Wegraping
Sarel Roeloffze
Wat jy heel eerste moet doen:
Wat jy asseblief nie moet doen nie:
Orde van Skrif ontleding
Die basiese beginsel is om na die hele raad van die Woord te kyk. Daar is nie teenstrydighede nie. Van die begin tot aan einde van die Woord sal een raad gevolg word, niks sal teen die hele raad beweeg nie.
Ou Testament wys na nie Nuwe
Nuwe Tetament wys na Jesus Christus - so albei wys na Christus.
Maak onderskeid tussen die Kerk en Israel
Kerk is die gemeenskap van die gelowiges, bestaande uit ALMAL wat wedergebore is, maak nie saak watter nasie jy is nie.
Israel is die volk Israel - Spesifieke volk waarmee God steeds verbond het, 'n verbond wat nie tot niet gegaan het nie en wat sal afspeel in laaste dae - soos herstel van Israel ens...
Hermeneutiek is die gebruik van sekere beginsels om die Bybel te verklaar, byvoorbeeld om tekste in die breë, historiese en letterkundige konteks te lees (Hele raad). Dit is ook belangrik om interpretasies in samewerking met die taal en grammatika soos dit in die Bybelse era gebruik was te doen. 'n Letterlike benadering moet vir Bybel interpretasie gebruik word. Dus moet eerder die Bybel die praat werk laat doen oor 'n saak, as persoonlike mening, kerk geskiedenis of tradisie. 'n Letterlike interpretasie sal meebring dat interpretasies meer geneig sal wees om in ooreenstemming met ander kruisverwysings en skrifgedeeltes te wees. Die vergunning is ook nooit daar om met gesag van 'n vergeestelikte-en-figuurlike (allegoriese) interpretasie gebruik te maak nie, soos sommige bv Israel wil vergeestelik - dit is dat ons wat wedergebore Israel is - daar m.a.w nie onderskeid tussen Israel en die Kerk nie. [Lees Efesiërs 2.]
Daar moet ook gebruik gemaak word van kruisverwysings om verhoudings tussen tekste te ondersoek oor 'n sekere verband of onderwerp. Laastens, sekere Bybelboeke handel meer in diepte oor sekere onderwerpe, ander weer in die breë en algemeen. In die konteks van die wederkoms en laaste oordeel is byvoorbeeld Openbaring, Daniël, Sagaria meer daarop ingestel as profetiese boeke. Die Evangelie boeke vervat die evangelie boodskap van verlossing, dit bly die kern gedagte en dus die doelwit daarvan die oordrag van die goeie nuus hoewel sekere algemene aspekte van die eindtyd breedvoerig hierin vervat word. Daarom is dit wys om byvoorbeeld Openbaring as 'n profetiese boek te gebruik vir eindtyd studies. Die hoofdoel van die outeur van Openbaring was dus om spesifieke toekomstige profetiese onderwerpe te
behandel. Die diagram hieronder gee vir ons 'n raamwerk van hoe Openbaring uitgelê is.
TYD |
WAARNEMINGS van wat Johannes gesien het |
HUIDIGE |
TOEKOMSTIGE |
||||||||
TEKS VERWYSING |
1:1 > |
2:1 > |
4:1 > |
6:1 > |
19:7 > |
20:1 > |
21:1-22:21 |
||||
KERN ONDERWERP |
JESUS |
SEWE GEMEENTES |
TROON VAN DIE LAM |
VEDRUKKING Toorn |
WEDERKOMS EN OORDEEL |
MILLENNIUM |
Nuwe Hemel en Aarde |
||||
VISIOENE V. CHRISTUS |
VISIOENE VAN DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD |
||||||||||
SUB-ONDERWERP Gebeurtenisse |
VERKSYNING VAN JESUS IN AL SY HEERLIKHEID =THEOPHANY |
VERMANINGE |
VERDRUKKING |
TROMPETTE |
ONTMOETING MET CHRISTUS |
||||||
OUTEUR PLEK |
EILAND VAN PATMOS |
||||||||||
TYD |
c. A.D. 9596 |
||||||||||
Verskillende sienings oor die Koms van Christus
Kom ons kyk wat is al die verskillende sienings oor die koms van jesus Christus.
Wie gaan almal weggeraap word?
Almal wat wedergebore is, die wat lewe en die wat reeds dood is.
