grense van watter soort onderwerpe en geskilpunte bespreek mag word:
“’n Doelstelling verminder frustrasie, omdat dit ons toelaat om van dinge te vergeet wat van minder belang is. Jes 26:3 (TEV) sê dat God “volmaakte vrede gee aan hulle wat hulle doel vas laat bly staan en hulle vertroue in Hom stel.”’n Duidelike doel definieer nie net dit wat ons doen nie, dit definieer ook dit wat ons nie doen nie.... Die geheim van doeltreffendheid is om te weet wat werklik saakmaak, dit te doen, en dan op te hou om oor die res bekommerd te wees.”
Hou in gedagte, dat die standaardvertalings nie die woord “doel” in hierdie vers gebruik nie. Wil jy nie eerder jou hart en denke op Jesus en Sy Woord gefokus hou, eerder as op die doelstellings deur Rick Warren gedefinieer nie?
NAV: Jes 26:3(b): “Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue in U gestel.”
NKJV: Is 26:3: “You will keep him in perfect peace, whose mind is stayed on You, because he trusts in You.”
Volgens pastoor Warren, moet die fokus op verhoudings en eenheid wees – die tipes verhoudings wat jou help om “goed te voel” oor jouself en jou groep. Verdelende geskilpunte (wat enige iets kontroversieels, van die anti-Christelike onderwys in publieke skole, tot boeke en gewilde vermaak mag insluit) is onder verdenking, al is dit hoe belangrik vir jou gesin se geloof en waardes. Dit pas nie in by Saddleback se vyf doelstellings nie! Dit mag selfs bots met die regstellende kerkatmosfeer en veroorsaak dat mense ongemaklik voel. In teenstelling daarmee, verkondig pastoor Warren ’n meer positiewe boodskap – een wat inpas by die hedendaagse opvoedkundige klem op selfbeeld:
“Jy is deel van God se gesin, en omdat Jesus jou heilig maak, is God trots op jou! Die woorde van Jesus is onmiskenbaar: ‘[Jesus] het na sy dissipels gewys en gesê: hier is my moeder en my broers. Elkeen wat die wil van my Vader in die hemel doen, is my broer en my suster en moeder!” (Mat 12:49-50) [1, p 121] {klemtoon bygevoeg}.
Hierdie verklarings laat vrae ontstaan. Eerstens: Is God werklik “trots” op ons? Enige een of almal van ons? Is dit nie Sy geregtigheid en nie ons eie nie, wat Sy volk heilig maak nie? Jesus het die antwoord lank gelede al gegee. Omdat Hy nie wou hê dat Sy dissipels “meer van hulleself – of hulle goeie dade -- moes dink as wat ’n mens behoort te dink nie,” het Hy die gelykenis van die rol van ’n dienskneg vertel, wat met die volgende vraag geëindig het: “’n Slaaf wat sy opdrag uitgevoer het, word mos nie bedank nie, of hoe? So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” (Luk 17:9-10). Paulus het daardie waarheid deeglik besef. Oortuig daarvan dat enige iets goeds in hom van God af kom en nie uit homself nie, kon hy hom voluit in God se oorwinning ter wille van Homself verheug: “Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood (gekruisig) en ek vir die wêreld.” (Gal 6:14) [5].
Tweedens: Verwys Matt 12:49-50, die Skrifgedeelte wat pastoor Warren gebruik om sy verklaring te staaf, hoegenaamd na daardie spesifieke punt? Ken al pastoor Warren se lesers die geopenbaarde “wil van my Vader,” of word hulle miskien mislei deur die vele Skrifgedeeltes wat uit verband geruk is? En wanneer pastoor Warren God se Woord misbruik, bou hy nie dalk ’n valse fondament vir Christelike eenheid nie?
(GGDD2) 5
Daar kan geen ware of blywende eenheid wees, tensy daardie eenheid op God se ongekompromit- teerde Woord gebaseer is nie. Wanneer kerke dieselfde psigo-sosiale strategieë as dié wat in publieke skole omhels word, vir multikulturele onderrig gebruik – asook deur regerings en maatskappye in “gemeenskapsbou” vir sosiale solidariteit – moet hulle teenstellende Skrifgedeeltes soos 2 Kor 6:12-18 verdraai of wegsteek. [6] Jy kan God nie behaag as jy op die wêreldse metodes vir sukses staatmaak nie. Wanneer kerke gedeeltes van die Bybel “herinterpreteer” en “aanpas” by postmoderne opvattings en “aangevoelde behoeftes”, verskuif hulle hulle fondament van God se wysheid na mensgemaakte reëls en strategieë. Een van daardie strategieë is eenvoudig, om teenstrydige Bybelse waarskuwings weg te neem, en om bekommerde en getroue lidmate te “dissiplineer” of as “verdeeldheidsaaiers” uit te skop. [7]
Kerkdissipline is Bybels, en ek is bly dat pastoor Warren dit handhaaf, maar as ’n Bybelse beginsel op ’n onBybelse wyse gebruik word om hindernisse op die pad na ’n wêreldse proses uit te skakel, kan dit nie Bybelse sukses meebring nie. Dit is moeilik om al die goeie dinge wat pastoor Warren sê, van sommige van die verstommende verdraaiings te skei, maar God sê aan ons: “....maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.” (1 Tess 5:21-22). Oordink dus asseblief die volgende stellings:
“Alle voornemende lidmate moet ’n lidmateklas voltooi en daar word van hulle verwag om ’n lidmaatgelofte te onderteken. Deur die gelofte te onderteken, onderneem lidmate om finansieel by te dra, in ’n bediening te dien, hulle geloof met ander te deel, die leierskap te volg.... As jy nie die lidmaatgelofte gestand doen nie, verloor jy jou lidmaatskap. Ons verwyder elke jaar honderde name van ons register.” [3, p 54]
“Rick se Reëls vir Groei.” Eerstens is daar meer as een manier om ’n kerk te laat groei.... Tweedens vereis dit alle soorte kerke om alle soorte mense te bereik. Goddank ons is nie almal eenders nie! God het verskeidenheid lief.... Derdens, moet nooit kritiseer wat God seën nie, al is dit ’n bedieningstyl wat jou ongemaklik laat voel.” [3, p 62]
“Wanneer ’n menslike liggaam “uit balans” is, noem ons dit siekte.... Net so kom daar ook siekte wanneer die Liggaam van Christus ongebalanseerd is.... Gesondheid word eers weer herstel, wanneer alles terug in balans gebring word. Die taak van die kerkleierskap is om groeistremmende siektes en struikelblokke te ontdek en te verwyder, sodat natuurlike, normale groei kan plaasvind.” [3, p 16].