Kan iemand gered word tydens die verdrukking?
Baie beslis. Die wegraping is die einde van die Kerk era wat begin is met Pinksterdag. Tydens die verdrukking is dit God met Sy volk Israel. Lees Openbaring 7
Rev 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Rev 7:10 en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
Rev 7:11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê:
Rev 7:12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Rev 7:15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
Rev 7:16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
Rev 7:17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
Onthou dat die eerste 3.5 jaar "vreedsaam" gaan wees. Vrede gaan aan die orde van die dag wees - dit is wat verkondig gaan word deur die Antichris. Hier sal beslis nog mense tot bekering kom, veral nadat ware gelowiges weggeruk is - watter groot getuienis gaan dit nie wees nie.
Die tweede deel van die 7 jaar gaan die groot vervolging en bloedvergieting wees - koppe gaan fisies rol vir hul getuienis oor Jesus Christus.
Ek sien glad nie die standpunt in dat die siening hier voorsiening maak dat mense 'n maklike uitweg soek nie - 'n tweede kans. Ek vergelyk dit met twee mense wat sterf - die een aan kanker en die ander aan hartaanval. Is dit nou onregverdig? Die een met kanker het dan mos ook tweede kans? Nee wat, kom ons los die verskonings en kyk wat die Woord ons vertel.
Verlossing van regverdiges
Een baie belangrike ding wat deur die hele Woord gesien kan word is dat God die regverdige verwyder voor Sy woede oor die mensdom neerdaal. Die hele raad oor hierdie punt kan duidelik in die Woord gevolg word. Hoekom sal daar dan 'n verandering wees in die eindtyd?
Henog en Noag
Henog tipe Kerk, Noag tipe Israel
Noag Gen 7:23
Lot Gen 19:15
Henog weggeneem voor die tyd.
Noag moes die tydperk self beleef.
Feeste as Profeties
Kyk asseblief dat die feeste almal vooruit profeties is. Vra met elke fees die vraag waarna die fees profeties wys? Waarna wys die fees van die Basuin? Na hierdie fees nog twee feeste.
354 dae in die Joodse Kalender, Adar is ingesit as skrikkeljaar (7 in 19 jaar)
| Hebreuse Maand | Vergelyk met | Dae | Feeste |
| 1. Nissan | Maart/April | 30 | 14. aand: Paasfees |
| 2. Iyar | April/Mei | 29 | |
| 3. Sivan | Mei/Junie | 30 | 6. Pinksterfees (Schavuot) |
| 4. Tammuz | Junie/Julie | 29 | |
| 5. Av | Julie/Augustus | 30 | |
| 6. Elul | Augustus/September | 29 | |
| 7. Tishri | September/Oktober | 30 | 1. Fees van die Basuin 10. Groot Versoendag (Yom Kippur) 15 - 21. Loofhuttefees |
| 8. Cheshvan | Oktober/November | 30 of 29 | |
| 9. Kislev | November/Desember | 30 of 29 | 25 - |
| 10. Tevet | Desember/Januarie | 29 | 2. Hanukkah |
| 11. Schewat | Januarie/Februarie | 30 | |
| 12. Adar | Februarie/Maart | 29 | 14. Purim/Esther |
| Oorsprong | 1. Fees: Pasga | Vervulling |
| Loskom van Slawerny in Egipte. (Exo 12) |
Op die veertiende dag van die eerste maand (Nissan)in die middag word 'n spesiale ete (Sedar Meal) voorberei. Dit sal in die aand geeet word. 'n Lam, bitter kruie en ongesuurde brood (Matzoth). Ex 12 Sedert die vernietiging van die Tempel in 70 AD, is die lam uitgelaat |
|
Lees: Ex 12:21-51 / |
||
Joodse Troue
Wat my laat wonder is hoekom noem Jesus die kerk (gemeenskap van gelowiges) die bruid? Hoekom noem Hy Homself die Bruidegom?
As hy dit doen moet dit mos vir die mense vir wie Hy dit vertel betekenis hê, anders was dit sinneloos.
Die rede is omdat die tradisionele Joodse troue op 'n baie spesifieke manier behartig was. So sou hule dan presies weet wat Jesus bedoel het. Lees onderstaande oor die Joodse bruilof en sien dan saam met my dat net een siening van die koms van Christus in hierdie beeld inpas. Die koms vir die kerk en dan die wederkoms saam met Sy bruid. Een maal vir die Bruid en dan SAAM met die bruid.
Kerk - Bruid - 2 Kor 11:2 ; Efes 5:22-32 ; Open 21:9-10
Jesus - Bruidegom - 2 Kor 11:2 ; Efes 5:23-27
? - Gaste - Matt 25:1-10
'n Vergelyking tussen die Joodse huweliks tradisies en wat Jesus vir ons gedoen het en gaan doen.
(http://christo.schmidt.myweb.absamail.co.za/Joodse%20Troue.html)
Fase 1: Die verlowing
Fase 2: Die Huwelik
Fase 3: Die Feesvierings
Wegraping
Wanneer
Vir Wie
Hoekom
Tweede koms van Jesus Christus
Wanneer
Verskil van wegraping
Verskille in tabel vorm
| Wegraping | Wederkoms | |
| Jesus kom om die kerk te haal. Johannes 14:1-3, 1 Thessalonicense 4:14-17 | 1 | Jesus kom saam met die kerk. Kollosense 3:4, Sagaria 14:5, Judas 1:14, Openbaring 19:14 |
| Ons sal Hom in die lug ontmoet. 1 Thessalonicense 4:13-18 | 2 | Jesus sal Sy voet op die aarde neersit. Sagaria 14:4, Openbaring 19:11-21 |
| Die wat glo sal weg geneem word. Die wat nie glo nie sal agterbly. 1 Thessalonicense 4:13-18 | 3 | Die wat nie geglo het nie sal weggeneem word. Die wat gered is tydens die verdrukking sal agterbly. Mattheus 13:28-30 |
| Slegs wedergebore christene sal Hom sien. 1 Johannes 3:2 | 4 | Elke oog sal Hom sien. Openbaring 1:7 |
| Kan enige oomblik gebeur. Openbaring 3:3, 1 Thessalonicense 4:14-6 | 5 | Dit gebeur aan die einde van die 7 jaar verdrukking. Daniël 9:24, Mattheus 24:29-30, 2 Thessalonicense 2:3-8 |
| Gebeur in 'n oogwink. 1 Korinthiers 15:51-54 | 6 | Almal sal Hom sien kom. Dit is 'n stadige proses. Mattheus 24:30, Openbaring 1:7 |
| Jesus kom nie op 'n wit perd nie. | 7 | Jesus kom op 'n wit perd. Openbaring 19:11 |
| Doel is om die kerk aan God voor te stel. Openbaring 19:6-9, 2 Korinthiers 11:2 | 8 | Doel is om te oordeel en Sy koningkryk op aarde te vestig. Judas 1:14-15, Openbaring 19:11-21, Sagaria 14:3-4 |
| Die wegraping is slegs vir die kerk. 1 Thessalonicense 4:13-18 | 9 | Die wederkoms is vir die geredde Jood en die wedergebore nie-Jood.("Gentile") |
Verse gebruik in studie
Dan 7:17-27 ; 9:24 ; 12:1,2
Efes 5:22-32
Eseg 37:21-28
Fil 3:20,21
Gen 18
(lot); 5 (henog) 7:23 ; 19:15
Hand 2:1 ; 8:39 ; 15:13 16:26,27 19:16
Johannes 14:1-3
1 Joh 3:2
Jud 1:14
Kol
3:4
1 Kor 11:22 ;15:23-24,51,52
2 Kor 12:2,4 ; 11:2
Luk 21:20,21,34,36
Matt 3:7 ; 13:28-30, 41-42
; 24:22,30,29-44 ; 25:1-10
1 Thes 1:9,10; 4:4-18 ; 5:3,9 tot hfst 6
2 Thes 2:1,6,3-8
Thes 1:10
Titus 2:13
Jas 5:7-9
Open 1:7 ;3:3,10,16; 6:1-18:24 ; 9:7 ; 12:5 ; 13:11-18 ; 19:1-21,11-16 ;20:1-10, 11-15 ; 21:9-10 ; 22:17,20 ; hfst 1-5; hfst 6-20
Rom 11:1,11,15,25
Sag 13:7-9 ; 14:1-5, 16-21
Kom kyk gereeld, ek besig om direk op internet dit in te tik en op te laai