“God seën kerke wat verenig is. In Saddleback Kerk onderteken elke lidmaat ’n gelofte, wat ’n belofte om die eenheid van ons gemeenskap (“fellowship”) te beskerm, insluit. As ’n resultaat was daar nog nooit ’n konflik wat die gemeente verdeel het nie. Net so belangrik is die feit dat baie mense deel daarvan wil wees, omdat dit ’n liefdevolle, verenigde gemeenskap is! ... Wanneer God ’n groep babagelowiges het wat Hy gebore wil laat word, soek Hy die warmste broeikas wat Hy kan kry.” [1, p 166-167]
Doen Hy dit? Ek kan baie teenoorgestelde voorbeelde noem – insluitend my eie ervaring. In werklikheid dui beide Sy Woord en historiese feite daarop, dat ons Heer tallose maniere het waarop Hy nuwe gelowiges oplei. Baie van Sy vrugbaarste kinders word gebore (deur die Gees) en gevoed in die smeltkroes van ondenkbare uitdagings. Anders as kerkgroeileiers en kontemporêre “veranderingsagente”, (“change agents”) standardiseer God nie Sy metodes, of meet Sy oorwinnings aan die wêreldse definisies van sukses, eenheid of solidariteit nie. Hou in gedagte, dat die hedendaagse kerkgroeigemeenskappe alles behalwe vriendelik is teenoor lidmate wat die sekulêre kerkbemarkingstelsels , die deurlopende persoonlike assesserings en die digitale datastelsels wat “verhoudings-energie” meet, bevraagteken. Baie van hulle is gou om dié wat weier om by die klein-groepiedialoë in te skakel of hulle kontrakte te teken, te “dissiplineer” of uit te skop. (Meer in deel 3). (GGDD2) 6
Die hartroerende getuienis van diegene wat hierdie snelgroeiende kerke noodgedwonge moes verlaat, herinner ons, dat ’n gemeenskap wat mense in sy wêreldwye bemarkingsvorm giet, gevaarliker kan wees as geen “kerk”gemeenskap hoegenaamd nie!
Hierdie program handel nie oor Bybelse eenheid en -gemeenskap nie. Ook het Saddleback en ander “CGM”-kerke geen monopolie op eenheid nie. Inderwaarheid is eenheid (of solidariteit) die eindmikpunt van sommige van die magtigste sekulêre bestuurstelsels ter wêreld, [8] en hulle hoë maatskappy-samelewingsgids, Peter Drucker, volg dieselfde organisatoriese doelwitte as Rick Warren na. Met verwysing na die kerk se verantwoordelikheid om die welsynsbehoeftes binne sy gemeenskap te dien en daarin te voorsien, sê Drucker:
“Die predikant, as bestuurder, moet hulle sterk punte en spesialisterreine identifiseer [wat pastoor Warren geestelike gawes en vermoëns noem], hulle plaas en toerus vir diens, en hulle in staat stel om in die harmonieuse en produktiewe geheel, bekend as die liggaam van Christus, te werk.” [9]
Met ander woorde, die kerk en die wêreld word vennote in die hedendaagse groot eksperiment om menslike hulpbronne vir ’n verenigde globale samelewing op te voed. Ja, ons moet mekaar liefhê en die armes versorg. Maar ons mag nie aan die wêreldstelsel gelykvormig word nie. Ons kan ook nie die wêreld se psigo-sosiale strategieë [geklee in Bybelse terme en frases] gebruik, sonder om God se Woord te verdraai en ons rug op Jesus Christus, ons enigste bron van eenheid, te draai nie. Onthou God se waarskuwings:
“Laat niemand homself mislei nie: as iemand onder julle meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is. Laat niemand dan op mense roem nie,...” (1 Kor 3:18-21) [OAV]
“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Matt 7:14) [OAV]
Enkele slotgedagtes deur die vertaler:
Hierdie artikel mag in sy geheel gedupliseer en onveranderd GRATIS versprei word!
Gaan ook na:
|